{"id":14258,"date":"2013-03-11T06:30:30","date_gmt":"2013-03-11T06:30:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14258"},"modified":"2013-03-11T06:30:30","modified_gmt":"2013-03-11T06:30:30","slug":"suid-amerika-se-mandela-hugo-chavez","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14258","title":{"rendered":"Suid-Amerika se Mandela: Hugo Chavez"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Hugo Chavez, die Nelson Mandela van Suid-Amerika, se dood het w\u00eareldwyd opslae gemaak. In sy eie land is inwoners verslae en hartseer oor die afsterwe van hul geliefde leier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Venezolaanse president het, voordat hy gesterf het, egter hardop gewonder of die Amerikaanse regering hom met &#8216;n kanker besmet het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Bietjie meer as &#8216;n jaar gelede, het Chavez aan Venezuela se openbare uitsaaier ges\u00ea: &#8220;Ek weet nie, maar &#8230; dit is baie vreemd dat ons gesien het Lugo geraak word deur kanker, Dilma toe sy &#8216;n kandidaat word, ek in &#8216;n verkiesingsjaar, nie so lank gelede nie Lula en nou Cristina &#8230; Dit is baie moeilik om te verduidelik, selfs met die wet van waarskynlikhede, wat daar gebeur het met sommige leiers in Latyns-Amerika. Dit is op die heel minste vreemd, baie vreemd. &#8220;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vreemd inderdaad &#8230; as jy dink dat Venezuela se Hugo Chavez, Brasiliaanse president Dilma Rousseff, Paraguay Fernando Lugo, en voormalige Brasiliaanse leier Luiz Inacio Lula da Silva &#8211; Latyns-Amerika se anti-Amerikaanse leiers &#8211; almal kanker onderlede het of gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is dit 100% seker dat die CIA Hugo Chavez vermoor het? Beslis nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit kon ook nie-regeringsorganisasies wees wat vir sekere belangegroepe werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fidel Castro se lyfwag, Fabian Escalante, beraam dat die CIA probeer het om die Kubaanse president &#8216;n verstommende 638 keer dood te maak. Die CIA se metodes van ontploffende sigare, toksiese stowwe geverf op Castro se duikpak, dodelike pille, giftige bakterie\u00eb in koffie, &#8216;n ontploffende sprekerspodium, skerpskutters, giftige vriendinne, en plofbare onderwater seeskulpe was maar van die vele.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die CIA se moordpogings teen Castro lees soos &#8216;n Tom en Jerry-spotprent, met die CIA as die moorddadige onbekwame kat, en die Kubaanse president as &#8216;n slim en baie gelukkige muis. Sommige mag dalk selfs argumenteer dat Castro se oorlewing, in die aangesig van 638 sluipmoordpogings deur die w\u00eareld se grootste mag, El Presidente se kommunistiese ate\u00efsme uiteindelik verkeerd bewys, en dat God, of minstens &#8216;n beskermengel, oor &#8220;ongelowige Castro&#8221; waak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teologie ter syde, is die CIA se eindelose pogings om Castro vankant te maak, sekerlik genoeg bewys dat die Amerikaanse owerhede nie sal stuit in hul pogings om hul Latyns-Amerikaanse vyande te vermoor nie. Mandela het sy lang lewe waarskynlik te danke aan sy bereidwilligheid om as pion op te tree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">John Perkins het in sy blitsverkoperboek Confessions of an Economic Hit Man, voldoende bewyse verskaf dat bankiers gereeld moorde re\u00ebl deur gebruik te maak van private agente asook CIA-sluipmoordenaars.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Perkins was self &#8216;n &#8220;ekonomiese sluipmoordenaar,&#8221; en het eerstehandse kennis opgedoen oor byvoorbeeld hoe die groot internasionale bankiers in Latyns-Amerika en elders optree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Perkins se werk was om leiers in die buiteland te besoek en hulle te oorreed om lenings te aanvaar wat nooit terug betaal sou kon word nie. Hoekom? Die bankiers wil lande dwing in skuldslawerny. Wanneer die land bankrot gaan, gryp die bankiers die land se natuurlike hulpbronne en kry volle beheer oor die regering en die ekonomie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Perkins sou &#8216;n geteikende land se leier ontmoet en s\u00ea: &#8220;Ek het &#8216;n vuis vol honderddollarnote in die een hand en &#8216;n koe\u00ebl in die ander. Wat wil jy h\u00ea?&#8221; As die man Perkins dan uitjaag uit sy kantoor, het hy outomaties op die moordlys gekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die agente wat gehuur word vir die sluipmoorde, is die w\u00eareld se duurste en mees bekwame professionele moordenaars. Hulle werk op kontrak &#8211; soms vir die CIA, soms vir die bankiers, en soms vir welvarende privaat individue. Dit kan &#8216;n vliegtuig wees wat neerstort, of siekte, of &#8216;n motorongeluk wees, solank dit &#8220;natuurlik&#8221; lyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is nie net spekulasie nie. John Perkins ken eintlik &#8216;n paar van hierdie professionele moordenaars persoonlik. En hy het getuig oor hul moorde op van die Latyns-Amerikaanse leiers. Confessions of an Economic Hit Man word juis gewy aan Perkins se vermoorde vriende Gen. Torrijos van Panama en President Jaime Roldos van Ecuador. Beide is vermoor weens hul weiering om afgedreig te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hoe veroorsaak hulle kanker in hul slagoffers? Jack Ruby (n\u00e9e Jack Rubenstein), &#8216;n bendelid wat homself &#8216;n professionele moordenaar genoem het, en wie se laaste moord op JFK-moordenaar Lee Harvey Oswald in die kelder van die Dallas Police Department was, het gesmeek om na Washington geneem te word om die ware verhaal van die JFK-moord te openbaar. Maar in plaas daarvan het hy in die tronk gesterf, van &#8216;n skielike en geheimsinnige kanker, voordat hy kon openbaar wat hy geweet het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Het die sluipmoordenaars al ooit probeer om Latyns-Amerikaanse leiers met kanker dood te maak? Die antwoord is &#8216;n onomwonde &#8220;ja.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Edward Haslam se boek Dr Mary Monkey&#8217;s bevestig wat JFK-aanklaer Jim Garrison vroe\u00ebr beweer het: David Ferrie, een van President Kennedy se moordenaars, het omvattend ge\u00ebksperimenteer met die kankervirusse vir die CIA in sy groot tuislaboratorium. Die doel: Om Fidel Castro en ander Latyns-Amerikaanse leiers kanker te gee. (Ferrie is vermoor voordat hy kon getuig in die hof oor sy rol in die JFK-sluipmoord.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ch\u00e1vez was dalk hul jongste slagoffer. Hy het twee jaar in die tronk deurgebring voordat oudpres. Rafael \u00adCaldera hom kwytgeskeld het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Chavez was &#8216;n 38-jarige valskerm\u00adoffisier toe hy in 1992 &#8216;n mislukte staatsgreep gelei het om die regering van oudpres. Carlos Andr\u00e9s \u00adP\u00e9rez omver te werp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat hy oorgegee het, is Ch\u00e1vez toegelaat om sy landgenote in &#8216;n regstreekse TV-uitsending toe te spreek waar hy belowe het om terug te keer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 seun van twee onderwysers het hom as 17-jarige by die weermag van Venezuela aangesluit en later &#8216;n graad in milit\u00eare wetenskap en ingenieurswese verwerf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy revolusion\u00eare beweging is die Movimiento Bolivariano Revolucionario 200 (MBR-200), vernoem na \u00adSim\u00f3n \u00adBol\u00edvar, die vader van Suid-Amerikaanse onafhanklikheid van Spanje.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Venezuela se naam is ook amptelik verander na die Bolivar Republiek van Venezuela nadat Chavez aan bewind gekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het die oliebedryf genasionaliseer en geld in die sosiale hervormingsprojekte, geletterdheidsveldtogte, gesubsidieerde voedselprogramme en grondhervorming gekanaliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die armes was Chavez daarom &#8216;n held.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kuba se oudpres. Fidel Castro was sy mentor en inspirasie en pres. George W. Bush het hy as &#8220;die duiwel&#8221; beskryf. Kapitaliste was volgens hom, &#8220;die rede waarom lewe op Mars dood is&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Buiten Castro het hy bande met kol. Moeammar Ghaddafi van Libi\u00eb, pres. Robert Mugabe van Zimbabwe en oudpres. Saddam Hoesein van Irak gesmee, asook Iran, Rusland en China.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hugo Chavez, die Nelson Mandela van Suid-Amerika, se dood het w\u00eareldwyd opslae gemaak. In sy eie land is inwoners verslae en hartseer oor die afsterwe van hul geliefde leier. Die Venezolaanse president het, voordat hy gesterf het, egter hardop gewonder of die Amerikaanse regering hom met &#8216;n kanker besmet het. &#8216;n Bietjie meer as &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14258\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Suid-Amerika se Mandela: Hugo Chavez&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[],"class_list":["post-14258","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14258","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14258"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14258\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14258"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14258"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14258"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}