{"id":14173,"date":"2013-02-20T04:38:09","date_gmt":"2013-02-20T04:38:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14173"},"modified":"2013-02-20T04:38:09","modified_gmt":"2013-02-20T04:38:09","slug":"saners-is-die-vuilste-mense-in-die-wereld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14173","title":{"rendered":"SA&#8217;ners is die vuilste mense in die w\u00eareld"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrikaners is van die vuilste mense in die w\u00eareld wanneer dit kom by persoonlike higi\u00ebne, het &#8216;n studie bevind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die studie is deur die vervaardiger van antibakteriese produkte Dettol onderneem en gister vrygestel. Saam met China, is Suid-Afrikaners die mense wat die minste omgee wanneer dit kom by higi\u00ebne.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die opname is gedoen oor die higi\u00ebniese gewoontes van 12.000 mense in 12 lande, 1000 van elk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Smerige mense is minder geneig om hul hande te was, terwyl hande as &#8220;die voertuie wat infeksies dra&#8221; bekend is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die studie het aan die lig gebring dat tuisma&#8217;s die mees higi\u00ebniese is, met 64,5% wat hulle hande meer as vyf keer &#8216;n dag was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Universiteitstudente het die ergste gevaar, met slegs 44,5% wat hul hande dikwels was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ouer Suid-Afrikaners (ouer as 55) is meer geneig om hul hande gereeld te was as mense tussen die ouderdomme van 16 en 24.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is gevind dat vroue uit Australi\u00eb, Brasili\u00eb, Kanada, China, Frankryk, Duitsland, Indi\u00eb, Maleisi\u00eb, die Midde-Ooste, die Verenigde Koninkryk en die VSA meer geneig is om hul hande te was as hul manlike eweknie\u00eb.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar in Suid-Afrika is daar geen verskil nie, waar mans en vroue ewe geneig, dalk ongeneig is om hul hande te was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika is &#8216;n &#8220;gevoel van walging oor die moontlikheid van kontaminasie&#8221; die belangrikste determinant vir higi\u00ebne, gevolg deur goeie maniere.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Konsultant vir die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes by Wits-universiteit, professor Barry Schoub het ges\u00ea skoon hande is &#8216;n maklike manier om die voorkoming van die verspreiding van infeksies te bevorder en hy betreur die aantal mense wat uit openbare toilette loop sonder om hulle hande te was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hoes- en nies-etiket&#8221; is ook baie belangrike maniere om goeie higi\u00ebne te bewaar, s\u00ea Schoub.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het aanbeveel dat &#8216;n siek persoon &#8220;&#8216;n snesie gebruik en dit dan weggooi, of hoes in die waaie van jou elmboog of arm, eerder as in jou hand.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrikaners is van die vuilste mense in die w\u00eareld wanneer dit kom by persoonlike higi\u00ebne, het &#8216;n studie bevind. Die studie is deur die vervaardiger van antibakteriese produkte Dettol onderneem en gister vrygestel. Saam met China, is Suid-Afrikaners die mense wat die minste omgee wanneer dit kom by higi\u00ebne. Die opname is gedoen oor die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14173\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SA&#8217;ners is die vuilste mense in die w\u00eareld&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14173","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14173","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14173"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14173\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14173"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14173"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14173"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}