{"id":14233,"date":"2013-03-06T04:23:11","date_gmt":"2013-03-06T04:23:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14233"},"modified":"2013-03-06T04:23:11","modified_gmt":"2013-03-06T04:23:11","slug":"om-anders-oor-die-lewe-na-te-dink","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14233","title":{"rendered":"Om anders oor die lewe na te dink"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Kom ons veronderstel dat daar \u0149 land met die naam Dystopia is wat bestaan uit \u0149 heersersklas en miljoene onderdane waaroor die heersers met \u0149 ysterhand regeer. Die heersersklas het \u0149 sekere ideologie wat hulle gebruik om hul heerskappy oor hul onderdane mee te regverdig. Een van die kenmerke van die ideologie is dat dit \u0149 sekere ideaal aan hul onderdane voorhou waarna almal van hulle behoort te strewe. Daar word van hulle verwag om sekere van hul basiese vryhede en plesiere op te offer, sodat die verwesenliking van die ideaal makliker en vinniger kan plaasvind. Die lede van die heersersklas het m\u00e9\u00e9r geriewe, geleenthede en vryhede as hul onderdane, maar selfs h\u00falle het sekere gedragskodes wat hulle behoort na te volg. Hulle moet byvoorbeeld die opdragte van hul leiers sonder te\u00ebspraak uitvoer en ten minste in die openbaar, optree volgens die streng vereistes van die heersende ideologie. Die miljoene onderdane word vreesbevange gehou, beide deur hul eie medeburgers wat op hulle spioeneer \u00e9n deur \u0149 sterk polisiemag. Indien enige van hulle dit sou waag om die geldigheid van die ideologie te betwyfel of om te weier om getrou die wette van die staat te gehoorsaam, word hulle daaraan herinner dat hulle moet ophou om so selfsugtig te wees en dat hulle die welsyn en &#8220;vooruitgang&#8221; van die bre\u00eb samelewing altyd in gedagte behoort te hou. Goeie voorbeelde vanuit die onlangse geskiedenis was natuurlik Nazi Duitsland van die vroe\u00eb twintigste eeu, die ou Sowjetunie en die huidige Rooi-Sjina.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is verskeie metodes wat die heersersklas kan gebruik ten einde te verseker dat hul onderdane sal voortgaan om die staat se ideologie klakkeloos te aanvaar. Terwyl hulle aan die een kant \u0149 sterk polisiemag of \u0149 skrikbewind met gepaardgaande gewelddadige optredes kan gebruik, kan hulle aan die ander kant d.m.v. hul gedurige propaganda in koerante, op die TV en radiostasies, sorg dat hul onderdane die ideologie meer geredelik sal navolg. Hulle kan selfs films en ander sogenaamde vermaak gebruik om sekere woorde en dade van die akteurs as navolgenswaardig voor te hou. Naderhand sal hul onderdane die &#8220;gewillige slawe&#8221; wees van hul heersers en sal hulle selfs nie eens besef dat hulle weinig vryhede meer het nie. Hulle sal die heersende ideologie aanvaar as die enigste &#8220;redelike&#8221; rigtinggewende maatstaf vir hul eie gedrag. Vervolgens sal hulle dit nie eens oorweeg om anders oor die doel en betekenis van hul lewens na te dink nie. Dit sal daarna vir die heersers ook nie meer nodig wees om hul onderdane gewelddadig te onderdruk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Min mense besef deesdae dat hedendaagse &#8220;Westerse&#8221; demokrasie\u00eb soos bv. die Verenigde State van Amerika, die Verenigde Koninkryk en selfs die Nuwe Suid-Afrika, in sekere opsigte baie soortgelyk is aan die bogenoemde onderdrukkende eenparty-diktature. Kiesers in demokrasie\u00eb aanvaar dikwels klakkeloos sekere lewenswaardes wat aan hulle voorgehou word. Die keuses wat aan hulle voorgehou word betreffende lewensbelangrike politieke kwessies, is soms baie beperk. Die twee grootste politieke partye in die bogenoemde drie lande stem dikwels saam oor belangrike kwessies, terwyl hul leiers in die openbaar met mekaar debatteer oor onbenullighede. In die VSA is leiers van beide die Demokratiese en Republikeinse Partye, uitgesproke ondersteuners van die regering van Israel, terwyl hulle \u0149 &#8220;laissez faire&#8221; houding het jeens die instroming van onwettige immigrante vanuit veral Meksiko. Die leiers van die twee grootste partye in die VK &#8211; die Arbeidersparty en die Konserwatiewe Party, het die VSA se oorlogsverklarings teen Irak en Afghanistan, &#8220;soos-een-man&#8221; ondersteun. In Suid-Afrika ondersteun baie leiers van die ANC en die DA die regering se verklaarde beleid t.o.v. &#8220;Regstellende&#8221; Aksie, Swart Bemagtiging en selfs toenemende grondgrype (grondhervorming). Die hoofstroom media in hierdie drie lande is in die besit van \u0149 klein groepie super ryk eienaars wat gevolglik \u0149 geweldige invloed uitoefen op die uitslae van &#8220;demokratiese&#8221; verkiesings.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten einde gesag te verleen aan hul boodskap het baie Afrikaanse predikante met die woorde &#8220;So spreek die Here&#8221; voorgegee dat hulle namens God praat. Die Rooms-Katolieke Kerk het gedurende die Donker Eeue hul onderdane vreesbevange, ongeletterd en &#8220;dom&#8221; gehou deur bv. die Bybel slegs in Latyn aan hulle beskikbaar te stel en slegs biskoppe en priesters toe te laat om die Bybel op \u0149 sekere manier aan kerklidmate te verduidelik en te interpreteer. Baie &#8220;afvalliges&#8221; is op gewelddadige wyses gedwing om die heersende godsdienstige &#8220;ideologie&#8221; van die kerk te aanvaar. Deesdae gebruik die (ware) heersers van Westerse demokrasie\u00eb die begrip &#8220;politieke korrektheid&#8221; om mense se lewenswaardes en denke in \u0149 sekere rigting te kanaliseer. Die ge\u00efndoktrineerde onderdane word oningelig gehou aangaande die invloed van die ware maghebbers &#8220;agter&#8221; die openbare politici, deur hul aandag gedurig te fokus op vermaaklikheidskunstenaars se doen en late en op die nuutste sportgebeure. Sommige kerkleiers moedig hul lidmate dikwels aan om regeringsleiers as &#8220;bondgenote&#8221; te beskou met wie hulle behoort saam te werk om die maatskaplike probleme in die land op te los. \u0149 Persoon wat dus onnadenkend van kleins af die heersende ideologie van die staat en die dogmas van die kerke navolg, word deur baie regerings- en kerkleiers as \u0149 &#8220;goeie&#8221; en navolgenswaardige mens voorgehou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die verlede het rewolusion\u00eare groepe hul boodskap aan die massas oorgedra d.m.v. massavergaderings, pamflette en koerante. Hulle het die huidige regerings geblameer vir die swaarkry van die meeste inwoners van die land en het ywerig hierdie propagandaboodskap aan andere oorgedra. In die Weimar Republiek het die Nazi&#8217;s hoofsaaklik die Jode beskuldig vir die Duitsers se swaarkry, terwyl die Bolsjewiste die Tsaar en sy ondersteuners geblameer het vir die Russe se swaarkry. Dis moontlik dat daar magte &#8220;agter die skerms&#8221; was wat hierdie rewolusion\u00eare groepe gefinansier het en selfs gesorg het dat hulle genoeg wapens en ammunisie kon aanskaf. Daar was in beide lande dus \u0149 klein groepie aktiviste wat doeltreffende metodes gebruik het om miljoene ander mense te be\u00efnvloed en gevolglik die vorige regimes te vervang met \u0149 onderdrukkende eenparty-diktatuur. Nie-rewolusion\u00eare politieke partye en organisasies wat die ondersteuning geniet van die eienaars van TV-kanale, radiostasies of dagblaaie, het gewoonlik \u0149 groter kans om sukses te behaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gestel ek bevind myself binne-in die bogenoemde denkbeeldige land Dystopia waar die meeste mense &#8220;goeie&#8221; burgers van die staat is en onnadenkend die heersende ideologie ondersteun. Gestel ek besef dat die heersersklas ni\u00e9 die welsyn van hul onderdane in ag neem nie en dat hulle slegs die ideologie gebruik om hul onderdane mee te mislei. Gestel ook verder dat ek besef dat die meeste onderdrukte onderdane emosioneel sal reageer teenoor enigiemand wat die geldigheid van hul lewensbeskouing sou betwyfel. Ek besluit egter dat ek \u0149 bydrae wil lewer tot die verbetering van ten minste sommige mense se lewenskwaliteite. Ek beskik oor oorgenoeg inligting aangaande die wandade van die heersersklas en die geleidelike vermindering van die meeste mense se vryhede en agteruitgang van hul lewensomstandighede. Daar is wel \u0149 internet beskikbaar waarop ek my inligting kan plaas en waartoe die meeste mense toegang het. Hoe sal ek te werk gaan om die inligting aan andere oor te dra?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek kan dit miskien oorweeg om iets onwettigs in die openbaar te doen ten einde die publiek se aandag te trek. Voordat ek sou besluit om gewelddadig op te tree deur \u0149 terroriste-daad te pleeg, moet ek besef dat die kanse goed gaan wees dat die meeste mense daarna ontsteld sal wees daaroor en dat ek in die tronk kan beland. Ek kan \u0149 (ondergrondse?) beweging stig en probeer om soveel as moontlik lede te werf, of ek kan probeer om ten minste \u0149 klein groepie mense te bereik met my boodskap. In albei laasgenoemde gevalle moet ek nog steeds \u0149 manier vind om my boodskap aan mense oor te dra deur individueel met elkeen te gesels en\/of my boodskap op die internet te versprei. Ek weet dat die oorgrote meerderheid dit nie eens naastenby sal oorweeg om my boodskappe op die internet te lees nie. Ek besef uiteindelik dat daar weinig kanse is dat ek en my ondersteuners die regering omver sal werp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is egter verbasend dat daar w\u00e9l mense binne onderdrukkende eenparty-diktature is wat bereid is om die geldigheid van amptelike ideologie\u00eb te betwyfel. Dit dui daarop dat daar tog \u0149 mate van &#8220;vrye wil&#8221; en uniekheid by mense teenwoordig is wat dalk ni\u00e9 volledig afhanklik is van die oorweldigende invloed van hul lewensomstandighede of selfs van hul gene of DNS nie. Kan dit wees dat mense wel \u0149 onsterflike siel het wat \u0149 vonk van vrye wil binne-in hulle laat ontstaan \u2013 \u0149 vonk wat hulle lateraan laat besef dat die lewe tog op die ou end nie die moeite werd is as mens geen vrye denke het of jou skeppingsvermo\u00eb kan gebruik om die lewe vir jouself en andere meer interessant en betekenisvol te maak nie? Die Griekse filosoof Sokrates het tereg duisende jare gelede by sy verhoor ges\u00ea: &#8220;An unexamined life is not worth living&#8221; &#8230;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kom ons veronderstel dat daar \u0149 land met die naam Dystopia is wat bestaan uit \u0149 heersersklas en miljoene onderdane waaroor die heersers met \u0149 ysterhand regeer. Die heersersklas het \u0149 sekere ideologie wat hulle gebruik om hul heerskappy oor hul onderdane mee te regverdig. Een van die kenmerke van die ideologie is dat dit &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14233\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Om anders oor die lewe na te dink&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-14233","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14233","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14233"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14233\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14233"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14233"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14233"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}