{"id":14391,"date":"2013-04-08T04:56:55","date_gmt":"2013-04-08T04:56:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14391"},"modified":"2013-04-08T04:56:55","modified_gmt":"2013-04-08T04:56:55","slug":"die-geheime-oorlog-teen-geloof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14391","title":{"rendered":"Die geheime oorlog teen geloof"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Daar is deesdae min mense wat sal twyfel dat daar op allerlei fronte &#8216;n oorlog gevoer word teen elke vorm van identiteit en kultuur, veral as jy toevallig wit en Protestants is. Dit geld vir sowel Afrikaners as Amerikaners, die twee volke wat tradisioneel die meeste haat en hoon vanuit links te verduur moet kry. En vanuit die linkse w\u00eareldbeeld beskou is daar &#8216;n goeie rede waarom dit so is. Die rede is as volg: Die drie belangrikste steunpilare van enige beskawing is sy geloof, sy politiek en sy ekonomie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die afgelope twintig jaar het ons duidelik gesien hoe politiek en ekonomie deur linkse invloede volledig van binneuit vernietig is en Suid-Afrika in &#8216;n staat van bandeloosheid en rigtingloosheid gewerp het. Egter, die kommuniste se belangrikste teiken is juis daardie pilaar waar min oor gepraat word, naamlik geloof. Omdat &#8216;n geloof se invloed eerder subtiel as direk is, is mense nie altyd bewus oor die uitwerkinge daarvan nie, en ook nie oor die skade wat kan ontstaat sodra dit in verval beland nie. Gelukkig kan ons vertrou op &#8216;n paar skerp ontleders wat &#8216;n goeie insig gehad het in hierdie sake.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As daar twee groot suksesverhale was in die moderne geskiedenis, was dit eerstens die ontstaan van die nasiestaat en tweedens die opkoms van die Protestantse Werksetiek gewees. Hierdie drywende kragte het die Westerse beskawing tot nuwe hoogtes gestuur en het \u2013 baie belangrik \u2013 ons herinner dat as jy werklik groot hoogtes vir jouself en jou naaste wil bereik, moet dit van binneuit kom. Die Protestantse tydsgees soos in Suid-Afrika en in die Verenigde State toegepas was, het mense enersyds saamgebind, maar desondanks genoeg ruimte gegee vir persoonlike ontwikkeling. Selfs die ate\u00efs Abraham Maslow was meegesleep in die gees hiervan en sy gevleuelde woorde was: &#8220;Wat &#8216;n mens kan wees m\u00f3\u00e9t hy wees&#8221;. Die gelowige Hendrik Verwoerd aan die ander kant het ook gestel dat geen volk groter hoogtes vir homself kan bereik deur op die lyk van &#8216;n ander volk te trap nie. Hiermee wou Verwoerd ons herinner dat die ware krag om vooruit te gaan binne in ons l\u00ea. Die Boheems-Oostenrykse digter Reiner Maria Rilke het ons dieselfde les geleer in sy bekende Briewe aan &#8216;n jong digter dat jy moet jouself nie met ander vergelyk nie, maar fokus op die krag binne jouself. (kliek <a href=\"http:\/\/www.youtube.com\/watch?v=yb2nMvOOsO4\">hier <\/a>om Dennis Hopper se uitstekende voorlesing van Rilke te sien).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is om hierdie rede waarom die Weste vooruitgang gemaak het&#8230;en om hierdie rede waarom die Kommuniste en hul meelopers &#8216;n fundamentele haat teenoor die Weste koester. Sodra mense vanuit hulself en die hoogste voorskrifte van moraliteit begin leef, maak hulle die politieke klas van intellektuele oorbodig. Hierdie volke laat hulself nie meesleep in die menings van ander nie. As jy jouself op geestelike vlak kan bevry en die hoogste binne jouself en daarbuite opsoek, is jy op die verste punt verwyder van slawerny.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In groot teenstelling tot wat links jarelank aan ons opdis, het Suid-Afrika en die Verenigde State hulself nie imperialisties verryk op ander nie, maar vanuit hulself die kennis en vaardighede benut en hulself op hul eie stoom verryk, en hulle hoop ook dat omliggende buurvolke dieselfde sal doen. Vandaar die ontwikkeling in die tuislande destyds, en die feit dat Amerikaanse inboorlinge deesdae meer sosiale en mediese voorregte geniet as wit Amerikaners.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is juis die opkoms van diverse vorme van hedendaagse &#8220;kuns&#8221; en &#8220;kultuur&#8221; vanuit linkse strominge wat afbreuk doen aan hierdie ho\u00ebr besef. &#8216;n Religieuse ingesteldheid het die ekstra voordeel dat dit die mens fyner stem, en maak van &#8216;n stapel bakstene en grond &#8216;n katedraal so majestieus soos die Segrada Familia of die Notre Dame. Kyk ook na Michelangelo, El Greco en ander om te sien hoe geloof aanleiding gegee het tot &#8216;n ho\u00ebr spirituele besef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As &#8216;n mens daarenteen kyk wat deesdae in die Guggenheim kunsgallery uitgestal word, naamlik &#8216;n ry bakstene op mekaar gestapel, &#8216;n le\u00eb kamer met &#8216;n lig wat voortdurend aan en uit flikker, of &#8216;n onopgemaakte bed, begin &#8216;n mens kopkrap of hier nou sprake is van &#8216;n dieper belewenis of dat banaliteit self opgehef is tot kuns. Dit is geen kuns nie, maar antikuns. Dit het as doel om die fyner ontwikkeling van ho\u00ebr beskawings juis te ondermyn en af te breek. Dit is kulturele vandalisme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is ook die rede waarom die Russiese president Poetin so heftig kapsie gemaak het teen die punkgroep Pussy Riot met hul gespring en geskree in &#8216;n Russies Ortodokse kerk. In die Weste is ons onder die indruk dat ons hier te make het met gewone kattekwaad van hierdie jong talentlose dames en dat Poetin buitensporig hard opgetree het. In werklikheid is dit geen gewone kattekwaad nie. Daar is &#8216;n hele subkultuur in Rusland van sulke figure wat hulself graag &#8220;kunstenaar&#8221; noem, maar die enigste wat hulle kan vermag is om lawaai te maak en Rusland se ryk en tragiese erfenis uit te lag en te bespot, en Poetin het genoeg gehad daarvan. Rusland het nog baie onverwerkte leed en trauma as gevolg van kommunisme, en dit gaan nog generasies duur om te herstel. Die beste manier om weer te herrys is juis om mense te stuur in die rigting van daardie land se ho\u00ebr beskawingsvorme. Van alle lande weet Rusland presies hoe gevaarlik dit is om van jou kernwaardes vervreem te word, en in die Weste begin ons dit ook nou langsamerhand te besef. Ons moet ook nie vergeet nie dat nog minder as &#8216;n honderd jaar gelede het Lenin 66 miljoen Christene uitgehonger en vermoor. Geen verantwoordelike staatshoof sal sulke vorme van minagting en vandalisme goedkeur nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Ander interessante gegewe waaroor die esoteriese skrywer Jonathan Black melding gemaak het in sy publikasie The Secret History of the World, is dat ondanks die feit dat die vormgewers van kommunisme soos Weishaupt, Marx, Engels, Lenin, Trotski en ander hulself as ate\u00efste voorgegee het, is die werklikheid dat hulle &#8216;n obsessie gehad het met die okkulte. Lenin het blykbaar geglo dat daar &#8216;n oorlog in die hemel was waarvan die goeies voorlopig die stryd gewen het, maar die beslissende stryd sou nog op aarde gevoer moet word. Lenin het geglo dat hy letterlik &#8216;n oorlog teen God gevoer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n min of meer soortgelyke trant het die New Yorkse Rabbi Marvin Antelman in To Eliminate the Opiate geskryf dat die doel van die Sabbateaanse Frankiese Jode \u2013 die stam van waaruit kommunisme ontstaan het \u2013 is om alle vorme van georganiseerde geloof te vernietig. Waar die gelowige Jode glo dat die Verlosser sal kom sodra al die Jode vroom is, glo die Sabbateaanse Frankiste dat die Verlosser slegs na vore sal tree sodra alle gelowe vernietig is. Interessant genoeg is die Sabbateane juis die mees vyandig teenoor die Joodse geloof, en bied &#8216;n verklaring waarom kommuniste so fel teen Sionisme gekant is, terwyl hulle self heimlik agter die ontstaan van Sionisme gesit het. Dit is &#8216;n uiting van &#8216;n stamoorlog teen die gelowige Jode. Daarbenewens glo hulle dat as die Joodse geloof eenmaal vernietig is sal sy twee dogtergelowe, Christendom en Islam, vanself instort omdat hulle geen spirituele &#8220;impuls&#8221; meer het nie, wat die Sabbateane nog &#8216;n verdere rede gee om die Jodendom te teiken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die &#8220;wapen&#8221; wat deur links ingesit word om die mensdom tot &#8216;n staat van slawerny te reduseer is juis om mense se aandag na buite te rig in plaas van na binne. Kommunisme, soos wat Churchill beskryf het is &#8216;n sisteem van onmoontlike gelykheid, gestremde ontwikkeling en jaloerse kwaadwilligheid. Dit ontken die groeipotensiaal binne die mens self en reduseer die mensdom tot kuddediere wat maklik vatbaar is vir propaganda. Dit verklaar ook waarom kommunisme teen indiwidualisme gekant is. Op hierdie manier bly hulle baas en kan hulle die &#8220;dom gepeupel&#8221; makliker in toom hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos Carl Jung gestel het: &#8220;Wie na buite kyk droom. Wie na binne kyk ontwaak&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit moet eintlik die leuse wees van ons tyd.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is deesdae min mense wat sal twyfel dat daar op allerlei fronte &#8216;n oorlog gevoer word teen elke vorm van identiteit en kultuur, veral as jy toevallig wit en Protestants is. Dit geld vir sowel Afrikaners as Amerikaners, die twee volke wat tradisioneel die meeste haat en hoon vanuit links te verduur moet kry. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43],"tags":[],"class_list":["post-14391","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14391","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14391"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14391\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14391"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14391"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14391"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}