{"id":14442,"date":"2013-04-16T04:54:45","date_gmt":"2013-04-16T04:54:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14442"},"modified":"2013-04-16T04:54:45","modified_gmt":"2013-04-16T04:54:45","slug":"bomontploffings-by-boston-marathon-eis-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14442","title":{"rendered":"Bomontploffings by Boston-marathon eis 2"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Minstens twee mense is dood en tot soveel as 100 ander beseer toe twee bomme Maandag naby die wenstreep van die Boston-marathon ontplof het, het die polisie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bronne het aan die media ges\u00ea dat &#8216;n derde bom naby die John F. Kennedy Presidensi\u00eble Biblioteek ontplof het, maar die polisie het later ges\u00ea di\u00e9 voorval het met &#8216;n brand verband gehou, en was nie &#8216;n aanval nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Paramedici het kort na die ontploffings op die toneel aangekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar was twee bomme wat ontplof het naby die wenstreep in vandag se Boston-marathon,&#8221; het die wedloop se organiseerders kort na die aanvalle op Facebook ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons werk saam met wetstoepassers om uit te vind wat presies gebeur het,&#8221; het die organisasie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">NBC News het later berig dat die polisie &#8220;verskeie ploftoestelle&#8221; in Boston gevind het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het iemand gesien wie se bene afgeruk is,&#8221; het Mark Hagopian, eienaar van die Charlesmark-hotel, aan die nuusagentskap AFP ges\u00ea. Hy het in &#8216;n restaurant skuiling gevind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Iemand langs my se bene was afgeruk by die knie\u00eb \u2013 hy het steeds gelewe.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit was erg, dit was vinnig&#8221; het hy ges\u00ea. &#8220;Daar was &#8216;n groot ontploffing&#8230; ons het &#8216;n windvlaag in ons gesigte gevoel&#8230; Die polisie het ges\u00ea: &#8216;Kom uit, kom uit, loop, kom weg, daar kan meer bomme wees.'&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zara Bielkus, &#8216;n 30-jarige toeskouer van Boston, het ges\u00ea sy het twee bomme enkele sekondes uitmekaar gehoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Toe ons dit hoor, het almal na mekaar gekyk en alles het baie stil geword, en die polisie was binne &#8216;n minuut daar,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Minstens twee mense is dood en tot soveel as 100 ander beseer toe twee bomme Maandag naby die wenstreep van die Boston-marathon ontplof het, het die polisie ges\u00ea. Bronne het aan die media ges\u00ea dat &#8216;n derde bom naby die John F. Kennedy Presidensi\u00eble Biblioteek ontplof het, maar die polisie het later ges\u00ea di\u00e9 voorval &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14442\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bomontploffings by Boston-marathon eis 2&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-14442","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14442","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14442"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14442\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14442"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14442"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14442"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}