{"id":14182,"date":"2013-02-21T06:25:06","date_gmt":"2013-02-21T06:25:06","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14182"},"modified":"2013-02-21T06:25:06","modified_gmt":"2013-02-21T06:25:06","slug":"op-ondersoekbeampte-staan-self-tereg-op-moord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14182","title":{"rendered":"OP: Ondersoekbeampte staan self tereg op moord"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Opskudding in die Oscar Pistorius-saak duur voort nadat dit aan die lig gekom het dat die ondersoekbeampte in die saak, adjudant-offisier Hilton Botha, tereg staan op sewe aanklagte van poging tot moord saam met nog twee kollegas in verband met &#8216;n voorval in 2011.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Botha is gister as die Staat se eerste getuie geroep in Pistorius se borgtogaansoek, berig Eyewitness News.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Botha en drie ander beamptes was na bewering dronk toe hulle &#8216;n staatsvoertuig bestuur en op &#8216;n taxi met swart passasiers losgebrand het. Hulle is in 2011 in hegtenis geneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Botha, wat die polisie-ondersoek lei na die skietery wat op Valentynsdag in Pistorius se huis plaagevind het, en die twee ander beamptes sal in Mei in die hof verskyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie het bevestig dat Botha in verband met die skietery in hegtenis geneem is. Die aanklagte is aanvanklik laat vaar, maar is intussen weer heropen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Neville Malila, polisiewoordvoerder, het ges\u00ea Botha is gekies om die Pistorius-saak te hanteer omdat hy &#8216;n ervare speurder is en daar is geen planne is om hom van die ondersoek te onttrek nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hofverrigtinge hervat vandag om 11:00.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het gevra dat &#8216;n Bybel na hom gebring word, het sy oom, Arnold, in &#8216;n onderhoud ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Carl en Aimee (Pistorius se broer en suster) het ges\u00ea hulle sit saam met hom en dat hy veral baie die Bybel lees, soos sy ma hom geleer het,&#8221; het Arnold Woensdagaand in &#8216;n onderhoud met die eNCA-nuuskanaal ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Arnold het die ster-atleet eers Dinsdag weer begin eet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Arnold het ges\u00ea dit is &#8216;n moeilike tyd vir die familie, maar hulle staan bankvas agter die atleet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ook sy kommer uitgespreek oor wat hy as Pistorius se &#8220;openbare verhoor&#8221; beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die saak gaan aan en jy kan oordeel vir jouself&#8230; die waarheid sal se\u00ebvier.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Arnold het ges\u00ea die Pistorius-familie was in kontak met die Steenkamps, maar respekteer hul verlies en privaatheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die vraag oor bewerings dat Pistorius &#8216;n geskiedenis van geweld het, het Arnold die atleet as &#8216;n &#8220;vredemaker&#8221; beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pistorius is in erge skok en rou in die &#8220;emosioneel moeilike tyd,&#8221; het sy oom ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die w\u00eareld sal &#8216;n ander Oscar sien; niemand kan weer dieselfde wees n\u00e1 so &#8216;n tragedie nie, maar hy sal weer opstaan en beter as ooit wees.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steenkamp is Dinsdag tydens &#8216;n private diens in Port Elizabeth veras.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die &#8220;testosteroon&#8221; wat in die atleet se huis gevind is, was &#8216;n kruiemiddel en ni\u00e9 &#8216;n verbode middel nie, het sy advokaat, Barry Roux, Woensdag in die Pretoriase landdroshof ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is &#8216;n kruiemiddel. Dit is nie &#8216;n stero\u00efed nie en dit is ook nie &#8216;n verbode middel nie,&#8221; het Roux ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ao. Botha, het vroe\u00ebr getuig dat &#8216;n boks testosteroon en naalde in &#8216;n boks onder &#8216;n TV in Pistorius se huis gevind is. Die New York Times se swart verslaggewer het die vonds as &#8220;verbode middels&#8221; in &#8216;n voorbladberig beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie het nog nie die middels laat toets nie, het Ao. Botha bevestig. Botha getuig vir die staat, wat Pistorius se borgtog teenstaan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Opskudding in die Oscar Pistorius-saak duur voort nadat dit aan die lig gekom het dat die ondersoekbeampte in die saak, adjudant-offisier Hilton Botha, tereg staan op sewe aanklagte van poging tot moord saam met nog twee kollegas in verband met &#8216;n voorval in 2011. Botha is gister as die Staat se eerste getuie geroep in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14182\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;OP: Ondersoekbeampte staan self tereg op moord&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14182","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14182","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14182"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14182\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14182"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14182"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14182"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}