{"id":14492,"date":"2013-04-23T10:52:47","date_gmt":"2013-04-23T10:52:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14492"},"modified":"2013-04-23T10:52:47","modified_gmt":"2013-04-23T10:52:47","slug":"ons-steel-krag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14492","title":{"rendered":"&#8216;Ons steel krag!&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ja ons steel krag!&#8221; Dit was die openlike reaksie van inwoners van die Tswaing gemeenskap tydens &#8216;n sitting van die Tshwane metroraad se petisiekomitee die afgelope week.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Drie mans wat &#8216;n petisie namens die gemeenskap aan die raad oorhandig het oor krag en water wat nie aan hulle voorsien word nie, het tydens hierdie sitting openlik aan die petisie komitee erken dat hulle krag onwettig aangel\u00ea het en die krag steel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die streeksleier van die VF Plus in Pretoria en leier in die raad, Raadslid Philip Van Staden, het in hierdie komitee daarop aangedring dat die metropolisie dadelik hierdie mans in hegtenis moet neem en dat hulle van kriminele oortredings aangekla moet word. &#8220;Mnr die voorsitter, raadslede is daar om die eiendom en belange van die stad te beskerm. Krag diefstal is &#8216;n kriminele oortreding en die VF plus verwag dat hierdie drie mans nou dadelik gearresteer moet word&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC voorsitter van die komitee het egter net die drie mans gewaarsku om dadelik die krag te ontkoppel en dat hulle dit nie weer moet waag om met so &#8216;n petisie voor die raad se komitee te verskyn nie. Hy het genoem dat die komitee weer na die saak sal kyk sodra die krag ontkoppel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hierdie waarskuwing wat die ANC voorsitter aan die mans gerig het, dui daarop dat diefstal en kriminele aktiwiteite nie ernstig genoeg opgeneem word nie en dat &#8216;n hou op die hand al straf is wat hulle ooit gaan kry. Dit is jammer dat die ANC so &#8216;n houding inneem want dit gaan die boodskap regdeur die stad uitstuur dat kragdiefstal en ander kriminele oortredings toegelaat word&#8221;, s\u00ea Raadslid Philip Van Staden.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Ja ons steel krag!&#8221; Dit was die openlike reaksie van inwoners van die Tswaing gemeenskap tydens &#8216;n sitting van die Tshwane metroraad se petisiekomitee die afgelope week. Drie mans wat &#8216;n petisie namens die gemeenskap aan die raad oorhandig het oor krag en water wat nie aan hulle voorsien word nie, het tydens hierdie sitting &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14492\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Ons steel krag!&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14492","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14492","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14492"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14492\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14492"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14492"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14492"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}