{"id":14184,"date":"2013-02-22T05:10:48","date_gmt":"2013-02-22T05:10:48","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14184"},"modified":"2013-02-22T05:10:48","modified_gmt":"2013-02-22T05:10:48","slug":"switsers-hou-eu-perdevleis-op-rakke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14184","title":{"rendered":"Switsers hou EU-perdevleis op rakke"},"content":{"rendered":"<p>Switserse supermarkte het Woensdag sekere perdevleis-produkte van hul rakke gehaal n\u00e1 dit aan die lig gekom het dat haglike toestande heers op sommige plase waar perde vir vleis geteel word.<\/p>\n<p>Die meeste perdevleisprodukte van Frankryk en Pole, waar dit algemeen beskikbaar is, word egter steeds te koop aangebied.<\/p>\n<p>Nuwe bewerings oor die mishandeling van perde waarmee in die Amerikas geboer word, het aan die lig gekom n\u00e1 die Europese perdevleis-skandaal ook op ander kontinente opslae gemaak het.<\/p>\n<p>In die jongste voorval is &#8216;n ingevoerde lasagne-dis van winkelrakke in Hongkong verwyder.<\/p>\n<p>Die Duitse afslag-supermarkgroep Lidl s\u00ea hy het alle perdevleis-produkte van sy rakke in Switserland verwyder, terwyl die land se tweede grootste supermarkgroep, Coop, ges\u00ea het hy het sowat 20 worsprodukte wat perdevleis bevat, onttrek.<\/p>\n<p>Di\u00e9 stappe kom te midde woede oor &#8216;n ondersoekende verbruikersprogram wat Dinsdagaand op &#8216;n Switserse televisiekanaal uitgesaai is. Die beeldmateriaal het uitgeteerde en siek perde gewys wat op plase buite die EU in sommige lande aangehou word wat vleis aan Switserse winkels verskaf.<\/p>\n<p>Die dierebeskermingsvereniging in Z\u00fcrich het ondersoekbeamptes na Kanada, die VSA, Mexiko en Argentini\u00eb gestuur, lande wat groot hoeveelhede perdevleis verskaf, om te ondersoek hoe die diere aangehou, vervoer en geslag word.<\/p>\n<p>&#8220;Ons ondersoekbeamptes het gevind dat die perde geteel word in toestande wat nie voldoen aan enige van die norme wat in Switserland en die Europese Unie aanvaar word nie,&#8221; het Sabrina Gurtner, die projekleier, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Coop het nietemin ges\u00ea hy sal voortgaan om vars perdevleis te verkoop en het uitgewys dat hy 70% van sy perdevleis van Frankryk ontvang en die ander 30% van Pole.<\/p>\n<p>Switserland se grootse supermarkgroep, Migros, het intussen ges\u00ea hy sal geen perdevleis-produkte onttrek nie en s\u00ea hy vertrou sy Kanadese verskaffer.<\/p>\n<p>Gedroogde perdevleis-produkte word oor Switserland heen aangetref.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Switserse supermarkte het Woensdag sekere perdevleis-produkte van hul rakke gehaal n\u00e1 dit aan die lig gekom het dat haglike toestande heers op sommige plase waar perde vir vleis geteel word. Die meeste perdevleisprodukte van Frankryk en Pole, waar dit algemeen beskikbaar is, word egter steeds te koop aangebied. Nuwe bewerings oor die mishandeling van perde &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14184\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Switsers hou EU-perdevleis op rakke&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-14184","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14184","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14184"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14184\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14184"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14184"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14184"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}