{"id":14549,"date":"2013-05-05T03:37:58","date_gmt":"2013-05-05T03:37:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14549"},"modified":"2013-05-05T03:37:58","modified_gmt":"2013-05-05T03:37:58","slug":"britse-konserwatiewe-parlementslid-pleeg-homoseksuele-verkragting","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14549","title":{"rendered":"Britse Konserwatiewe parlementslid \u2018pleeg homoseksuele verkragting\u2019"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Nigel Evans, die lid vir Lancashire\" alt=\"Nigel Evans\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/evans_nigel.jpg\" \/>Nigel Evans, 55, die visepresident van die Britse Laerhuis, is gister in hegtenis geneem n\u00e1 &#8216;n beweerde verkragting op &#8216;n man en aanranding op &#8216;n ander, volgens verskeie Britse media. Di\u00e9 dade is glo in die dorpie Pendleton tussen Julie 2009 en Maart 2013 gepleeg. Evens is woonagtig te Pendleton.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aangeklaagde is lid van die Britse eerste minister, David Cameron, se Konserwatiewe Party en verteenwoordig Lancashire in die noorweste van die land. Hy is blykbaar baie gewild in die Laerhuis en een van drie visepresidente van di\u00e9 liggaam. Vanaf 1999 tot 2001 was hy medevoorsitter van die Konserwatiewe Party wat tans die land regeer. Volgens die <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.guardian.co.uk\/uk\/2013\/may\/04\/nigel-evans-arrested-sex-assault-claims\">Londense Guardian<\/a> is hy eers deur die polisie ondervra en agterna op voorskuwing vrygelaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2010, agt jaar n\u00e1 sy verkiesing, het hy sy homoseksualiteit in die openbaar erken en verklaar dat hy &#8220;moeg is om met die leuen te lewe&#8221;. Sy politieke teenstanders sou in elk geval sy geheim geopenbaar het, het die Mail on Sunday destyds beweer. &#8220;Ek kon nie toelaat dat iemand dit teen my gebruik nie, ek kon nie so &#8216;n risiko loop nie. Ek wil ook nie dat ander parlementslede sulke onaangenaamheid hoef te verduur nie,&#8221; het hy di\u00e9 openbaring geregverdig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 nuwe onthulling vind plaas teen die agtergrond van &#8216;n reeks seksskandale wat die Verenigde Koninkryk skud, onder andere &#8216;n ondersoek na verskeie gevalle van seksuele molestering waarvan die voorheen bekende maar afgestorwe TV-aanbieder van die BBC, Jimmy Savile, verdink word. Di\u00e9 skandaal, wat verlede jaar losgebars het, het aanleiding gegee tot &#8216;n reeks soortgelyke onthullings. &#8216;n Aansienlike getal Britse openbare persoonlikhede is sedertdien aangekla van oortredings wat dikwels tot in die jare sestig, sewentig en tagtig teruggaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die politiek staan Evans Evans as &#8216;n &#8220;regse&#8221; bekend. Hy het teen die minimumloon in Brittanje gestem en is &#8216;n sogenaamde &#8220;Europskeptikus&#8221; en dus gekant teen Brittanje se deelname aan die Europese Unie. Hy is oorspronklik van Swansea en was die vorige eerste minister John Major se woordvoerder oor Walliese aangeleenthede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die Guardian was daar ewe veel homoseksuele in mev. Margaret Thatcher se regering, maar haar houding was: &#8220;Ons praat nie oor sulke dinge nie.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nigel Evans, 55, die visepresident van die Britse Laerhuis, is gister in hegtenis geneem n\u00e1 &#8216;n beweerde verkragting op &#8216;n man en aanranding op &#8216;n ander, volgens verskeie Britse media. Di\u00e9 dade is glo in die dorpie Pendleton tussen Julie 2009 en Maart 2013 gepleeg. Evens is woonagtig te Pendleton. Die aangeklaagde is lid van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14549\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Britse Konserwatiewe parlementslid \u2018pleeg homoseksuele verkragting\u2019&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":14548,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[10613,10614,10615,10612],"class_list":["post-14549","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-britse-laerhuis","tag-homoseksueel","tag-konserwatiewe-party","tag-nigel-evans"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14549","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14549"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14549\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/14548"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14549"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14549"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14549"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}