{"id":14460,"date":"2013-04-18T09:40:25","date_gmt":"2013-04-18T09:40:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14460"},"modified":"2013-04-18T09:40:25","modified_gmt":"2013-04-18T09:40:25","slug":"vf-eis-bedanking-van-midvaal-burgemeester","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14460","title":{"rendered":"VF+ eis bedanking van Midvaal-burgemeester"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus het vandag in &#8216;n sterk bewoorde verklaring ge\u00ebis dat die burgemeester van Midvaal, mnr Timothy Nast, moet bedank.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr Corrie Pypers, VF Plus raadslid vir Midvaal het ges\u00ea dat klagtes oor wanadministrasie sedert 2005 gedurende 2009 aan die Openbare Beskermer gerapporteer is en vandat Nast in 2009 as burgemeester verkies is, is onwettige afdankings van fluitjieblasers, amptenare en raadslede aan die orde van die dag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verder het viktimisasie teen die bestuur van die internasionaal befaamde Meyerton Golfklub byna die klub se ondergang tot gevolg gehad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bevoordeling van sommige ontwikkelaars deur voortydige goedkeurings, proseduri\u00eble magsmisbruik, die aanvang van ondersoeke deur die Openbare Beskermer (OB) en die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het gelei tot &#8216;n OB-verslag wat sewe gevalle van wanadministrasie bevind het en gelei het tot die afdanking van die DA streeksvoorsitter en raadsprokureur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Kriminele ondersoek teen die DA administrasie deur die SOE duur steeds voort. Hierdie toedrag van sake is geensins in belang van die inwoners van Midvaal en daarom behoort Nast Midvaal eerste te stel en sy amp te ontruim saam met ander skuldige raadslede en amptenare.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens &#8216;n Afbakeningsraadvergadering gehou op 11 April 2013 in die Vereeniging stadsaal, het &#8216;n senior ANC ampsdraer op die verhoog dit aan Nast gestel dat leningsvoorsiening aan Midvaal in die weegskaal is weens die SOE ondersoek teen hom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skielik het die DA en Nast &#8216;n struikelblok geword in die weg van ontwikkeling in Midvaal ten koste van die kiesers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nast behoort onder die omstandighede sy amp te ontruim deur onmiddellik saam met sy meelopers, waaronder amptenare en raadslede, te bedank.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By gebreke hierin sou die DA in die hand van die ANC speel omdat die kieserspubliek hul vertroue in die DA in Midvaal verloor en die verdere openbaring van wanadministrasie en dalk selfs korrupsie, kan die inwoners van Midvaal erg benadeel s\u00ea Pypers.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die VF Plus het vandag in &#8216;n sterk bewoorde verklaring ge\u00ebis dat die burgemeester van Midvaal, mnr Timothy Nast, moet bedank. Mnr Corrie Pypers, VF Plus raadslid vir Midvaal het ges\u00ea dat klagtes oor wanadministrasie sedert 2005 gedurende 2009 aan die Openbare Beskermer gerapporteer is en vandat Nast in 2009 as burgemeester verkies is, is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14460\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VF+ eis bedanking van Midvaal-burgemeester&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14460","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14460","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14460"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14460\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14460"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14460"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14460"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}