{"id":14348,"date":"2013-03-28T06:42:26","date_gmt":"2013-03-28T06:42:26","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14348"},"modified":"2013-03-28T06:42:26","modified_gmt":"2013-03-28T06:42:26","slug":"resies-vir-hulpbronne-in-sar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14348","title":{"rendered":"Resies vir hulpbronne in SAR"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl talle vrae opduik oor Suid-Afrika se milit\u00eare betrokkenheid in die oorloggeteisterde Sentraal-Afrikaanse Republiek, het dit na vore gekom dat maatskappye met skakels na invloedryke politici en sakemanne gretig is om olie en minerale in die streek te ontgin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten minste een maatskappy, Divine Inspiration Group Oil wat besit word deur invloedryke sakevrou Andrea Brown is tans bedrywig in die SAR.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brown, wat die enigste direkteur van die maatskappy is, is &#8216;n belangrike sakevennoot met <a href=\"http:\/\/www.digoil.co.za\/digoil_news.html?news_i-frame=zuma_wins_oil_probe.html\">Encha <\/a>Group, &#8216;n beleggingsmaatskappy wat gestig is deur Tiego Moseneke, die broer van die huidige adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke. Sy het ook opgetree as &#8216;n konsultant en met die regering gewerk in die opstel van SEB-wetgewing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dertien Suid-Afrikaanse soldate is dood en 27 gewond oor die naweek in die hoofstad, Bangui, om rebelle te verhoed om die land se omstrede president, Francois Bozize te ontsetel. Die rebelle het intussen die hoofstad oorgeneem en Bozize is landuit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Troepe op die grond beweer dat baie gedood is om Suid-Afrikaanse kommersi\u00eble belange te verdedig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander maatskappye wat oliebelange in die naburige Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het, wat strek tot by die suidelike streek van die SAR, is Caprikat en Foxwhelp, wat besit word deur Jacob Zuma se neef, Khulubuse Zuma. Beide van hierdie maatskappye is in die Maagde-eilande geregistreer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie een van hierdie individue kon gister vir kommentaar bereik word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Presidensi\u00eble woordvoerder Mac Maharaj het gister ges\u00ea hy het &#8220;geen aanduiding&#8221; nog van Zuma oor die &#8220;wat die volgende stap in die SAR sal wees nie&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten spyte van swak ekonomiese groei, beskik die SAR oor &#8216;n oorvloed van onontwikkelde minerale hulpbronne, en mynboumaatskappye van regoor die w\u00eareld stel daarin belang. Die hulpbronne sluit in koper, grafiet, ilmeniet, ystererts, ligniet, mangaan, monasiet, kwarts, rutiel, sout, tin en uraan, volgens die Amerikaanse Geologiese Opname.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op sy webwerf, het Divine Inspiration Group Oil verklaar dat &#8216;n ooreenkoms onderteken is om &#8216;n olie-veld te ontgin wat strek van die suid-weste van die land tot in die naburige Demokratiese Republiek van die Kongo onder presidensi\u00eble dekreet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So vroeg as 2007 het dit begin as &#8216;n Suid-Afrikaanse en Kongolese inisiatief wat daarop gemik is om geleenthede in die DRK en die SAR te ontgin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Khulubuse Zuma se maatskappye het ooreenkomste onderteken vir die beheer van minerale regte op dieselfde ondergrondse oliebron toegeken deur die DRK se President Joseph Kabila.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Khulubuse het die regte vir Caprikat, terwyl Michael Hulley, Zuma se spesiale raadgewer en sakevennoot van Khulubuse, die regte vir Foxwhelp het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die maatskappye het na berig word &#8216;n totaal van $6 miljoen betaal vir die regte.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl talle vrae opduik oor Suid-Afrika se milit\u00eare betrokkenheid in die oorloggeteisterde Sentraal-Afrikaanse Republiek, het dit na vore gekom dat maatskappye met skakels na invloedryke politici en sakemanne gretig is om olie en minerale in die streek te ontgin. Ten minste een maatskappy, Divine Inspiration Group Oil wat besit word deur invloedryke sakevrou Andrea Brown &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14348\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Resies vir hulpbronne in SAR&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14348","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14348","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14348"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14348\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14348"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14348"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14348"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}