{"id":14594,"date":"2013-05-11T18:55:49","date_gmt":"2013-05-11T18:55:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14594"},"modified":"2013-05-11T18:55:49","modified_gmt":"2013-05-11T18:55:49","slug":"afrikaanse-skole-in-gauteng-die-laaste-loopgraaf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14594","title":{"rendered":"Afrikaanse skole in Gauteng: die laaste loopgraaf"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Geagte leser, ons verkeer met ons rug teen die muur. As ons nie nou soos een man opstaan om ons kinders se opvoeding in Afrikaans te beskerm nie, is ons vreemdelinge in ons eie land. Nie net d\u00edt nie, maar \u2018n gebrekkige skoolopvoeding gaan ons kinders met rasse skrede laat verarm en ons gaan regtig as \u2018n halfgeletterde, derdew\u00eareldbevolking eindig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Om dit te keer, sal u PRAAG in ons stryd moet ondersteun deur <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.org\/?page_id=3660\">hier \u2018n debietorder uit te neem<\/a>. Ons het \u2018n strategie om ons skole te red, maar sonder geldelike steun gaan ons nie slaag nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Waaroor gaan dit?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Donderdag by die Grondwethof in Johannesburg het ek naakte Afrikanerhaat aanskou: Enkele uitlanders wat \u2018n <a href=\"index.php\/nuus-magazine-402\/afrikaanse-nuus-magazine-401\/13475-britse-burger-voer-veldtog-teen-afrikaanse-skole.html\">groep gehuurde swart betogers<\/a> teen model-C-skole aanhits, met as prim\u00eare teiken Ho\u00ebrskool Fochville wat tans moedig teen die GOD (Gautengse onderwysdepartement) veg om Afrikaans te bly. Daar is selfs milit\u00eare liedjies deur die betogers gesing. Word daar nou teen ons kinders en hul skole oorlog gemaak? het ek gewonder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Dis \u2018n felle aanslag! Nie net teen Afrikaans nie, maar ook teen die Afrikaner. Daar woon meer Afrikaners in Gauteng as in enige ander provinsie: ongeveer 1,5 miljoen. Al die skole en opvoedkundige infrastruktuur wat ons hier vir ons kinders oor meer as \u2018n eeu opgebou het, verkeer tans in gevaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Met gesinne wat verbrokkel het, en werkende enkelouers wat nie tyd het om hul kinders \u2018n Afrikaanse opvoeding te gee nie, is die plaaslike staatskool nog die enigste plek waar iets van die Afrikaanse kultuur en tradisies aan die volgende geslag oorgedra word. Vat jy dit weg, is die volgende geslag Engels, multikultureel, \u201cSuid-Afrikaners\u201d wat hulself soos die res aan drank en dwelms vergryp. Hulle sal eenvoudig deel van die \u201cmensvleisbredie\u201d word, soos N.P. van Wyk Louw dit iewers beskryf het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Skielik verstaan ek 1994 beter. Soos Paul Kruger aan die uitlanders ges\u00ea het: \u201cDis nie stemreg wat julle wil h\u00ea nie, dis my land!\u201d Die land het hulle reeds gekry, nadat FW de Klerk mense op laakbare wyse \u2018n rat voor die o\u00eb gedraai en sonder seremonie aan die ANC oorgegee het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Ons het reeds alles verloor: Yskor, Eskom, Transnet, die weermag en polisie wat deur Afrikaners opgebou is en waar duisende van ons mense eens gewerk het. Ons vlag, ons volkslied, ons geskiedenis, is ons ontneem. Al wat oorbly, is ons skole. Daardie skole is met ons belastings betaal en deur geslagte van ons onderwysers deur harde werk tot stand gebring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Nou het \u2018n giftige Engelse vrou wat die Gautengse LUR vir onderwys is, Barbara Creecy, besluit dat die horde kinders van immigrante wat oor ons grense stroom, gebruik kan word om Afrikaanse kinders uit hul eie skole te verdryf. Hierin word sy deur \u2018n haatdraende Anglo-Amerikaanse nie-regeringsorganisasie, Section 27, ondersteun.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">\u2018n Gesoute Afrikanerjoernalis skryf vandeesweek aan my: \u201cNugter weet wat Section 27 wil bereik. Wie befonds hulle? Ek weet net dieselfde mense wat by die Treatment Action Campaign betrokke was, is nou ook by deel van hulle.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Sover dit aksiegroepe betref, is Section 27 \u2018n olifant en PRAAG \u2018n foksterri\u00ebr. Op die organisasie se webblad verskyn die foto\u2019s van 23 personeellede, waarvan die meeste oor regsgrade of nagraadse regskwalifikasies beskik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Section 27 het onder andere die onderwysdepartement van Limpopo in die hof probeer dwing om betyds voorgeskrewe boeke in sekere skole te lewer. Waarom het di\u00e9 magtige NRO met al sy regsgeleerdes nou die mes in vir Ho\u00ebrskool Fochville en ander Afrikaanse skole?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Die Britse uitvoerende beampte, Mark Heywood, het aan my verduidelik dat hy reeds sedert 1982 \u2018n stryd teen Afrikaners voer. Hoewel ons van alle politieke mag gestroop is, beskik ons nog oor eie, eentalige Afrikaanse skole. En dit is \u2018n onding. Op dieselfde manier as wat linkse organisasies in die Suide van Amerika die blankes deur hofsake op hul knie\u00eb gedwing en uit die openbare skoolstelsel gedwing het, moet Afrikaners nou ook hardhandig deur mev. Creecy en Section 27 uit hul skole geboender word. In soveel woorde het Heywood dit nie gestel nie, maar die bedoeling is duidelik: Afrikaanse skole behoort aan die staat. En die staat (mev. Creecy) sal besluit wanneer so \u2018n skool vol is en veral watter taalmedium daar gebruik mag word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Die Skolewet het tot dusver die mag aan die beheerraad van \u2018n skool verleen om die taalbeleid vas te stel. Soos ons egter in die geval van Ho\u00ebrskool Ermelo in Mpumalanga gesien het, het daardie wet die onderwysdepartement nie verhoed om die hoof, mnr. Koos Kruger, summier af te dank en uiteindelik die skool se taalbeleid te verander nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Die saak wat tans tussen die GOD en \u2018n Engelse laerskool in die noorde van Johannesburg, Rivonia Primary, aan die gang is, gaan juis oor die magte van die beheerraad. Die advokaat van die departement, Matthew Chaskalson, voer aan dat die staat die skool besit en daarom kan maak en breek soos hy wil. Hierteenoor meen die skool dat die beheerraad oor die magte beskik om te bepaal wanneer \u2018n skool vol is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Chaskalson se pa, Arthur, was Mandela se advokaat tydens die Rivoniaverhoor. Is dit toevallig of sien ek hier \u2018n komplot raak, dat daar nou op die Afrikaner wraak geneem word deur sy kinders van \u2018n behoorlike opvoeding in Afrikaanse staatskole te ontneem?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Verskeie Afrikaanse skole in Johannesburg is reeds gedreig dat hul eentalig Afrikaanse beleid nie mev. Creecy, wat \u2018n ruk lank in Brittanje gestudeer het, se goedkeuring wegdra nie. Soos met Fochville gebeur het, mag hulle dalk ook op \u2018n dag met \u2018n groep Engelstalige kinders gekonfronteer word wat ondanks alle redelikheid opsluit in die skool onderrig moet ontvang. In Engels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Tydens my gesprekke met skoolhoofde in Johannesburg, het een en almal laat blyk dat hulle die Grondwethof se uitspraak oor Rivonia Primary en die magte van beheerrade met \u2018n valkoog dophou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Beleef ons die laaste dae van Afrikaanse onderwys? Binnekort sal die Grondwethof uitspraak lewer. En die fanatiese Brit, Mark Heywood, was Donderdag baie seker dat die Grondwethof in die guns van die anti-Afrikaanse agitators en mev. Creecy gaan beslis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Intussen het PRAAG probeer uitvind waar Section 27 die fondse vandaan kry om \u2018n hele regspan wat byna die grootte van een van die kleiner Ho\u00ebrhofdistrikte se balies is, se salarisse te betaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><span style=\"font-size: 15px; font-family: Arial; color: #000000; background-color: transparent; font-weight: normal; font-style: normal; font-variant: normal; text-decoration: none; vertical-align: baseline;\"><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span><\/span>Onder andere het die organisasie verlede jaar <a href=\"http:\/\/www.sadevelopmentfund.org\/grantees.asp\">$140 000 van die South Africa Development Fund ontvang<\/a>. Laasgenoemde fonds het eers as die Fund For A Free South Africa bekendgestaan, maar het n\u00e1 die 1994-verkiesing sy naam verander. Dit is deur \u2018n swart Suid-Afrikaanse akteur wat destyds in die VSA gewoon het, Themba Vilakazi, opgerig. Vilakazi het egter nie \u2018n bietjie van sy sakgeld afgeknyp nie, want <a href=\"http:\/\/www.sadevelopmentfund.org\/about.asp\">volgens die fonds se webblad<\/a> het dit reeds $16,9 miljoen aan Suid-Afrikaanse organisasies uitbetaal. Teen die huidige wisselkoers is dit gelykstaande aan: R153 760 425!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Instellings wat op hul beurt geld aan die South Africa Development Fund skenk, is die volgende:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Bill &amp; Melinda Gates Foundation<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Broadway Cares\/Equity Fights AIDS<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Calamus Foundation<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Charles Stewart Mott Foundation<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Cobble Creek Foundation<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">European Climate Foundation<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Gesso Foundation<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Josef &amp; Anni Albers Foundation<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Kimerling Foundation<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Michael &amp; Joanne Levin Foundation<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">New World Foundation<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Orange County Community Foundation<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Rhode Island Foundation<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Rockefeller Family Foundation<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Schwab Charitable Fund<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Tides Foundation<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Wallace Global Fund<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">World Resources Institute<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Kennelik is daar internasionale geldelike steun vir die huidige aanslag wat Section 27 besig is om teen Afrikaanse skole te loods!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Staan ons in die pad van die Nuwe W\u00eareldorde? wonder ek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Vorentoe sal die identiteit van ons vyande seker duideliker raak, of dit die internasionale Geldmag is of sekere plaaslike linkses wat dink dat die Afrikaner, noudat hy l\u00ea, maar die genadeskoot gegee kan word. Die coup de gr\u00e2ce, soos die Franse s\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Ons is egter nog lank nie dood nie. By PRAAG het die veglus nog nooit so hoog gebrand soos juis nou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Staan dus saam met ons! Kom ons wys hierdie lafhartige onderkruipers waar Dawid die wortels gegrawe het. <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.org\/?page_id=3660\">Sluit by PRAAG aan<\/a> dat ons hulle in die howe, op die internet, in die media, op straat en oral waar nodig is, kan baklei.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Geagte leser, ons verkeer met ons rug teen die muur. As ons nie nou soos een man opstaan om ons kinders se opvoeding in Afrikaans te beskerm nie, is ons vreemdelinge in ons eie land. Nie net d\u00edt nie, maar \u2018n gebrekkige skoolopvoeding gaan ons kinders met rasse skrede laat verarm en ons gaan regtig [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-14594","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14594","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14594"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14594\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14594"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14594"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14594"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}