{"id":14605,"date":"2013-05-14T05:07:34","date_gmt":"2013-05-14T05:07:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14605"},"modified":"2013-05-14T05:07:34","modified_gmt":"2013-05-14T05:07:34","slug":"da-wonder-waarom-al-kaida-in-sa-sluit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14605","title":{"rendered":"DA wonder waarom &#8216;Al-Kaida&#8217; in SA sluit"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dianne Kohler-Barnard, DA-woordvoerder, het Maandag ges\u00ea die Demokratiese Alliansie &#8220;soek antwoorde oor hoekom &#8216;n ondersoek na Al-Kaida-bedrywighede in Suid-Afrika gestaak is&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Suid-Afrikaners verdien &#8216;n verduideliking hoekom dit gebeur het en hoekom die ondersoek gestaak is,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kohler-Barnard, wat nie Afrikaans magtig is nie, is klaarblyklik nie bewus van berigte wat aandui dat die VSA, NAVO en Israel Al Kaida in Libi\u00eb sowel as Siri\u00eb aktief ondersteun nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het &#8216;n versoek gerig dat Chris Ngcobo, waarnemende hoof van misdaadintelligensie en Nathi Mthethwa, minister van polisie, dringend die kwessie met die parlement\u00eare portefeuljekomitee bespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is baie ernstige bewerings met implikasies vir nasionale veiligheid en internasionale betrekkinge, en kan nie ge\u00efgnoreer word nie. Minister Mthethwa moet in die parlement verskyn om duidelikheid oor die situasie te verskaf.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Valke weier om kommentaar te lewer oor &#8216;n berig dat die polisie en die staatsveiligheidsagentskap (SSA) die opleiding van Al-Ka\u00efda-&#8220;terroriste&#8221; in Suid-Afrika gemonitor het, maar niks daaromtrent gedoen het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Geen kommentaar. Dit is nie ons beleid om kommentaar te lewer oor ondersoeke wat aan die gang is nie,&#8221; het kapt. Paul Ramaloko Maandag ges\u00ea en benadruk wat hy aan Daily Maverick, wat die berig gepubliseer het, ges\u00ea het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Daily Maverick berig dat die Valke se eenheid vir misdade teen die staat en die SSA aktiwiteite op &#8216;n plaas &#8220;naby Vlakplaas&#8221; buite Pretoria en op &#8216;n afgele\u00eb plaas in die Klein Karoo gemonitor het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is nie duidelik waarom Vlakplaas relevant is tot die sogenaamde opleiding nie. Bronne het aan Praag ges\u00ea die ligging word slegs gegee om die omstredenheid te probeer verhoog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Operasie Kanu&#8221; is volgens die berig op die been gebring om &#8220;ekstremistiese Moslem-aktiwiteite&#8221; in Suid-Afrika te ondersoek. D\u00edt was kort n\u00e1 die aanvalle op 11 September 2001 in die VSA.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die operasie het dieselfde tyd begin as &#8216;n ondersoek na sogenaamde verregse aktiwiteite, genaamd &#8220;Operasie Waco&#8221;, wat gelei het tot die Boeremag-hoogverraad-verhoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het intussen aan die lig gekom dat die sogenaamde Boeremag &#8216;n intelligensie-operasie was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar word dus betoog dat die staat in hierde verhoor deurgaans aan ongrondwetlike optredes skuldig is. Die billikheid van die regsproses in die Boeremagverhoor is daarom tans in gedrang en sal in die howe getoets word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Britse en Amerikaanse intelligensie-agentskappe was uiters gretig dat die Suid-Afrikaanse regering optree teen &#8220;Moslem-terreurdreigemente&#8221;. Ingeligte bronne het aan Praag ges\u00ea dat di\u00e9 lande graag terreur uitvoer sodat hulle milit\u00ear betrokke kan raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die feit dat geen bomme tot dusver in die land ontplof het nie, beteken nie die dat die bedreiging nie binne Suid-Afrika se grense bestaan nie,&#8221; het die lande gewaarsku.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat egter baie kommerwekkend is, is dat hierdie lande nou self aktief by Moslemterreur betrokke is in Libi\u00eb en Siri\u00eb.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Daily Maverick is verskeie lede van die &#8220;invloedryke Dockrat-familie die middelpunt van die beweerde terroriste-netwerk&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Dockrats het enige verbintenis met Al-Kaida of enige ander militantegroepe ontken.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dianne Kohler-Barnard, DA-woordvoerder, het Maandag ges\u00ea die Demokratiese Alliansie &#8220;soek antwoorde oor hoekom &#8216;n ondersoek na Al-Kaida-bedrywighede in Suid-Afrika gestaak is&#8221;. &#8220;Suid-Afrikaners verdien &#8216;n verduideliking hoekom dit gebeur het en hoekom die ondersoek gestaak is,&#8221; het sy ges\u00ea. Kohler-Barnard, wat nie Afrikaans magtig is nie, is klaarblyklik nie bewus van berigte wat aandui dat die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14605\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;DA wonder waarom &#8216;Al-Kaida&#8217; in SA sluit&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14605","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14605","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14605"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14605\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14605"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14605"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14605"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}