{"id":14280,"date":"2013-03-14T07:06:09","date_gmt":"2013-03-14T07:06:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14280"},"modified":"2013-03-14T07:06:09","modified_gmt":"2013-03-14T07:06:09","slug":"habemus-papam","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14280","title":{"rendered":"Habemus Papam!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" title=\"Pous soen dwelmslawe se voete\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/poussoen.jpg\" \/>Van &#8220;die einde van die aarde,&#8221; het die Katolieke Kerk &#8216;n verrassende nuwe leier Woensdag aangewys, &#8216;n pous van Argentini\u00eb, wat die naam Franciskus dra. Hy is &#8216;n herder, eerder as &#8216;n bestuurder om &#8216;n kerk en geloof in krisis te lei. Hy is die eerste Pous van die Nuwe W\u00eareld en die eerste nie-Europe\u00ebr sedert die Middeleeue.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroe\u00ebr Woensdag, met krete van blydskap uit die skare, onder &#8216;n see van sambrele, het wit rook &#8216;n paar minute na 19:00 geborrel uit die koperskoorsteen bo die Sistynse Kapel. &#8220;Habemus Papam!&#8221; &#8211; &#8220;Ons het &#8216;n pous!&#8221; &#8211; Hulle het gedreunsing terwyl die klokke in die St Petrus-basiliek en katedrale regoor Rome gebeier het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die basiliek is op Petrus se graf gebou, neffens die plek waar Nero hom laat doodmartel het. In 1506, onder pous Julius II, word die eeue-oue kerk gesloop en in 1626 is die nuwe St-Petrusbasiliek, &#8216;n mengvorm van Renaissance-en barokstyl, uiteindelik klaar. Om die koste van die gebou te dek verkoop die Kerk aflatings, &#8216;n praktyk wat in Duitsland sou lei tot die Protestantse Reformasie van Maarten Luther.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Duitsland het kanselier Angela Merkel sy aanwysing verwelkom en ges\u00ea dis verblydend dat hy uit Suid-Amerika kom. &#8220;Selfs ver buite die Katolieke vorm van geloof verwag mense &#8216;n rigtingaanwysing van hom &#8211; nie net in geloofskwessies nie, maar vir vrede, geregtigheid en die integriteit van die Skepping.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Merkel is die dogter van &#8216;n Lutherse pastoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kardinaal Jorge Mario Bergoglio, die aartsbiskop van Buenos Aires, wat byna sy hele loopbaan in Argentini\u00eb deurgebring het, is die eerste pous uit die Amerikas, die eerste Jesu\u00efet en die eerste Francis, vernoem na St Franciskus van Assisi, die nederige monnik wat sy lewe gewy het daaraan om die armes te help. Die laaste nie-Europese pous was Siri\u00eb se Gregorius III van 731-41.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuwe pous het skamerig aan die duisende wat in &#8216;n koue ysre\u00ebn gewag het, ges\u00ea. &#8220;Dit lyk asof my broers die kardinale &#8216;n man van die einde van die aarde gekies het, maar hier is ons. Dankie vir die verwelkoming.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Latyns-Amerikaners, wat 40 persent van die w\u00eareld se Katolieke uitmaak, was uitgelate met gille deur TV-aanbieders en baie trane van blydskap. In Buenos Aires het toeters weerklink.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is &#8216;n groot geskenk vir die hele Latyns-Amerika. Ons wag al 20 eeue. Dit was die wag werd,&#8221; s\u00ea Jose Antonio Cruz, &#8216;n Fransiskaanse monnik by die St Francis van Assisi kerk in Puerto Rico. &#8220;Almal van Kanada af na Patagoni\u00eb voel gese\u00ebnd.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As &#8216;n stryder vir die armes en die mees kwesbare onder ons, dra hy weer die boodskap van liefde en medelye wat die w\u00eareld vir meer as 2000 jaar ge\u00efnspireer het &#8211; sodat ons in mekaar, die aangesig van God sien,&#8221; het President Barack Obama in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die 266ste pous, erf Francis &#8216;n Katolieke kerk in &#8216;n krisis, gekenmerk deur seksmisbruikskandale, interne verdeeldheid en kwynende getalle in dele van die w\u00eareld waar die Christendom eers vir eeue sterk gestaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Latyns-Amerika steeds die grootste blok van Katolieke op &#8216;n enkele vasteland verteenwoordig, is die mededinging van aggressiewe evangeliese kerke in lande soos Brasili\u00eb kommerwekkend, waar die getal Katolieke van 74 persent van die bevolking gedaal het in 2000 tot 65 persent vandag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Katolieke gons steeds oor sy toespraak verlede jaar toe hy mede-kerk amptenare van skynheiligheid beskuldig het omdat hulle vergeet het dat Jesus Christus melaatses gewas het en saam met prostitute ge\u00ebet het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bergoglio se nalatenskap sluit in sy pogings om die reputasie van &#8216;n kerk wat baie volgelinge verloor het deur versuim om Argentini\u00eb se moorddadige 1976-1983 diktatorskap openlik uit te daag, te herstel. Sy eie rekord as die hoof van die Jesu\u00efete-orde in Argentini\u00eb is polities gelade.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder Bergoglio se leierskap, het Argentini\u00eb se biskoppe uitgereik na die mense en &#8216;n kollektiewe verskoning in Oktober 2012 vir die kerk se mislukkings om sy kudde te beskerm, aangebied. Maar die verklaring blameer die era se geweld in ongeveer gelyke mate op beide die junta en sy vyande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Bergoglio is baie krities oor menseregte oortredings gedurende die diktatorskap, maar hy het ook altyd kritiek op die linkse guerrilla, hy vergeet nie van die ander kant nie,&#8221; s\u00ea sy biograaf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vatikaan-woordvoerder, Federico Lombardi, ook &#8216;n Jesu\u00efet, het ges\u00ea hy was veral verstom deur die verkiesing gegewe die feit dat die Jesu\u00efete tipies posisies van gesag in die kerk vermy.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Van &#8220;die einde van die aarde,&#8221; het die Katolieke Kerk &#8216;n verrassende nuwe leier Woensdag aangewys, &#8216;n pous van Argentini\u00eb, wat die naam Franciskus dra. Hy is &#8216;n herder, eerder as &#8216;n bestuurder om &#8216;n kerk en geloof in krisis te lei. Hy is die eerste Pous van die Nuwe W\u00eareld en die eerste nie-Europe\u00ebr &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14280\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Habemus Papam!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":14279,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-14280","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14280","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14280"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14280\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/14279"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14280"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14280"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14280"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}