{"id":14402,"date":"2013-04-09T05:00:50","date_gmt":"2013-04-09T05:00:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14402"},"modified":"2013-04-09T05:00:50","modified_gmt":"2013-04-09T05:00:50","slug":"angie-swyg-oor-sadtu-sloerstaking","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14402","title":{"rendered":"Angie swyg oor SADTU-sloerstaking"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, is doodstil oor die beplande sloerstaking van onderwysers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die minister gaan nie kommentaar lewer oor die kwessie nie,&#8221; het haar woordvoerder, Hope Mokgatlhe, Maandag in &#8216;n SMS-boodskap ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onderwysersunie SADTU het Maandag gedreig om met &#8216;n sloerstaking te begin as die skole di\u00e9 week heropen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is om te eis dat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, en haar direkteur-generaal, Bobby Soobrayan, bedank, het Mugwena Maluleke, sekretaris-generaal van SADTU, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skole in die binneland en skole aan die kus heropen Dinsdag n\u00e1 die vakansie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maluleke het ges\u00ea Motshekga se departement het nie die salarisse van nasieners van matriekvraestelle verhoog ingevolge &#8216;n ooreenkoms wat in 2011 bereik is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die minister laat die land in die steek en sy ondermyn kollektiewe bedinging. Haar leierskap be\u00efnvloed die gehalte van onderwys,&#8221; het Maluleke ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Maluleke sal onderwysers slegs by skole opdaag om klas te gee. Hulle sal nie ekstra pligte verrig soos om take na te sien, werksessies by te woon en departementele gaste te verwelkom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Aanvullende eksamens wat in Februarie afgel\u00ea is, sal nie nagesien word nie. Dit word gewoonlik in April gedoen.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onderwysers was vroe\u00ebr vanjaar woedend toe die regering voorgestel het dat onderwys tot &#8216;n noodsaaklike diens verklaar word, wat dit onwettig maak om te staak.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, is doodstil oor die beplande sloerstaking van onderwysers. &#8220;Die minister gaan nie kommentaar lewer oor die kwessie nie,&#8221; het haar woordvoerder, Hope Mokgatlhe, Maandag in &#8216;n SMS-boodskap ges\u00ea. Die onderwysersunie SADTU het Maandag gedreig om met &#8216;n sloerstaking te begin as die skole di\u00e9 week heropen. Dit is om &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14402\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Angie swyg oor SADTU-sloerstaking&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14402","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14402","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14402"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14402\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14402"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14402"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14402"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}