{"id":14433,"date":"2013-04-12T14:10:52","date_gmt":"2013-04-12T14:10:52","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14433"},"modified":"2013-04-12T14:10:52","modified_gmt":"2013-04-12T14:10:52","slug":"dubbele-standaarde-vir-derby-lewis-walus-en-apla-terroriste-shaik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14433","title":{"rendered":"Dubbele standaarde vir Derby-Lewis, Walus en APLA-terroriste, Shaik"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Twintig jaar het verstryk sedert Chris Hani deur Janus Walus doodgeskiet is en Walus, asook Clive Derby-Lewis, lewenslange gevangenisstraf weens die moord opgel\u00ea is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geheues het vervaag en ANC-propaganda oordonder feite en die harde werklikhede. In belang van reg en geregtigheid is dit noodsaaklik dat die werklike feite blootgele en die saak in perspektief gestel word.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">S\u00f3 s\u00ea die Stigting vir gelykheid voor die reg waarvan die voorsitter, mnr. Johan Botha &#8216;n verklaring uitgereik het. Hier is die res van die verklaring:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al die politieke partye by die onderhandelinge vir die huidige Grondwet het ooreengekom dat die grondslag vir die Grondwet onder meer sal berus op die volgende bepalings, soos dit in die slotgedeelte van die Tussentydse Grondwet uiteengesit is:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>D<\/em><em>ie aanvaarding van hierdie Grondwet le die vaste fondament vir die mense van Suid-Afrika om die verdelings en tweespalt van die verlede, wat gelei het tot growwe skendings van menseregte, die verbreking van menslikheidsbeginsels in gewelddadige konflik en &#8216;n nalatenskap van haat, vrees, skuld en wraak, te oorbrug.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Die geleentheid is daar om dit nou reg te stel op die grondslag dat daar &#8216;n behoefte bestaan aan begrip en nie wraaksug nie, &#8216;n behoefte aan herstel en nie vergelding nie, &#8216;n behoefte aan medemenslikheid en nie viktimisering nie.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Ten einde die versoening en herstrukturering te bevorder, moet amnestic verleen word met betrekking tot dade, versuime en misdrywe wat met politieke oogmerke in verband staan en wat in die loop van die konflik van die verlede begaan is&#8230;.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie beginsels is deur die huidige Grondwet bekragtig. Al die politieke leiers by die onderhandelinge, met uitsondering van die ANC, sal ook bevestig dat die bedoeling van hierdie bepalings was dat &#8220;politieke oogmerke&#8221; die gewone betekenis sou he, soos dit deur die gewone redelike mens verstaan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en versoening wat aan hierdie bepalings moes uitdrukking gee, het egter die gees en die wese van hierdie bepalings verontagsaam, en is so saamgestel dat dit tot onder meer die volgende absurde gevolge gelei het:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 25 Julie 1993 het lede van Apia, die militere vleuel van die PAC, die St. James-Kerk in Kenilworth, Kaapstad, binnegestorm en weerlose kerkgangers, onder wie vroue en kinders, met AK-47-gewere en handgranate aangeval. Elf kerkgangers is gedood en 58 ernstig gewond. Al die lede van APIA het amnestie gekry. Die leier van die PAC, mnr. Letlapa Mphaphlela, wat die bevel vir die aanval gegee het, het in die openbaar verklaar dat hy weier om amnestie daarvoor te vra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy is aanvanklik weens moord verhoor, maar die saak is van tyd tot tyd uitgestel en het uiteindelik van die rol verdwyn. Hy is tans &#8216;n lid van die parlement.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Janus Walus het Chris Hani op 10 April 1993 doodgeskiet. Hani was &#8216;n lid van Umkhonto weSizwe, &#8216;n geharde kommunis, wat terreuraanvalle en halssnoermoorde op onder ander weerlose vroue en kinders goedgekeur het. Walus en dive Derby-Lewis is weens die moord tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Albei is amnestie geweier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na aanleiding van Clive Derby-Lewis se aansoek om parool het mnr. Ngconde Balfour, destydse Minister van Korrektiewe Dienste, hom soos volg uitgelaat:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;I will tell you [you] will not go out [of prison] Clive Derby-Lewis &#8230; you can go to hell&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Clive Derby-Lewis, 77 jaar, het reeds bykans 20 jaar van sy gevangenisstraf uitgedien en het kanker in &#8216;n gevorderde stadium. Hy het reeds twee keer aansoek gedoen om mediese parool, wat geweier is. Schabir Shaik wat weens bedrog tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis is, is nadat hy 2 jaar en 4 maande van sy straf uitgedien het, op mediese parool vrygelaat. Die vrylating is allerwee veroordeel, maar die betrokke minister het hom hoegenaamd nie daaraan gesteur nie. Shaik is nog steeds op vrye voet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat die weiering van mediese parool aan Clive Derby-Lewis uit blote wraaksug en vergelding geskied, sal geen redelike mens kan betwis nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Twintig jaar het verstryk sedert Chris Hani deur Janus Walus doodgeskiet is en Walus, asook Clive Derby-Lewis, lewenslange gevangenisstraf weens die moord opgel\u00ea is. Geheues het vervaag en ANC-propaganda oordonder feite en die harde werklikhede. In belang van reg en geregtigheid is dit noodsaaklik dat die werklike feite blootgele en die saak in perspektief gestel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14433\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dubbele standaarde vir Derby-Lewis, Walus en APLA-terroriste, Shaik&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14433","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14433","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14433"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14433\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14433"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14433"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14433"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}