{"id":14189,"date":"2013-02-24T09:12:30","date_gmt":"2013-02-24T09:12:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14189"},"modified":"2013-02-24T09:12:30","modified_gmt":"2013-02-24T09:12:30","slug":"daar-is-te-veel-afrikanerleiers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14189","title":{"rendered":"Daar is te veel Afrikanerleiers!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Hoeveel keer het ek nie al die klagte moes aanhoor nie: Die Afrikaners het geen leier nie. Soos ek nou die dag getwiet het, is die probleem eerder een van: <em>Too many chiefs and too few Indians.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar gaan nie \u2018n week verby dat nog iemand hom nie aanmeld as Afrikanerleier of -orakel nie. Trouens, elke Naspersjoernalis wat in Beeld of Rapport skryf, is van mening dat hy op grond van sy blootstelling aan Britse en Amerikaanse propaganda die w\u00eareld so volmaak begryp, dat hy ewe seer as orakel kan optree. Tans praat die Nasperskoerante vir Mamphela Ramphele aan, as hulle nie steeds vir Helen Zille as die volmaakte Afrikanerleidster voorhou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar bestaan \u2018n horde Afrikaanse organisasies en steeds word nuwes gestig. Elkeen het een of ander siening van die politiek en is oortuig dat die oplossing \u00f3f \u2018n volkstaat naby sy eie plaas of voorstad is \u00f3f om \u2018n nuwe privaat- Afrikaanse universiteit te begin. S\u00f3 hardloop ons soos \u2018n klomp afkophoenders op die veld rond terwyl ons vyande net meer en meer punte teen ons aanteken. Party wil die ANC opponeer met woorde soos in die DA of selfs met wapengeweld (sonder wapens, byges\u00ea). Ander wil weer met die ANC saamwerk sonder dat hulle besef dat die ANC tans geen rede het om met ons saam te werk nie omdat hulle reeds die vernaamste magsinstrumente ingepalm het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis \u2018n hele deurmekaarspul en daar is geen rigting of beleid nie. Ons voorouers het baie duidelike beleid gehad en daarom was hulle polities, ekonomies en milit\u00ear suksesvol. Ek praat nou van die vorige twee eeue toe ons konstant met Brittanje en selfs die Sowjetunie in stryd was. Dis net op propagandagebied waar hulle \u2018n groot loesing ontvang het, waarna alles soos \u2018n kaartehuis inmekaar gestort het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die huidige probleem is nie een van leierskap nie, dis \u2018n gebrek aan denke. Sonder denke het \u2018n mens geen insig nie en kan jy ook geen beleid formuleer en toepas nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eintlik is daar net twee begrippe wat vir ons belangrik moet wees: soewereiniteit en identiteit. Vir ons voorgeslagte het alles daarom gegaan: om hul vryheid en onafhanklikheid te verkry en om die Afrikaanse taal en kultuur uit te bou. Vandat mnr. De Klerk op die toneel verskyn het en Koos Bekker beheer oor Naspers verkry het, is hierdie twee begrippe egter vervang met die Anglo-Amerikaanse dogmas van multikulturalisme, integrasie, \u201cnasiebou\u201d, globalisme en dergelike meer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">FW de Klerk is \u2018n volslae sikofant. Dieselfde geld vir Bekker en die horde dom joernaliste wat in sy koerante skryf of op sy TV-kanale verskyn. Hulle dink dat Suid-Afrika die een-en-vyftigste staat van Amerika is en dat die soort multikulturele idille wat in Hollywoord-rolprente vir ons uitgebeeld word, die werklikheid is. Ons moet net polities korrek wees en dan het ons \u2018n briljante toekoms.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die resultaat van hierdie rampspoedige gebrek aan helder of analitiese denke is die feitlik sadistiese toestand van wanorde waaronder Afrikaners vandag moet leef. So pas het een van ons PRAAG-rubriekskrywers, Joseph Secr\u00e8ve, op ons Engelstalige blad \u2018n stuk gepubliseer: <a href=\"http:\/\/praag.org\/?p=3972\" target=\"_blank\">The West\u2019s slippery slope to sadism<\/a> waarin hy aantoon hoe ons eintlik soos slawe of aangehoudenes al gekondisioneer is om die uiterste geweld en onvryheid te aanvaar!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Nuwe Suid-Afrika is \u2018n groteske sielkundige eksperiment wat op siek en patologiese gedrag uitgeloop het. Dis net hier op PRAAG wat u dit sal lees, want ons dink onafhanklik en wetenskaplik oor die Afrikaner se haglike situasie. Trouens, ek verstout my om te s\u00ea dat PRAAG reeds \u2018n intellektuele en politieke beweging verteenwoordig waarvan die invloed ver buite ons landsgrense gevoel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moontlik was mnr. De Klerk \u2018n goeie leier, want soos die fluitspeler van Hamelin het hy sy volgelinge verblind en hulle gelei na \u2018n onbekende plek waar duisende mense doodgemaak sou word en waar mense van hul eiendom op allerlei maniere \u2013 hetsy wettig, hetsy onwettig \u2013 beroof sou word. Tensy hy kwaadwillig en self \u2018n sadis was wat ons net wou laat seerkry, het hy dit vanwe\u00eb gebrekkige denke gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Leierskap kan goed \u00f3f sleg wees, afhangend van die denke wat dit onderl\u00ea. Uit ons onlangse geskiedenis moet dit vir elkeen helder wees. Niks is so gevaarlik soos \u2018n goeie leier met slegte idees nie!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die groot verloorder van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, is die Afrikaner van alle mag en invloed gestroop. Daar is tans \u2018n triljoen rand se bates wat deur die Openbare Beleggingskommissaris bestuur word: aandele in openbare maatskappye (Telkom, Eskom, Transnet, die Landbank, ens.) en bates van die staatspensioenfondse. \u2018n Groot deel daarvan is deur Afrikaners geskep en het aan hulle behoort voordat mnr. De Klerk dit met \u2018n pennehaal weggeteken het. Dit is egter maar \u2018n geringe deel van alles wat ons verloor het: skole, universiteite, grond, die Weermag wat ons moes beskerm, munisipale bates. En natuurlik veiligheid en selfrespek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het nie die getalle om by die stembus enige invloed uit te oefen nie en mev. Zille se lekkergeloof dat die DA in 2019 of 2024 of 2029 of iewers as die perde horings kry gaan regeer, is net d\u00edt: \u2018n lekkergeloof, \u2018n illusie waaraan ons arme mense vasklou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het ook nie wapens om soos die Sloweni\u00ebrs \u2018n stuk grondgebied af te baken, grensposte op te sit en agterna \u2018n klein onafhanklikheidsoorloggie te voer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wapens van die gees en van denke is egter veel skerper as di\u00e9 van staal. Soos hulle s\u00ea: die pen is magtiger as die swaard. \u2018n Paar verdwaalde wit kommuniste en swart nasionaliste in die vorm van die ANC het die vorige NP met sy gevorderde weermag, polisie en staatsapparaat verower. Behalwe \u2018n kommunis, was Joe Slovo ook \u2018n denker en hy moes lekker gelag het om \u2018n naprater soos Roelf Meyer te ontmoet. Destyds was Meyer se resitasies wat hy uit Britse koerante geleer het, die room van Afrikanerdenke!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gelukkig het ons iets nuuts in die plek daarvan geskep, op hierdie webblad, en op sosiale media soos Facebook en Twitter: \u2018n pragmatiese en moderne, byna postmoderne, idee van Afrikanervryheid. In pas met ons tyd, maar gewortel in die klassieke Afrikanerdenke van 200 jaar wat ek hierbo met twee woorde opgesom het: soewereiniteit en identiteit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In rugby is die Afrikanerstyl om in jou opponent vas te hardloop en as\u2019t ware bo-oor hom by die doellyn uit te kom. Dit mag iets s\u00ea oor ons onverskrokkenheid, maar in die politiek werk dit nie so nie. Selfs die magtige Amerika met sy globale vloot en arsenaal wapens kan niemand trompop loop nie. Waar hy onlangs met wapengeweld sy wil probeer afdwing het, het hy net onmin gesaai en sy bondgenote vervreem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaner se magsbasis is danksy intellektuele swakheid byna heeltemal onder ons weggekalwe. Daar is egter nog enkele dinge waaraan ons soos drenkelinge aan \u2018n stuk opdrifsel in die see vasklou: ons taal, Afrikaanse skole, \u2018n paar plase en eiendomme wat nog nie \u201chervorm\u201d is nie, asook kleiner maatskappye wat nog nie \u201cgetransformeer\u201d is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voeg hierby die soort digitale territorium wat ons hier op die internet vir ons geskep het en waar die droom van Afrikanervryheid steeds voortleef, daar waar dit vanuit die hoofstroommedia soos die koerante, die radio en TV verban is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skole, plase en rekenaars. Dis die somtotaal van ons wapens. En selfs di\u00e9 karige arsenaal is nie sonder bedreiging nie, want in Gauteng is mev. Barbara Creecy, die LUR vir onderwys, besig met \u2018n grootskaalse aanslag op ons oorblywende Afrikaanse skole, terwyl radikale grondhervorming nog voor die deur l\u00ea. Ook ons vryheid van spraak op die globale internet word deur sommige state en groot maatskappye bedreig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons eerste groot uitdaging is om ons skole te behou. Daardie skole kan kennisvestings word van waar die geslag wat nou opgroei \u2018n hernieude aanslag kan loods om vryheid te bekom. Dis ook daar waar die Afrikaanse letterkunde en die Afrikanergeskiedenis opnuut aan die volgende geslag oorgedra mag word. Dis die laaste loopgraaf; as ons daar verloor, verloor ons alles.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">PRAAG sal binnekort \u2018n strategie loods om Creecy in haar spore te stuit en om opnuut die Afrikaner se soewereine reg te bevestig om oor sy eie opvoeding te besluit. Hiervoor het ons u hulp en ondersteuning dringend nodig.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.org\/?page_id=3660\" target=\"_blank\">Sluit n\u00f3\u00fa by PRAAG aan en verseker vir ons kinders \u2018n toekoms!<\/a><\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is egter \u2018n tweede terrein waar ons baie meer aktief sal moet raak: di\u00e9 van die diplomasie. Die ANC-regering is maar net een van \u2018n aantal buitelandse moondhede \u2013 vriendelik, vyandig of neutraal \u2013 waarmee ons betrekkinge moet aanknoop en wat ons agter die skerms moet probeer be\u00efnvloed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig is dit nog \u2018n terrein waarvan Afrikaners bloedweinig begrip het: hoe om twee groot moondhede teen mekaar af te speel, hoe om persoonlike en kulturele verhoudinge aan te wend om politieke doelwitte te bereik en dergelike meer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar ook hier het PRAAG die afgelope paar jaar klinkklare suksesse behaal. Ons was in Amerika, Nederland, Belgi\u00eb, Swede, Israel en Egipte. Oral het ons vir Afrikaners vriende en potensi\u00eble bondgenote gewerf. Eintlik l\u00ea die veld nog braak en kan die Afrikanersaak maklik tot binne die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies of selfs die Veiligheidsraad ingedra word, as ons maar net \u2018n paar vliegkaartjies oorsee kan betaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kragdadige vertoon gaan ons n\u00earens bring nie; denke en diplomasie wel.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.org\/?page_id=3660\" target=\"_blank\">Een organisasie staan tussen Afrikanerondergang en -vryheid: PRAAG. Dis vir u om te kies\u2026<\/a><\/h4>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoeveel keer het ek nie al die klagte moes aanhoor nie: Die Afrikaners het geen leier nie. Soos ek nou die dag getwiet het, is die probleem eerder een van: Too many chiefs and too few Indians. Daar gaan nie \u2018n week verby dat nog iemand hom nie aanmeld as Afrikanerleier of -orakel nie. Trouens, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14189\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Daar is te veel Afrikanerleiers!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-14189","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14189","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14189"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14189\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14189"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14189"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14189"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}