{"id":14156,"date":"2013-02-18T04:42:27","date_gmt":"2013-02-18T04:42:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14156"},"modified":"2013-02-18T04:42:27","modified_gmt":"2013-02-18T04:42:27","slug":"britse-pers-klim-in-teen-wit-wapengeweld-in-sa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14156","title":{"rendered":"Britse pers klim in teen &#8216;wit wapengeweld&#8217; in SA"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Top-kundiges is glo ingespan om Oscar Pistorius se regspan by te staan, nadat &#8216;n moordklag teen die gestremde atleet gebring is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sunday Times berig dat &#8216;n patoloog, beeldpoetser en polisiedeskundiges die sportheld se prokureur, Kenny Oldwage, en senior advokaat, Barry Roux, sal bystaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die koerant is die patoloog dr. Reggie Perumal deel van die span.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Perumal was teenwoordig toe patolo\u00eb van die staat die nadoodse ondersoek op Reeva Steenkamp (29) uitgevoer het. Sy is op Valentynsdag in die atleet se huis doodgeskiet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oldwage het aan die koerant ges\u00ea die patoloog is aangestel om met &#8216;n privaat ondersoek na die voorval uit te help.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Stuart Higgins, beeldpoetser en voormalige redakteur van die Britse poniekoerant The Sun, is ook deel van die span.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pistorius (26) sal na verwagting Dinsdag in Pretoria se landdroshof verskyn om aansoek om borgtog te doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oldwage het aan Sunday Times ges\u00ea die span is gereed om aan die saak te werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit gaan &#8216;n verskriklike lang en besige week vir ons almal wees,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie alleen Pistorius nie, maar Suid-Afrika se hele wit bevolking is egter reeds in die beskuldigde bank weens die wit &#8220;wapenkultuur&#8221; en &#8216;n vermeende wit voorliefde vir geweld volgens die <a href=\"http:\/\/www.guardian.co.uk\/world\/2013\/feb\/16\/reeva-steenkamp-shooting?intcmp=239\">Britse pers<\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 skewe voorstelling kom ten spyte van die Britse beeldpoetsdeskundige se teenwoordigheid in Pistorius se span.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eusebius McKaiser, by Wits se Sentrum vir Etiek in Johannesburg, meen die rasstereotipe van swart geweldenaars is deur die Pistorius-geval &#8220;vernietig&#8221;. Hy is deur die Guardian genader vir kommentaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">McKaiser het ges\u00ea: &#8220;Dit vernietig die idee dat oortreders en slagoffers op &#8216;n sekere manier lyk, verpletter die oortuiging dat huishoudelike geweld uitsluitlik &#8216;n produk van armoede is.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onmiddellike nasleep van die skietery was dat wittes die mislukking van die swart regering om misdaad aan te pak bekla omdat daar berig is dat Pistorius sy meisie vir &#8216;n inbreker aangesien het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Danksy die berig is &#8216;n sentiment oorgedra dat Pistorius, soos vele ander wit inwoners, ook deurentyd onveilig gevoel het ten spyte daarvan dat hy in &#8216;n veiligheidskompleks gewoon het, &#8216;n luukse wat baie wittes egter nie kan bekostig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aanlynkommentaar van nuusbronne moes glo sluit weens die rassistiese menings wat ingestroom het, nadat Beeld berig het dat die atleet gedink het Reeva Steenkamp is &#8216;n inbreker.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deur die klem na misdaad te verskuif, is die moontlikheid dat dit &#8216;n passiemoord kon gewees het, op die agtergrond geskuif.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die Britse pers, is sport steeds op &#8216;n rassegrondslag verdeel. Wittes maak slegs 9% van die bevolking uit, en volgens &#8216;n Britse verslaggewer is Pistorius se gewildheid in swart townships en dorpe nog nooit getoets nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/13\/189150.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Top-kundiges is glo ingespan om Oscar Pistorius se regspan by te staan, nadat &#8216;n moordklag teen die gestremde atleet gebring is. Sunday Times berig dat &#8216;n patoloog, beeldpoetser en polisiedeskundiges die sportheld se prokureur, Kenny Oldwage, en senior advokaat, Barry Roux, sal bystaan. Volgens die koerant is die patoloog dr. Reggie Perumal deel van die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14156\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Britse pers klim in teen &#8216;wit wapengeweld&#8217; in SA&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14156","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14156","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14156"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14156\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14156"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14156"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14156"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}