{"id":14515,"date":"2013-04-29T04:23:38","date_gmt":"2013-04-29T04:23:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14515"},"modified":"2013-04-29T04:23:38","modified_gmt":"2013-04-29T04:23:38","slug":"zille-pas-skadebeheer-toe-oor-omstrede-plakkaat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14515","title":{"rendered":"Zille pas skadebeheer toe oor omstrede plakkaat"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Helen Zille, DA-leier, het Saterdag op &#8216;n Vryheidsdag-saamtrek in Inanda, KwaZulu-Natal probeer om skadebeheer toe te pas na &#8216;n onlangse omstrede DA-plakkaat. Die DA wil swart stemme trek vir die 2014-verkiesing, en di\u00e9 plakkaat het swart kiesers oortuig dat die DA apartheid wil terugbring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Demokrasie is oor die vryheid van keuse; die vryheid om van gedagte te verander,&#8221; het sy ges\u00ea. Die ANC is woedend oor die pamflet waarop Mandela en Suzman mekaar omhels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie is oor die afgelope paar weke geskryf oor die &#8220;Know Your DA&#8221;-veldtog, wat daarop gemik is om die ware storie van die party se teenkanting teen apartheid te vertel, het Zille ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit het omstredenheid ontlok uit sommige oorde. Ons is daarvan beskuldig dat ons oudpres. Nelson Mandela se nalatenskap misbruik, en die ou gunsteling, politieke opportunisme.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille het verwys na die DA-pamflet waarop Mandela en die aktivis Helen Suzman verskyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Marius Fransman, Wes-Kaapse ANC-leier, het ges\u00ea die pamflet is &#8216;n &#8220;siniese en opportunistiese oefening in propaganda&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die party moes nie een van die leiers gebruik het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille het Saterdag ontken dat die kritiek die party kwel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons kan nie net agteroorsit en die ANC se propaganda toelaat om die DA valslik as die party van apartheid te skets nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die ANC probeer om bangmaaktaktiek en emosionele afpersing te gebruik om keuse in Suid-Afrikaanse politiek weg te neem. Ons kan nie toelaat dat dit gebeur nie en dit is hoekom ons &#8216;n landwye poging aanwend om die waarheid aan Suid-Afrikaners te vertel.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille het verder ges\u00ea baie mense aanvaar die reg om te stem as vanselfsprekend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek is dikwels geskok wanneer ek met mense praat, veral jongmense, en hulle s\u00ea hulle stem nie. Dit lyk nie asof hulle verstaan watter opofferinge gemaak is vir hulle om die kosbare reg uit te oefen, of die mag wat &#8216;n stem aan hulle gee om hul lewens te verander nie.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Helen Zille, DA-leier, het Saterdag op &#8216;n Vryheidsdag-saamtrek in Inanda, KwaZulu-Natal probeer om skadebeheer toe te pas na &#8216;n onlangse omstrede DA-plakkaat. Die DA wil swart stemme trek vir die 2014-verkiesing, en di\u00e9 plakkaat het swart kiesers oortuig dat die DA apartheid wil terugbring. &#8220;Demokrasie is oor die vryheid van keuse; die vryheid om van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14515\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zille pas skadebeheer toe oor omstrede plakkaat&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14515","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14515","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14515"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14515\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14515"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14515"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14515"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}