{"id":14407,"date":"2013-04-09T17:38:04","date_gmt":"2013-04-09T17:38:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14407"},"modified":"2013-04-09T17:38:04","modified_gmt":"2013-04-09T17:38:04","slug":"polisie-beseer-tydens-blydskap-oor-thatcher-afsterwe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14407","title":{"rendered":"Polisie beseer tydens &#8216;blydskap&#8217; oor Thatcher-afsterwe"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Ses Britse polisiebeamptes is beseer toe hulle probeer het om mense by &#8216;n straatbyeenkoms uitmekaar te jaag wat die dood van die voormalige premier, Margaret Thatcher, &#8220;gevier&#8221; het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die beamptes is ernstig beseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voorval in Bristol in die suidweste van Engeland het by een van verskeie sulke geleenthede in die land gebeur wat deur teenstanders van die sogenaamde Ystervrou gehou is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowat 200 partytjiegangers in Bristol het volgens die polisie geweier om &#8216;n partytjie te verlaat en oproerig geraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Bottels en blikkies is na die beamptes gegooi en ses van hulle het beserings opgedoen,&#8221; het hoofinsp. Mark Jackson ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;&#8216;n Polisievoertuig is beskadig en een persoon is vir openbare geweld in hegtenis geneem. &#8216;n Paar klein brande is in asblikke gestig en die brandweer is ontbied.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die beamptes is steeds in die hospitaal met &#8216;n besering wat nie &#8220;lewensgevaarlik is nie, maar nietemin ernstig,&#8221; het &#8216;n woordvoerder vir die polisie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Straatpartytjies is ook in Glasgow in Skotland en in die Londense woonbuurt Brixton gehou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pallo Jordan, oud-kabinetsminister en lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, was blykbaar ook verheug oor die nuus dat die voormalige Britse premier Margaret Thatcher oorlede is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jordan het ges\u00ea hy gaan nie &#8216;n &#8220;traan oor haar stort nie,&#8221; berig Eyewitness News.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jordan het ges\u00ea sy was deel van &#8216;n regse alliansie met die voormalige Amerikaanse president Ronald Reagan wat voorheen na die ANC verwys het as &#8216;n terroriste-organisasie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Margaret Thatcher sal natuurlik onthou word as &#8216;n figuur in die Britse geskiedenis, maar sy sal ook onthou word as &#8216;n stoere bondgenoot van die apartheidsregime. Ek gaan nie trane stort oor haar nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is nie bekend of Jordan wel trane stort oor die maatskaplike ongeregtigheid in Indi\u00eb nie, waar &#8216;n kastestelsel steeds daagliks teen miljoene mense diskrimineer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ses Britse polisiebeamptes is beseer toe hulle probeer het om mense by &#8216;n straatbyeenkoms uitmekaar te jaag wat die dood van die voormalige premier, Margaret Thatcher, &#8220;gevier&#8221; het. Een van die beamptes is ernstig beseer. Die voorval in Bristol in die suidweste van Engeland het by een van verskeie sulke geleenthede in die land gebeur &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14407\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Polisie beseer tydens &#8216;blydskap&#8217; oor Thatcher-afsterwe&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-14407","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14407","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14407"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14407\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14407"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14407"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14407"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}