{"id":14302,"date":"2013-03-19T12:37:14","date_gmt":"2013-03-19T12:37:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14302"},"modified":"2013-03-19T12:37:14","modified_gmt":"2013-03-19T12:37:14","slug":"staatsdepartemente-betaal-nie-dienstegelde-in-matlosana-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14302","title":{"rendered":"Staatsdepartemente betaal nie dienstegelde in Matlosana nie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Plaaslike regering in Suid-Afrika is besig om in duie te stort. Agterstallige dienstegelde van munisipaliteite beloop al R86 miljard. Ek het reeds in 1997 gewaarsku dat die regeringsvlak wat gaan inplof, plaaslike regering gaan wees omdat dienstegelde nie betaal word nie. Dit is nou 16 jaar later en dit is besig om te gebeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Behalwe swak dienslewering weens onkundigheid en onbevoegdheid as gevolg van kaderontplooiing, bestaan daar &#8216;n kultuur van nie-betaling van dienstegelde. Hierdie kultuur is geskep deur die ANC se Civic-organisasies in die aanloop tot 1994. Die ANC-regering kon sedertdien nie daarin slaag om hierdie kultuur te omskep in &#8216;n verantwoordelike betalingskultuur nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering self stel die swakste voorbeeld van wanbetaling. In die Matlosana-munisipaliteit wat Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein insluit, is die uitstaande gelde vir elektrisiteit van staatsdepartemente tot einde Februarie amper R49 miljoen. Eskom wil nou die krag afsit vir Klerksdorp want hy betaal nie sy elektrisiteitsrekening nie. Die departemente van Openbare werke, Gesondheid, Onderwys en Vervoer betaal net eenvoudig nie. As die staat so swak voorbeeld stel, hoekom sal ander wanbetalers skielik besluit om te betaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die werklikheid is dat getroue betalers en die ekonomie van &#8216;n plek soos Klerksdorp tot stilstand kan kom as gevolg van die traag-my-nieagtige houding van die regering se staatsdepartemente.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek doen hiermee &#8216;n beroep op elke verantwoordelike minister om hulle departement ernstig aan te spreek om dadelik hulle rekeninge te betaal. Indien Eskom die kragtoevoer na Klerksdorp en sy omliggende woonbuurtes afsny, moet die mense weet dit is weens die laksheid van hierdie agbare ministers wat hier sit en niks doen nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Plaaslike regering in Suid-Afrika is besig om in duie te stort. Agterstallige dienstegelde van munisipaliteite beloop al R86 miljard. Ek het reeds in 1997 gewaarsku dat die regeringsvlak wat gaan inplof, plaaslike regering gaan wees omdat dienstegelde nie betaal word nie. Dit is nou 16 jaar later en dit is besig om te gebeur. Behalwe &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14302\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Staatsdepartemente betaal nie dienstegelde in Matlosana nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14302","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14302","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14302"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14302\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14302"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14302"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14302"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}