{"id":14252,"date":"2013-03-11T04:55:36","date_gmt":"2013-03-11T04:55:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14252"},"modified":"2013-03-11T04:55:36","modified_gmt":"2013-03-11T04:55:36","slug":"max-help-etniese-sa-skep","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14252","title":{"rendered":"Max help etniese SA skep"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die grootste taalgroep in Kenia is die Kikuyu, en hulle leier Uhuru Kenyatta is nou die President van die land.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In alle Europese lande behoort die politieke mag ook aan verteenwoordigers van die dominante taalgroep. Europese lande se grense maak van hulle taalstate of etniese &#8220;stamstate&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net so in Suid-Afrika is die tradisioneel Zoeloesprekende Jacob Zuma nou die Staatspresident.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar sonder Max du Preez se politieke aksies teen apartheid &#8211; ook &#8216;n sisteem van taal- en stamstate &#8211; sou &#8216;n tradisionele Zoeloe nie vandag Suid-Afrika soos &#8216;n taal- of stamstaat regeer het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC wat met die NP-onderhandel het, en die ANC wat in 1994 die bewind van Suid-Afrika oorgeneem het, was destyds nie gelei deur Zoeloe-sprekendes nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel die ANC aanvanklik tydens sy stigting en daarna gelei is deur Zoeloesprekendes as die meerderheidstaalgroep van Suid-Afrika, het hierdie Zoeloe-groep verdeeld geraak toe die jong Prins Mangasuthu Buthelezi uit die ANC-jeugliga is, en Inkhata gestig het met ondersteuning van Westerlinge. Met die Zoeloesprekendes verdeeld, het ander taalgroepe en belangegroepe binne en buite Suid-Afrika die ANC gelei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Totdat Jacob Zuma die meerderheid Zoeloesprekendes weer verenig het binne die ANC, deur meeste Inkhata ondersteuners van &#8216;n ouer Butelezi terug na die ANC se kant toe oor te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe het Jacob Zuma dit reggekry, behalwe deur vele tradisionele Zoeloedanse, tradisionele Zoeloetroues, tradisionele Zoeloegesegdes en tradisionele Zoeloegesange?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jacob Zuma se meteoriese opgang in die ANC, is direk te danke aan Max du Preez.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voor die Vrye Weekblad was die nederige beeswagter Jacob Zuma na die landelike en agterlike Zambie gepos, terwyl die ANC se intellektuele topleiers soos Tambo en Thabo in die metropolitaanse Londen vertoef het en van hoogs beskaafde Engelse letterkunde geleer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen 1989 was Max du Preez en Jaques Pauw se Vrye Weekblad bankrot, en &#8216;n aardskuddende joernalistieke &#8220;scoop&#8221; was noodsaaklik om hulle honger mae te voed. Geen staat op aarde wou die Vrye Weekblad help met hulle fantastiese Vlakplaas-moordplaas-apartheidsgruwelstorie, deur vir Dirk Coetzee beskerming te bied nie, en hom uit Suid-Afrika onder die oe van die dodelike intelligensiedienste uit te smokkel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die nederige Jacob Zuma het persoonlik die risiko geloop en geleentheid gebruik om Max en Jacques te help met hulle onoplosbare dilemma &#8211; hoe om Dirk Coetzee se lewe te waarborg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanuit Zambie het Jacob Zuma in die geheim &#8211; sonder medewete of goedkeuring van die Zambiese regering &#8211; soos &#8216;n intelligente masjien gewerk om al die nodige polities-sensitiewe en lewensgevaarlike sake rondom Dirk Coetzee te reel. Die uiteinde?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jacob Zuma lewer vir Dirk Coetzee in lewende lywe in Londen af. Die Vrye Weekblad se internasionale &#8220;scoop&#8221; in 1989 beteken die begin van die einde van die Afrikanerstaat se militere mag. &#8216;n Paar maande later hou FW sy 1990 toespraak in die morele realiteit van: hier staan ek, ek kan nie meer anders nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC het begin onderhandel, want die NP se morele staatsmag is wereldwyd aangetas, en die NP het nie meer &#8216;n skoon staat om op te staan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr Mandela fokus die ANC se magstrategie op die Zuma-, Du Preez- en Coetzeespan se ontblote immoraliteit van die NP se staatsmag, en FW moet daardie magte ontbind. Daarmee is die moontlikheid van &#8216;n militere staatsgreep verminder, en so ook die NP se magsposisie tydens onderhandelinge. Die res is geskiedenis, soos opgeteken deur Professor Hermann Giliomee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So was Jacob Zuma saam met Max du Preez verantwoordelik vir die mees ondermynende nuusstorie teen die apartheidstaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groot sukses van die pers-operasie en die gevolge daarvan, het aan Jacob Zuma hogere aansien en gesag binne die ANC verleen, soveel so, dat hy in 1990 by onderhandelinge met die Afrikaner-regering betrek is, vir Mandela se verkiesingsveldtogte in Kwazulu-Natal gebruik is, en later Adjunk-President van Suid-Afrika geword het. Vanuit hierdie posisie &#8211; die hoogste van &#8216;n Zoeloe in die hele land &#8211; het Thabo Mbeki met groot sielewroeging vir Zuma ontmagtig, met die wete dat dit &#8216;n politieke risiko inhou in &#8216;n land waar Zoeloesprekendes oor die algemeen, en inwoners van Kwazulu-Natal in die besonder, die meerderheidsgroep in Suid-Afrika vorm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Idees het gevolge. Die Vrye Weekblad se internasionale &#8220;scoop&#8221; -idee het daartoe gelei dat Suid-Afrika binne 15 jaar vanaf Londen-ANC-oorname, &#8216;n tradisionele Zoeloe-Staatspresident gekry het. Zuma was nie binne die opvolgplanne van menere Mandela of Mbeki nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Zambiese kamp, vanwaar Jacob Zuma deur middel van Vrye Weekblad &#8216;n deurslaggewende politieke slag teen Pretoria geslaan het, was daar geen staatsjurisdiksie nie, ook nie eens die van Zambie nie. Die ANC as &#8220;soewereine&#8221; party het self strawwe vir kriminele oortredings soos verkragting in die kamp uitgedeel. So is op &#8216;n keer 6 maande van manlike MK-lede aldaar se salaris afgetrek, nadat &#8216;n minderjarige meisie gekla het oor verkragting.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens haar eie memoirs &#8211; soos bespreek in &#8216;n Suid-Afrikaanse hof in die saak tussen die Staat en Jacob Zuma, na &#8216;n aanklag van verkragting &#8211; was die klaagster, Khwezi, verskeie kere as minderjarige verkrag. Khwezi was nie &#8216;n ANC-kampprostituut nie, maar het wel in banneling-kampe met vele enkellopende jong mans vertoef, ook die Zambiese kamp, waar sy Jacob Zuma die eerste keer ontmoet het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hierdie kampe, ook binne in die staat van Zambie waar Jacob Zuma saam met Vrye Weekblad gewerk het, was daar geen grondwetlike regstelsel nie. Kriminele gruwelgebeurtenisse aldaar, het dus nooit dieselfde politieke skade aan die ANC-party veroorsaak, as die wat destyds binne apartheid-Suid-Afrika as regstaat plaasgevind het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom het die ANC as non-staat-entiteit op die duur die assimetriese MK-oorlogvoering-, en gepaardgaande perspropagandastryd teen die Afrikanerstaat gewen: kriminele seksdade in ANC-kampe het nooit die wereldnuus oorheers nie. Vanuit so &#8216;n kampie in Zambie waar jong dames soos Khwezi MIV opgedoen het &#8211; waarskynlik weens verkagtings, of omgang met baie mans &#8211; het &#8216;n intelligente Jacob Zuma egter met behulp van &#8216;n arm Max du Preez en die bankkrot Vrye Weekblad, die morele hoe grond van &#8216;n staatsmoondheid vernietig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2005 het persberigte van dieselfde Khwezi se verkragtingsklag teen Jacob Zuma ook gedreig om laasgenoemde se morele hoe grond en politieke loopbaan te vernietig. De saak bevestig die verskil in media-reaksie tussen beweerde kriminaliteit in &#8216;n staat en in &#8216;n non-staat. Terwyl Jacob Zuma deel van &#8216;n staat was, was die perspublisiteit rondom Khwezi se beweerde verkragting internasionaal. Terwyl dieselfde Jacob Zuma deel was van &#8216;n non-staat kamp in Zambie, was daar geen perspublisiteit rondom &#8216;n toe nog minderjarige Kwhezi se beweerde verkragting aldaar nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Verdere voorbeeld van verskil tussen staat en non-staat is die mediadekking rondom die oorlede Mosambieker wat deur die Suid-Afrikaanse staatspolisie oor die pad gesleep is, versus die publisiteit van bloedige plaasmoorde op die platteland, waar die moordenaars nie staatsamptenare is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die platteland self is ook nie staatsgebied nie, maar randgebied waar die staat se kostes per kapita om barbarisme te bestry baie hoeer is as in die stede van dieselfde staat, met die gevolg dat die staatspolisiering op die platteland swakker is, of in die praktyk nie bestaan nie. Die platteland is dan &#8216;n non-staatgebied, net soos in Zambie se afgelee ANC-kamp waar Jacob Zuma die eerste keer vir Khwezi ontmoet het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat die hof Zuma onskuldig bevind het op die beweerde verkragting van Khwezi in die staat van Suid-Afrika, het Zuma se politieke mag in veral Kwazulu-Natal toegeneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir baie Zoeloe-sprekendes was dit bekend dat President Mbeki, &#8216;n Xhosa, se Minister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, met Khwezi gekommunikeer het, voordat sy die aanklag van aanranding teen Jacob Zuma by die polisie ingedien het. Ook was dit bekend dat dieselfde Mbeki, nooit klagtes van verkragting van &#8216;n toentertyd minderjarige Khwezi laat ondersoek het, terwyl sy saam met Zuma in die ANC se manskamp in Zambie gewoon het nie<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers nadat Zuma se meteoriese opgang in die ANC se NOK in 1989 begin het, danksy Max du Preez, Dirk Coetzee en die Vrye Weekblad, het Khwezi se herhaaldelike verkragtingsklagtes binne die ANC, vir Mbeki se Minister van Intelligensie genoop om die regterlike staatsgesag sy gang te laat gaan, sodat dit vir Zuma tot &#8216;n staatshof kon daag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma se verdediging het egter vir Khwezi onder kruisverhoor geneem, en dekades se inligting het aan die lig gekom, van &#8216;n jong Khwezi se kennismaking met Zuma in die Zambiese manskamp pre-1989, en die res van haar tragiese sekslewe binne die ANC.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Khwezi se vader was &#8216;n politieke aktivis wat saam met Jacob Zuma op Robbeneiland was. Dit was waarskynlik haar vader se politieke aktivisme wat Khwezi van kleins af blootgestel het, en laat belangstel het, in die politiek van jongs mans in verafgelee kampe sonder staatsjurisdiksies en polisiebeskerming. Sy het van jongs af die kampe besoek, en MIV-positief geraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Max du Preez het &#8216;n paar jaar gelede die nuushooftrekke gehaal toe hy vir President Mbeki &#8216;n veelwyweraar genoem het. Max het gereken almal het in elk geval geweet dat Mbeki &#8216;n getroude rokjagter was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die grootste nuus was Max in sy lewe gemaak het, was saam met Jacob Zuma &#8211; toe nog &#8216;n nederige intelligensie-beampte in Zambie. Daardie nuus in die Vrye Weekblad, het die apartheidstaat dodelik gewond, en vir Zuma tot in die ANC se NOK verhef. Met die suksesvolle werwingswerk wat Zuma as tradisionele Zoeloe vir die ANC in &#8216;n verdeelde Kwazulu-Natal gedoen het, is hy tot in die tweede hoogste posisie van die ANC en die staat geplaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na die Khwezi-verkragtingssaak, het die Polokwane-rewolusie gevolg, is Mbeki as staatspresident herroep, en het President Jacob Zuma die land se leisels oorgeneem. Nou is Suid-Afrika normaal, soos Kenia, met die taal van die hoogste gesag van die land, verteenwoordigend van die taalmeerderheidsgroep. China het die uitkoms van demografiese demokrasie van state in Afrika al vroeer so ingesien en daarvolgens Afrika-beleid bepaal, maar die demokratiese Weste, wat ook op daardie beginsel gebasseer is, het nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die grootste taalgroep in Kenia is die Kikuyu, en hulle leier Uhuru Kenyatta is nou die President van die land. In alle Europese lande behoort die politieke mag ook aan verteenwoordigers van die dominante taalgroep. Europese lande se grense maak van hulle taalstate of etniese &#8220;stamstate&#8221;. Net so in Suid-Afrika is die tradisioneel Zoeloesprekende Jacob &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14252\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Max help etniese SA skep&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-14252","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14252","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14252"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14252\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14252"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14252"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14252"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}