{"id":14395,"date":"2013-04-08T08:39:37","date_gmt":"2013-04-08T08:39:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14395"},"modified":"2013-04-08T08:39:37","modified_gmt":"2013-04-08T08:39:37","slug":"louis-trichardt-munisipaliteit-ontvang-skokkende-ouditverslag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14395","title":{"rendered":"Louis Trichardt-munisipaliteit ontvang &#8216;skokkende&#8217; ouditverslag"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Ouditverslag oor die Makhado- plaaslike munisipaliteit wat verlede jaar deur die ouditeur-generaal aan die Limpopo-provinsie voorgel\u00ea is, is so pas deur die belastingbetalersvereniging van Louis Trichardt vrygestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersunie het in &#8216;n verklaring die ouditverslag as &#8220;absoluut skokkend&#8221; bestempel. In &#8216;n boodskap van meegevoel met die plaaslike belastingbetalersunie onder leiding van mev. Inga Gilfillan, s\u00ea Kelder: &#8220;Dit skrei ten hemele! Ons is van mening dat julle nou behoort te s\u00ea: genoeg is genoeg! Dit sou makliker vir die ouditeur-generaal gewees het om te s\u00ea wat reg verloop het in die munisipaliteit. Dit sou net een woordjie gewees het: &#8216;NIKS!'&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Louis Trichardt se belastingbetalers, wat ook &#8216;n naamstryd teen die benaming &#8220;Makhado&#8221; voer, weerhou tans meer as R10 miljoen van die munisipaliteit omdat daar soveel wanbestuur plaasvind. Mnr. Jaap Kelder van die NBU het aan Louis Trichardt se inwoners verklaar: &#8220;Goddank het julle julle fondse van die munisipaliteit weerhou anders het die R10 miljoen ook nog in die bodemlose put verdwyn.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die verslag verklaar die ouditeur-generaal dat hy geen behoorlike rekords oor meer as R1,6 miljard se munisipale bates kon vind nie. Hy het reeds &#8216;n jaar gelede sulke syfers versoek, maar dit is nog nie beskikbaar nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was ook nie gegewens beskikbaar oor meer as R300 miljoen se roerende bates nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Benewens probleme met die boekhouding wat BTW betref, het die munisipaliteit ongemagtigde besteding van R57 872 128 aangegaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 bedrag van byna R58 miljoen wat as ongemagtigde besteding aangegee word, is egter onderskat met meer as&#8230; R124 miljoen. Gesamentlik het die munisipaliteit dus ongemagtigde besteding van R182 miljoen aangegaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Foute van die vorige jaar wat deur die ouditeur-generaal uitgewys is, is nog nie reggestel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">R33 miljoen is aangewend vir ander doeleindes as waarvoor raadsbesluite geneem is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ouditeur-generaal bevind dat die munisipaliteit nie oor die nodige kundigheid of bekwaamheid beskik om die wetlike vereistes vir die bestuur van &#8216;n plaaslike owerheid na te kom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander elemente wat in die ouditverslag uitgelig word, is:<\/p>\n<ul>\n<li style=\"text-align: justify;\">R200 miljoen se goedere en dienste is sonder pryskwotasies aangekoop, wat strydig met die toepaslike regulasies is.<\/li>\n<li style=\"text-align: justify;\">Tenders is toegeken aan persone of entiteite sonder dat hulle verklaar het of hulle in diens van die staat of staatsinstellings is.<\/li>\n<li style=\"text-align: justify;\">Die rekenkundige beampte het nie redelike stappe geneem om ongemagtigde besteding te voorkom soos deur artikel 63(2)(c) van die Wet op munisipale finansies en bestuur vereis word nie.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Ouditverslag oor die Makhado- plaaslike munisipaliteit wat verlede jaar deur die ouditeur-generaal aan die Limpopo-provinsie voorgel\u00ea is, is so pas deur die belastingbetalersvereniging van Louis Trichardt vrygestel. Mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersunie het in &#8216;n verklaring die ouditverslag as &#8220;absoluut skokkend&#8221; bestempel. In &#8216;n boodskap van meegevoel met die plaaslike belastingbetalersunie onder &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14395\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Louis Trichardt-munisipaliteit ontvang &#8216;skokkende&#8217; ouditverslag&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[10590,4853,2300,8333,8332,10591,10592,5756],"class_list":["post-14395","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-inga-gilfillan","tag-jaap-kelder","tag-korrupsie","tag-louis-trichardt","tag-makhado","tag-ouditeur-generaal","tag-verslag","tag-wanbesteding"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14395","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14395"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14395\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14395"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14395"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14395"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}