{"id":14502,"date":"2013-04-25T10:29:58","date_gmt":"2013-04-25T10:29:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14502"},"modified":"2013-04-25T10:29:58","modified_gmt":"2013-04-25T10:29:58","slug":"seb-die-verskil-tussen-lewe-en-dood","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14502","title":{"rendered":"SEB, die verskil tussen lewe en dood"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons kan nie toelaat dat SEB-Kodes wat nie bestaan nie, bepaal wie lewe en wie sterf nie&#8221;, s\u00ea Jean Kriek, VF Plus Jeugleier, Gauteng.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit volg na aanleiding van die publisering van die gewysigde SEB-kodes deur die minister van Handel en Nywerheid, mnr Rob Davies verlede jaar in die Staatskoerant wat stipuleer dat maatskappye en individue geen SEB-punte sal ontvang vir skenkings aan Nie-Winsgewende Organisasies (NWO&#8217;s) wat nie grootliks dienste lewer aan voorheen benadeelde groepe nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Kriek is onherstelbare skade reeds aangerig aan die welstand van die mees weerlose mense.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na druk van die burgerlike samelewing en &#8216;n versoek gerig aan mnr Davies deur Adv Anton Alberts, VF Plus LP, in die parlement\u00eare portefeuljekomitee oor handel en nywerheid om die wysigings te heroorweeg, is die voorgestelde SEB-kodes intussen teruggetrek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die koe\u00ebl is egter deur die kerk. Met die publisering van die gewysigde SEB-kodes het verskeie maatskappye en individue skenkings aan NWO&#8217;s gestaak. Hierdie fondse is nou verlore en be\u00efnvloed die dag-tot-dag bestaan van mense wat afhanklik is van NWO-dienste&#8221;, s\u00ea Kriek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Jakaranda Kinderhuis in Pretoria is &#8216;n duidelike voorbeeld van &#8216;n NWO wat deur die publikasie skade gely het. &#8220;&#8216;n Skenker het &#8216;n beloofde R100 000 (honderd duisend rand) weerhou agv die gewysigde Kodes. Karige staatstoelae noodsaak NWO&#8217;s om te steun op skenkings vanuit die privaatsektor. &#8216;n Finansi\u00eble verlies van s\u00f2 aard belemmer die funksionering van die kinderhuis&#8221;, het Kriek verder ges\u00ea<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stand van sake het die VF Plus Jeug in Gauteng genoodsaak om &#8216;n beroep te doen op mnr. Davies om &#8216;n amptelike ministeri\u00eble skrywe te rig aan alle NWO&#8217;s om die feite reg te stel. &#8220;Ons gaan mnr Davies versoek om skenkers in kennis te stel dat die voorgestelde SEB-kodes van 2012 nie geld nie. Dit sal skenkers weer in staat stel om Jakaranda Kinderhuis te ondersteun soos vroe\u00ebr&#8221;, het Kriek verduidelik.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Ons kan nie toelaat dat SEB-Kodes wat nie bestaan nie, bepaal wie lewe en wie sterf nie&#8221;, s\u00ea Jean Kriek, VF Plus Jeugleier, Gauteng. Dit volg na aanleiding van die publisering van die gewysigde SEB-kodes deur die minister van Handel en Nywerheid, mnr Rob Davies verlede jaar in die Staatskoerant wat stipuleer dat maatskappye en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14502\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SEB, die verskil tussen lewe en dood&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14502","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14502","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14502"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14502\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14502"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14502"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14502"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}