{"id":14151,"date":"2013-02-15T05:47:33","date_gmt":"2013-02-15T05:47:33","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14151"},"modified":"2013-02-15T05:47:33","modified_gmt":"2013-02-15T05:47:33","slug":"pistorius-n-mallerige-wapen-entoesias","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14151","title":{"rendered":"Pistorius &#8216;n &#8216;mallerige wapen-entoesias&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Foutiewe, vroe\u00ebre verslae oor die &#8220;inbreker&#8221; by Oscar Pistorius se huis het glo uit die Afrikaanse pers, spesifiek Beeld, gekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige polisiebronne bevraagteken hoe Paralimpiese kampioen Oscar Pistorius ooit toegelaat kon gewees het om &#8216;n vuurwapen te besit, gegewe sy geskiedenis van huishoudelike geweld, in die nasleep van die nuus dat hy vir die moord op model Reeva Steenkamp Donderdagoggend aangekla is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die staat beplan om borgtog teen te staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ooggetuies het intussen na vore getree om te praat. Wat eers veronderstel was om &#8216;n geval van verkeerde identiteit te wees, is nou moord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Senior polisiebeampte het met verbasing gereageer toe hy hoor van berigte dat Pistorius sy vriendin Reeva Steenkamp by sy Silver Lakes-huis in Pretoria geskiet het. Hy het ges\u00ea dat &#8220;Blade Runner&#8221; moes nooit toegelaat gewees het om &#8216;n vuurwapen te besit met sy geskiedenis van huishoudelike geweld nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In terme van die Wet op Gesinsgeweld, moes Pistorius se vuurwapenlisensies heroorweeg gewees het, s\u00ea die beampte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuus van Pistorius se voorliefde vir wapens het internasionaal weerklink in &#8216;n klimaat wat toenemend teen wapenbesit vir individue draai weens die talle onlangse skietvoorvalle by openbare plekke, ook skole, in die VSA<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2009 het Pistorius &#8216;n nag in polisie-aanhouding deurgebring toe hy in hegtenis geneem is op aanklagte van aanranding van &#8216;n 19-jarige vrou in dieselfde huis as die een waarin Steenkamp gesterf het. Hy is op &#8216;n Saterdagaand in hegtenis geneem nadat hy na bewering Cassidy Taylor-Memmory aangerand het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pistorius het ges\u00ea dat Taylor-Memmory in &#8216;n argument met sy vriendin betrokke geraak het en hy het haar gevra om die huis te verlaat. Volgens hom, is sy beseer toe &#8216;n houtbalk op haar been geval het toe hy die deur toegemaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In November verlede jaar het die Star berig dat &#8216;n klag van laster teen Pistorius gel\u00ea is nadat hy klag van intimidasie teen die voormalige sokkerspeler, Marc Batchelor gel\u00ea het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die verslag, het Pistorius ontdek dat sy meisie hom verneuk het met &#8216;n vriend van Batchelor, terwyl hy in Londen was vir die Olimpiese Spele en die Paralimpiese Spele. Die man wat na bewering betrokke was, is mynmagnaat en vervaardiger van die TV-reeks <em>Clifton Shores<\/em> Quinton van der Burgh.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n artikel onder die opskrif &#8220;The Fast Life of Oscar Pistorius&#8221; het Michael Sokolove van The New York Times Pistorius se voorliefde vir vuurwapens beskryf. Die atleet het Sokolove selfs na &#8216;n skietbaan geneem en hom aangemoedig om meer te oefen. &#8220;Ek dink jy kan nogal gevaarlik wees,&#8221; het Pistorius aan hom ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jonathan McEvoy van Daily Mail het insgelyks &#8216;n prentjie geskets van &#8216;n parano\u00efese man in &#8216;n stuk getiteld &#8220;Inside Oscar&#8217;s bedroom: One cricket bat, baseball bat, revolver and machine gun&#8221;. Volgens McEvoy slaap Pistorius met &#8216;n masjiengeweer neffens hom en is hy selfs bang vir die hekwagte van die Silver Woods-landgoed in Pretoria waar hy woon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pistorius het verlede jaar getwiet: &#8220;Daar is niks soos om by die huis te kom terwyl die wasmasjien aan is en die geluid vir &#8216;n inbreker te misgis nie. Ek was oorgehaal vir &#8216;n geveg in die spens.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowel Sokolove as McEvoy het Pistorius beskryf as &#8216;n &#8220;waaghals&#8221; wat &#8220;meer as &#8216;n bietjie mal&#8221; is met &#8216;n &#8220;ongewone temperament&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Nike-advertensie met die frase &#8220;I&#8217;m The Bullet in The Chamber&#8221; is van Oscar Pistorius se webwerf afgehaal na die moord op sy vriendin.<\/p>\n<p>Die advertensie toon die Suid-Afrikaanse kampioen wat uit die wegspringblokke spring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is &#8216;n baie ongelukkige storie en dit word nog ondersoek,&#8221; s\u00ea Seruscka Naidoo, Nike se Suid-Afrikaanse woordvoerder. &#8220;Ons sal nie enige besluit neem totdat ons hoor van Oscar of sy agent nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die atleet het Beeld vroe\u00ebr verhoed om foto&#8217;s van hom op die N4-hoofweg in Pretoria in Maart vanjaar te neem, toe &#8216;n vriendin van hom in &#8216;n ongeluk betrokke was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Vrou het op die toneel van die ongeluk gesterf omdat sy glo voor Anneke Kruger se aankomende motor beland het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kruger werk vir In\/sight, die maatskappy wat Pistorius se sakebelange bestuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Omstander wat Pistorius gevra het&nbsp; waarom die fotograaf nie foto&#8217;s mag neem nie, is meegedeel: &#8220;Oom, ek is Oscar Pistorius.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/gordonua.com\/news\/localnews\/v-harkove-religioznaya-organizaciya-nezakonno-uderzhivala-narkozavisimyh-prokuratura-194121.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Foutiewe, vroe\u00ebre verslae oor die &#8220;inbreker&#8221; by Oscar Pistorius se huis het glo uit die Afrikaanse pers, spesifiek Beeld, gekom. Sommige polisiebronne bevraagteken hoe Paralimpiese kampioen Oscar Pistorius ooit toegelaat kon gewees het om &#8216;n vuurwapen te besit, gegewe sy geskiedenis van huishoudelike geweld, in die nasleep van die nuus dat hy vir die moord &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14151\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Pistorius &#8216;n &#8216;mallerige wapen-entoesias&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-14151","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14151","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14151"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14151\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14151"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14151"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14151"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}