{"id":14314,"date":"2013-03-20T12:08:50","date_gmt":"2013-03-20T12:08:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14314"},"modified":"2013-03-20T12:08:50","modified_gmt":"2013-03-20T12:08:50","slug":"anc-bewind-moet-beeindig-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14314","title":{"rendered":"ANC-bewind moet be\u00ebindig word"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Vryheidsfront Plus het gisteraand reeds afgeskop met sy veldtog in aanloop tot die algemene verkiesing aanstaande jaar met &#8216;n vergadering by die Jan Krielskool op Kuilsrivier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Corn\u00e9 Mulder, hoofsweep en provinsiale leier van die VF Plus in die Wes-Kaap en mnr. Andr\u00e9 Fourie, raadslid en onderleier in die provinsie, het die vergadering toegespreek waarna &#8216;n nuwe tak vir die Oostenberg-subraad gestig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Piet Batt is aangewys as voorsitter van die tak, en mnr. Jean Yslie as sekretaris.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Mulder het in sy toespraak onder meer gevra of daar &#8216;n toekoms vir die Afrikaner en sy kinders in Suid-Afrika is en het aktuele sake soos regstellende aksie, onregverdige tersi\u00eare toelatingsvereistes, plaasaanvalle, die aanslag op Afrikaans en grondherverdeling bespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die ANC wil die land transformer tot sy denke, terwyl staatsdepartemente al minder in staat is om basiese dienste te lewer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dis nie in Suid-Afrika se belang dat die ANC aan bewind bly nie. Hy het wel groot steun, behalwe in die Wes-Kaap, maar net &#8216;n elite groepie mense trek hieruit voordeel. Die meeste swart mense sit steeds werkloos in hul plakkershutte,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die proporsionele kiesstelsel is ook weer verduidelik en dr. Mulder het dit duidelik gestel dat elke wegblystem van moedelose kiesers in werklikheid &#8216;n stem vir die ANC beteken aangesien dit sy meerderheidspersentasie verhoog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het gewys op die belangrikheid vir opposisiepartye met dieselfde doelwitte om saam te werk sonder om &#8216;n eie identiteit prys te gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die ANC gee homself voor as &#8216;n groot, demokratiese beweging, maar sy werklike toets oor demokrasie sal kom die dag as hy uiteindelik mag verloor. Ons bly optimisties, daardie dag kom. Ek sal nooit aanvaar ons het in 1652 na die land gekom net om te verdwyn nie,&#8221; het dr. Mulder ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Andr\u00e9 Fourie, VF Plus-raadslid, het onder meer oor die situasie in die Stad Kaapstad gepraat en het na metrorade as &#8216;n &#8216;monster&#8217; verwys wat swak dienslewering aan die hand werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Munisipale waardasies is chaoties. Eiendomsbelasting het in die laaste sewe jaar met 73% gestyg en elektrisiteit met 224%. Die stad is besig om ons mense uit hul huise te belas,&#8221; het mnr. Fourie ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Vryheidsfront Plus het gisteraand reeds afgeskop met sy veldtog in aanloop tot die algemene verkiesing aanstaande jaar met &#8216;n vergadering by die Jan Krielskool op Kuilsrivier. Dr. Corn\u00e9 Mulder, hoofsweep en provinsiale leier van die VF Plus in die Wes-Kaap en mnr. Andr\u00e9 Fourie, raadslid en onderleier in die provinsie, het die vergadering toegespreek &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14314\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC-bewind moet be\u00ebindig word&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-14314","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14314","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14314"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14314\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14314"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14314"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14314"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}