{"id":14480,"date":"2013-04-22T05:39:53","date_gmt":"2013-04-22T05:39:53","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14480"},"modified":"2013-04-22T05:39:53","modified_gmt":"2013-04-22T05:39:53","slug":"sa-dalk-terug-na-sar-na-wonderwerk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14480","title":{"rendered":"SA dalk terug na SAR, n\u00e1 &#8216;wonderwerk&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Afgevaardigdes van die Afrika-Unie (AU) en die Verenigde Nasies (VN), sowel as van die Europese Unie, die VSA en Frankryk het Donderdag &#8216;n vergadering in Tsjad bygewoon waar President Jacob Zuma &#8220;vir meer as agt ure&#8221;&nbsp; gesmeek&nbsp; is om troepe terug te bring na die Sentraal-Afrikaanse Republiek, s\u00ea Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Maite Nkoana-Mashabane.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die versoek om hulp kom n\u00e1 &#8216;n buitengewone vergadering van die lande in die ekonomiese ontwikkelingsgemeenskap van Sentraal-Afrika (ECCAS) Donderdag in Tsjad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Sunday Times het gister berig dat die regering die versoek oorweeg, maar dat indien gestuur, die troepe sal dien as vredesmagte, ter ondersteuning van die multinasionale mag (Fomac) in die streek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die minister het ges\u00ea die vergadering het met Zuma saamgestem dat geen selfopgelegde leier sal ondersteun word in die SAR nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ges\u00ea Suid-Afrika sou uit die vergadering geloop het indien daar geen ooreenkoms oor hierdie kwessie was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het ges\u00ea Suid-Afrika word gelei deur &#8216;n vry en demokraties verkose president, en die mense van die SAR behoort dit ook te h\u00ea&#8230; hulle het minerale, maar hulle is die armste in die w\u00eareld, omdat hulle altyd deur huursoldate en rebelle gelei word. Hulle verdien ook hul dag in die son,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Selfs die man wat verklaar het dat hy die leier [in die SAR] is het ges\u00ea:&#8221; Die mense wat hier vanuit Suid-Afrika was het vir ons &#8216;n wonderwerk gewys, ons vermoor 13 van hulle, maar 600 van ons het gesneuwel&#8217;,&#8221; het sy ges\u00ea. Michel Djotodia, die Seleka-rebelleleier, is tans tussentydse staatshoof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nkoana-Mashabane het beloof dat Suid-Afrika die Afrika-kontinent polities sal bevry en, indien nodig, sal Pretoria die bevryding verdedig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mashabane het bygevoeg dat ander Afrika-lande hulself na Suid-Afrika wend wanneer daar moeilikheid is, en s\u00ea dit is omdat Suid-Afrika deur die oudste politieke beweging in die kontinent gelei word, wat ge\u00efnspireer is deur leiers soos Ghana se bevrydingsheld en president Kwame Nkrumah.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert die Seleka-rebelle die beheer in die land oorgeneem het, heers chaos in Bangui.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eccas het aanvanklik ges\u00ea het Djotodia sal nie as leier erken word nie, maar die oorgangsregering het verlede week sy posisie as tussentydse staatshoof bekragtig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Djotodia en Nicolas Tiangaye, premier van die SAR, mag hulleself egter nie in die presidensi\u00eble verkiesings binne die volgende 18 maande verkiesbaar stel nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Afgevaardigdes van die Afrika-Unie (AU) en die Verenigde Nasies (VN), sowel as van die Europese Unie, die VSA en Frankryk het Donderdag &#8216;n vergadering in Tsjad bygewoon waar President Jacob Zuma &#8220;vir meer as agt ure&#8221;&nbsp; gesmeek&nbsp; is om troepe terug te bring na die Sentraal-Afrikaanse Republiek, s\u00ea Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Maite &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14480\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SA dalk terug na SAR, n\u00e1 &#8216;wonderwerk&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-14480","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14480","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14480"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14480\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14480"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14480"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14480"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}