{"id":14355,"date":"2013-03-30T04:59:37","date_gmt":"2013-03-30T04:59:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14355"},"modified":"2013-03-30T04:59:37","modified_gmt":"2013-03-30T04:59:37","slug":"paaie-stil-voor-nog-petrolprysverhogings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14355","title":{"rendered":"Paaie stil voor nog petrolprysverhogings"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Paaie is nie so besig oor die Paasnaweek soos wat verwag is nie, het verkeersbeamptes Vrydag ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sluit een van die besigste roetes tussen Limpopo en Gauteng in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Tot dusver is niks groot aangemeld nie en die paaie is nie so besig soos wat ons verwag het nie,&#8221; het Ashref Ismail, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Desnieteenstaande is ons bekommerd oor mense wat nie hul veiligheidsgordels dra nie, te veel mense in voertuie prop en nie die regte volgafstand hou nie. Mense moet baie versigtig op die pad wees,&#8221;&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ismail het ges\u00ea motoriste moet verseker dat hul motors padwaardig is voordat hulle reis en al die nodige veiligheidstoetse moet gedoen word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het Joshua Kwapa, woordvoerder vir Limpopo se departement van paaie en vervoer, ges\u00ea verkeer op die N1-noord en die R101 tussen Polokwane en Limpopo vloei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kwapa het bygevoeg dat verkeer Donderdag begin afneem het, maar dat dit na verwagting Saterdag gaan toeneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tussen 09:00 en 10:00 Vrydagoggend is 3 100 motors per uur by die Phumlani-tolhek op die N1 in &#8216;n noordelike rigting getel, het supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die redes mag die ho\u00eb brandstofprys wees.Verbruikers kan verwag om van 3 April af meer te betaal vir brandstof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die pryse van petrol en diesel sal op 3 April met ongeveer 7c tot 12c per liter styg, afhangende van die graad van die brandstof en die geografiese ligging van die vulstasie waar dit gekoop word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die onverwagse styging is hoofsaaklik aan &#8216;n onvoorspelbare styging van 10,96c per liter in die sogenaamde leiheffing (slate levy) te wyte,&#8221; het Paul Joubert, senior navorser by Solidariteit se Navorsingsinstituut, ges\u00ea. &#8220;Die feit dat die styging twee dae vroe\u00ebr as gewoonlik aangekondig is, het ook &#8216;n klein invloed gehad, aangesien die berekeningstydperk vir die prys slegs 18 dae was en nie 20 soos aanvanklik verwag nie. Daar sal wel met die prysverandering in Mei hiervoor opgemaak word.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die prys van 95-oktaan petrol sal in Gauteng met 12c per liter styg, terwyl dit aan die kus met 10c sal styg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die prys van 93-oktaan petrol in Gauteng sal 10c per liter ho\u00ebr wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groothandelprys van &#8216;n liter diesel met &#8216;n 0,05% swawelinhoud sal in Gauteng 9,06c ho\u00ebr wees, terwyl dit 7,16c ho\u00ebr sal wees aan die kus.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groothandelprys van &#8216;n liter diesel met &#8216;n 0,005% swawelinhoud sal in Gauteng 10,06c ho\u00ebr wees, terwyl dit 8,16c ho\u00ebr sal wees aan die kus.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die prysstygings kan ook verder van distrik tot distrik verskil, aangesien die vervoerdifferensiale tussen distrikte ook aangepas is.&#8221; het Joubert bygevoeg.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Paaie is nie so besig oor die Paasnaweek soos wat verwag is nie, het verkeersbeamptes Vrydag ges\u00ea. Dit sluit een van die besigste roetes tussen Limpopo en Gauteng in. &#8220;Tot dusver is niks groot aangemeld nie en die paaie is nie so besig soos wat ons verwag het nie,&#8221; het Ashref Ismail, woordvoerder van die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14355\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Paaie stil voor nog petrolprysverhogings&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14355","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14355","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14355"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14355\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14355"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14355"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14355"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}