{"id":14600,"date":"2013-05-13T05:52:35","date_gmt":"2013-05-13T05:52:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14600"},"modified":"2013-05-13T05:52:35","modified_gmt":"2013-05-13T05:52:35","slug":"bees-roux-bepeins-sy-toekoms","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14600","title":{"rendered":"Bees Roux bepeins sy toekoms"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Gewese Bloubul- en Bulls vaskopstut, Bees Roux, se toekoms is onder die vergrootglas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roux het hoofopskrifte gehaal toe hy in Augustus 2011 &#8216;n metropolisieman, die 38-jarige sersant Johannes Mogale, met die kaal hande doodgemaak het n\u00e1 &#8216;n omstrede insident in &#8216;n straat in Hatfield, Pretoria.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rugbyliefhebbers was vroe\u00ebr vandeesweek verbaas om Roux se naam te sien onder die groep spelers wat gekies is vir die Suid-Afrikaanse Barbarians wat volgende week op 16 Mei teen die top Engelse klub, Saracens, in aksie gaan wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 Suid-Afrikaanse Barbarians span, wat spog met top spelers in hul geledere, sal deur die voormalige Springbok afrigter, Nick Mallet, gebrei word. Onder Roux se spanmaats in di\u00e9 span tel gewese SupeRugby spelers soos Ethienne Reynecke, Gerrit-Jan van Velze, Jacques-Louis Potgieter en Doppies la Grange.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roux is tot aan die einde van die huidige Europese seisoen gekontrakteer by die top Italiaanse klub, Treviso, nadat hy Suid-Afrika aanvanklik in Oktober 2011 verlaat het om vir die Franse klub Bordeaux te speel. Volgens berigte speel hy tans baie goeie rugby.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het kort voor hy die land verlaat het, &#8216;n pleitooreenkoms met die staat aangegaan, waarvolgens hy &#8216;n opgeskorte vonnis vir strafbare manslag sou kry. As deel van die ooreenkoms het hy &#8216;n bedrag van R750 000 aan Mogale se familie betaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roux se saak, waarvoor hy aanvanklik van moord aangekla is, het in 2011 groot opslae gemaak omdat dit uiteindelik die kollig baie skerp laat val het op korrupsie in die metropolisie. Roux was destyds laataand op pad huis toe nadat hy saam met vriende by &#8216;n klub in Hatfield gekuier het. Mogale het hom glo weens bestuur onder die invloed van drank voorgekeer, maar wat presies daarna gebeur het, is nooit met sekerheid vasgestel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vermoede is dat Roux die slagoffer van korrupsie van Mogale se kant was en dat hy daarna met hom handgemeen geraak het, waarna Mogale aan sy beserings gesterf het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roux se bankkaarte is later deur &#8216;n derde party gebruik vir verskeie aankope.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens berigte is Roux en sy agent tans besig om opsies te oorweeg oor sy toekoms. Hoewel daar berig is dat hy ook na moontlikhede in Suid-Afrika kyk, is dit te betwyfel of hy weer hier sal rugby speel. Behalwe vir die politieke risiko wat dit inhou, is dit ook bekend dat top voorymanne, en veral vaskopstutte, baie gesog is in Europa.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die 31-jarige Roux, wat eers in Desember 32 word, kan maklik nog drie top seisoene in Europa beleef as hy beseringsvry bly. Omdat spelers in Europa in Euros of ponde betaal word, kan Suid-Afrikaanse spanne in elk geval moeilik kompeteer met die aanbiedings wat spelers in Europa kry.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gewese Bloubul- en Bulls vaskopstut, Bees Roux, se toekoms is onder die vergrootglas. Roux het hoofopskrifte gehaal toe hy in Augustus 2011 &#8216;n metropolisieman, die 38-jarige sersant Johannes Mogale, met die kaal hande doodgemaak het n\u00e1 &#8216;n omstrede insident in &#8216;n straat in Hatfield, Pretoria. Rugbyliefhebbers was vroe\u00ebr vandeesweek verbaas om Roux se naam te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14600\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bees Roux bepeins sy toekoms&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-14600","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14600","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14600"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14600\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14600"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14600"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14600"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}