{"id":14634,"date":"2013-05-20T05:12:16","date_gmt":"2013-05-20T05:12:16","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14634"},"modified":"2013-05-20T05:12:16","modified_gmt":"2013-05-20T05:12:16","slug":"zuma-nie-by-gupta-landing-betrokke-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14634","title":{"rendered":"Zuma nie by Gupta-landing betrokke nie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Pres. Jacob Zuma en sy kabinet was nie betrokke by die besluit ivm die Gupta-landing by die Waterkloof-lugmagbasis nie, het Jeff Radebe, minister van justisie, Sondag ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Radebe het ges\u00ea Bruce Koloane, hoof van staatsprotokol, wat op verpligte verlof geplaas is, het &#8216;n verklaring gegee van almal wat betrokke was by die toestemming vir die vliegtuig op 29 April om te land.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is hoekom ons sonder enige vrees van teenstrydigheid s\u00ea geen minister was betrokke in die saak nie. Die president was nie betrokke in die saak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die president is nie betrokke in die goedkeuring van die landing of geen landing by &#8216;n lugmagbasis nie. Die besluit l\u00ea by die departement van verdediging, veral die lugmagbeheer daar.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Guptas se privaatstraler het 270 trougaste vervoer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gaste het die troue van Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia bygewoon. Die landing van die vliegtuig het wydverspreide kritiek ontlok.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering het gevra dat &#8216;n ondersoek gedoen na &#8216;n moontlike verontagsaming van diplomatieke protokol. Radebe het die voorlopige bevindings van di\u00e9 ondersoek bekend gemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die bevindings was dat die landing van &#8216;n kommersi\u00eble vliegtuig &#8216;n direkte gevolg was van die manipulasie van prosesse en dat name &#8220;genoem&#8221; is deur die loop van die gebeure.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Wie se naam is genoem? Dit was nie &#8216;n naam nie, dit was name. Die minister van verdediging [Nosiviwe Mapisa-Nqakula], die minister van vervoer [Ben Martins] en die naam van die president.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ministers het hul direkteurs-generaal gevra om onmiddellik te reageer or die voorstelle van die verslag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die departemente wat geraak word moet so gou as moontlik hul eie ondersoeke doen om te verseker dat tugstappe, waar nodig, gedoen word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie aanklagte is reeds by die Sun City-polisiekantoor in die Noordwes aanhangig gemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aanklagte hou verband met ondermeer die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer en die Wet op Nasionale Padverkeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Saak van die oortreding van die wet op polisie is by die Lyttleton-polisiekantoor in Gauteng aanhangig gemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Volledige verslag sal volgende week bekend gemaak word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pres. Jacob Zuma en sy kabinet was nie betrokke by die besluit ivm die Gupta-landing by die Waterkloof-lugmagbasis nie, het Jeff Radebe, minister van justisie, Sondag ges\u00ea. Radebe het ges\u00ea Bruce Koloane, hoof van staatsprotokol, wat op verpligte verlof geplaas is, het &#8216;n verklaring gegee van almal wat betrokke was by die toestemming vir die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14634\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zuma nie by Gupta-landing betrokke nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14634","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14634","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14634"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14634\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14634"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14634"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14634"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}