{"id":14144,"date":"2013-02-14T06:05:11","date_gmt":"2013-02-14T06:05:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14144"},"modified":"2013-02-14T06:05:11","modified_gmt":"2013-02-14T06:05:11","slug":"chrysler-se-hub-kritiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14144","title":{"rendered":"Chrysler se HUB kritiek"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Trent Barcroft, hoof- uitvoerende beampte van die motorvervaardiger Daimler Chrysler, is in &#8216;n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy tydens &#8216;n rooftog in Midrand geskiet is, het die polisie in Gauteng ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Barcroft, &#8216;n Amerikaner, en sy vrou, Cathy, was Dinsdag op pad huis toe, toe die rowers hulle Dinsdag aangeval het, berig Eyewitness News.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Chrysler Suid-Afrika het ges\u00ea Barcroft en sy vrou is vermoedelik agtervolg nadat hulle gaan inkopies doen het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Voertuig het hulle van agter getref en toe Barcroft uit sy motor klim om besonderhede met die ander bestuurder uit te ruil, is hy in die maag geskiet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Barcroft se horlosie, beursie en selfoon is gesteel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy was saam met sy vrou en sy is ongedeerd. Hy is in die maag geskiet. Die aanvallers het juwele, selfone en die vrou se handsak gesteel,&#8221; het kapt. Kym Cloete, polisiewoordvoerder, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy word in die intensiewe sorgeenheid van die Sunninghill-hospitaal in Johannesburg behandel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Chrysler Suid-Afrika het in &#8216;n verklaring ges\u00ea Barcroft sal na verwagting ten volle herstel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Niemand is nog in hegtenis geneem nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Drie mense was betrokke in die aanval op Trent Barcroft, hoof- uitvoerende beampte van Chrysler Suid-Afrika, en sy vrou, Cathy, het die polisie in Gauteng Woensdag ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kapt. Kym Cloete, polisiewoordvoerder, het ges\u00ea die aanval het Saterdag omstreeks 14:45 plaasgevind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle het op die R55 voor Shakespeareweg in Barbeque Downs (naby Midrand) gery toe hulle aangeval is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trent is in die maag geskiet en is steeds in die intensiewe sorgeenheid in die Sunninghill-hospitaal. Sy vrou is ongedeerd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die aanvallers het met juwele twee selfone en &#8216;n handsak gevlug,&#8221; het Cloete ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Niemand is in hegtenis geneem nie en dit is nie bekend of die polisie enige leidrade het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Al wat ek vir eers kan s\u00ea is dat die ondersoek voortduur.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Richard Sloman, woordvoerder van die maatskappy, het vroe\u00ebr ges\u00ea Barcroft se vrou is steeds geskok oor die voorval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jack Hilmer, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, het ges\u00ea hulle neem kennis van die skietery, maar kan nie kommentaar lewer nie, omdat Trent &#8216;n private burger is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Bestuurafdeling by die maatskappy is tans in beheer tot Trent terugkeer werk toe.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/filchakov-aleksandr\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Trent Barcroft, hoof- uitvoerende beampte van die motorvervaardiger Daimler Chrysler, is in &#8216;n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy tydens &#8216;n rooftog in Midrand geskiet is, het die polisie in Gauteng ges\u00ea. Barcroft, &#8216;n Amerikaner, en sy vrou, Cathy, was Dinsdag op pad huis toe, toe die rowers hulle Dinsdag aangeval het, berig Eyewitness &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14144\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Chrysler se HUB kritiek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14144","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14144","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14144"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14144\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14144"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14144"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14144"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}