{"id":14528,"date":"2013-05-02T03:28:20","date_gmt":"2013-05-02T03:28:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14528"},"modified":"2013-05-02T03:28:20","modified_gmt":"2013-05-02T03:28:20","slug":"vegters-teen-politieke-boelies-deur-koot-jonker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14528","title":{"rendered":"Vegters teen Politieke Boelies deur Koot Jonker"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Klik asb. om die hele voorblad te sien\" alt=\"Vegters teen politieke boelies\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/vegtersteenboelies_web.jpg\" \/><\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Voorwoord deur Koot Jonker<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><strong>Prys: R140. Hoe om te bestel: sien onder hierdie teks.<\/strong><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos wat die grootste eenheidstaat op aarde, die Sowjet-Unie, teen die begin van die negentigerjare in die vorige eeu krakend in duie gestort het, is die Nuwe Orde in SA besig om soos &#8216;n kaartehuis ineen te tuimel. Soos in die jare rondom 1994, het SA andermaal by &#8216;n keerpunt in sy geskiedenis gekom wat &#8216;n herwaardering van die politieke landskap noodsaaklik maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geskiedenis leer ons dat die mensdom niks uit die geskiedenis leer nie. Ongelukkig kan SA nie hierdie luukse bekostig nie. Om die regte pad vir die toekoms te vind sal die politieke breinstrust in SA noodwendig uit die geskiedenis moet leer om &#8216;n herhaling van foute te voorkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit maak van <em>Vegters teen politieke boelies<\/em> &#8216;n uiters aktuele werk, want dit verteenwoordig geregverdigde en verantwoordelike kritiek op die grondwetlike proses wat in die jare rondom 1994 in SA aan die orde was, en aanleiding gegee het tot talle hedendaagse rampe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Destyds was feitlik alle leiers buite die geledere van die NP-ANC-samewerking deur die NP-regering, die ANC en die hoofstroommedia tot demone gediskrediteer. Die apartheidsregering het verantwoordelike swart staatshoofde wat nie saam in die NP-ANC-koor wou sing nie, eenvoudig in staatsgrepe met ANC-papegaaie vervang en in die proses &#8216;n dominante eenpartystaat bevorder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Staatshoofde van onafhanklike swart state wat nie die NP-ANC-gedrewe proses wou aanvaar nie, en deur staatgrepe vernietig was, is president President Kaiser Matanzima van Transkei, President Lennox Sebe van die Ciskei, brigadier Oupa Gqozo van die Ciskei, President Lucas Mangope van Bophuthatswana en President Ravela van Venda.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was ook ander leiers wat uiters krities teenoor die onderhandelingsproses was, maar op een of ander wyse gemarginaliseer was. Onder hulle tel dr. Mangosuthu Buthelezi, hoofminister van die selfregerende Kwa-Zulu en leier van die Inkatha Vryheidsparty, en drr. Andries Treurnicht en Ferdi Hartzenberg, opeenvolgende leiers van die Konserwatiewe Party, die destydse amptelike opposisie in SA.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meeste van hierdie leiers het gewaarsku teen die gevolge van &#8216;n sekul\u00eare grondwet pleks van &#8216;n Christelike grondwet. Hulle het gemaan dat die sekulariserinng van die staat &#8216;n misdadige en bandelose samelewing tot gevolg sal h\u00ea. Hulle het ook gemaan teen die sentralisering van gesag, die miskenning van SA se kulturele diversiteit en die politieke ontmagting van volke en kultuurgroepe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle was krities teenoor die vermo\u00eb van die ANC om die land te bestuur omdat die ANC-leierskap oor geen ervaring van regering beskik het nie, en het gevolglik die verbrokkeling van die infrastruktuur gevrees. Daar was gewaarsku teen dalende produksievlakke, toenemende werkloosheid en selfs hongersnood is in die vooruitsig gestel. Vandag gaan slaap sowat 12 miljoen Suid-Afrikaners saans honger, terwyl ongeveer een derde van alle SA-mans hulle al aan verkragting skuldig gemaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die grootste eenheidstaat op aarde besig was om in duie te stort, het die grondwetskrywers van SA besluit dis die eintlike oplossing vir SA! Iewers het iemand die pot misgesit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Vegters teen politieke boelies<\/em> bring vraagstukke wat in 1994 nie opgelos is nie, weer na vore en kan &#8216;n bydrae lewer in &#8216;n komende debat oor die toekoms van SA.<\/p>\n<h4>Hoe om te bestel<\/h4>\n<p>Vir kontantdeposito&#8217;s en internetbetalings is die bankbesonderhede:<\/p>\n<p>Prys: R140<\/p>\n<p>FNB<\/p>\n<p>HRG JONKER<\/p>\n<p>TJEK REKENING<\/p>\n<p>TAKKODE: 240 240<\/p>\n<p>REKENINGNR.: 622 03487 469<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die bestelling sal u &#8216;n verwysing ontvang. Stuur u posadres na gus[by]valuehomes.co.za vir versending per geregistreerde pos.<\/p>\n<p>Betaling per kredietkaart: besonderhede verskyn vandag nog.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Voorwoord deur Koot Jonker Prys: R140. Hoe om te bestel: sien onder hierdie teks. Soos wat die grootste eenheidstaat op aarde, die Sowjet-Unie, teen die begin van die negentigerjare in die vorige eeu krakend in duie gestort het, is die Nuwe Orde in SA besig om soos &#8216;n kaartehuis ineen te tuimel. Soos in die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14528\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vegters teen Politieke Boelies deur Koot Jonker&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":14527,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96],"tags":[],"class_list":["post-14528","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c87-boeke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14528","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14528"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14528\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/14527"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14528"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14528"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14528"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}