{"id":14102,"date":"2013-02-06T09:34:53","date_gmt":"2013-02-06T09:34:53","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14102"},"modified":"2013-02-06T09:34:53","modified_gmt":"2013-02-06T09:34:53","slug":"skuldstilte-bevry-niemand-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14102","title":{"rendered":"Skuldstilte bevry niemand nie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die deelnemers aan die sogenaamde \u201cdebat\u201d wat in 2011 afgeskop het onder leiding van Samantha Vice en Pierre De Vos (en onlangs \u2018n nuwe inspuiting verkry het deur Gillian Schutte se tirade) bevind hulself in \u2018n onbenydenswaardige posisie. Met elke blanke wat op die openbare verhoog spring om aan te dring dat blankes hulle plek moet ken, word die ruimte vir \u2018n opregte gesprek tussen beide wit- en swartmense wat die re\u00ebls van \u2018n regverdige gesprek respekteer, kleiner. Dit is egter nie al wat opvallend is van die linkse aanmaning tot \u2018n \u201cwitskuldstilte\u201d nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Mens kan nie verhelp om te onthou dat dit amper twintig jaar is n\u00e1 1994 nie. Waarom is dit dan juis n\u00f3\u00fa dat daar soveel woedende stemme opgaan dat blankes eerder stil-stil van die openbare toneel moet verdwyn ? Waar was hierdie soort stemme in die Mandela-jare?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos met die meeste dinge in die komplekse land wat Suid-Afrika nou eenmaal is, steek daar meer daaragter as blote gewetenswroeging. Die vraag na groter blanke boetedoening vorm ook deel van \u2018n algemener oproep tot \u201cdekolonisering van die bewusssyn\u201d, die bevryding van die voormalige slagoffer van die denkpatrone en standaarde wat deur die onderdrukker aan hom\/haar opgel\u00ea is. Die term kom oorspronklik van die antikoloniale aktiviste Franz Fanon en Paulo Freire af, wat betoog dat daar slegs sprake van ware vryheid kan wees as die slagoffers van kolonialisme die koloniale greep op hulle verbeelding kan verbreek. Fanon se beroemde frase vir die koloniale slagoffer is The Wretched of the Earth, die vervloektes van die aarde (oorspronklike titel: Les damn\u00e9s de la terre). Niemand kan egter vry of gelukkig wees as hy of sy nie ook in hulle koppe vry is nie, en die koloniale tydperk is gou gevolg deur die die allesomvattende, VSA-gedrewe ideologie van die vrye mark. Die agressiewe kapitalisme van hierdie era, veral n\u00e1 die ineenstorting van sy enigste ideologiese mededinger, kommunisme, het tot \u2018n hernieude greep op die Afrika-bewussyn gelei, asook \u2018n groter gaping tussen ryk en arm as ooit tevore. Met die krisis waarin kapitalisme sigself tans bevind n\u00e1 die groot skokke van 2008, het dinge ook nie juis vir die armes verbeter nie. Inteendeel. Om daardie rede is dit nie verrassend dat \u2018n mens weer woorde soos \u201cdekolonisering\u201d en \u201csosialisme\u201d hoor nie. (Ek het vroe\u00ebr vanjaar \u2018n T-hemp by \u2018n linkse boekfees in Londen gesien met die uitdagende slagspreuk \u201cMarx was Right!\u201d)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die onrusbarendste elemente van ons tyd is dat die Groot Oplossings wat mense altyd summier as Reg beskou het\u2013 die triomf van kapitalisme internasionaal, die oorwinning van die ANC by die stembus in 1994 plaaslik \u2013 nou self krake begin toon. Wat nou? Hoe kan \u2018n mens meer regverdigheid as die triomf van die Regverdiges self verwag?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gedurende die apartheidsjare het anti-apartheidsaktiviste emosioneel en intellektueel baie bel\u00ea in die sogenaamde \u201cstruggle\u201d. Diegene wat nie kommuniste was nie, het \u2018n moderne liberale staat geskoei op die klassieke Westerse model van individuele regte en \u2018n regstaat ondersteun. Volgens hierdie model sou toevallige feite soos ras, kleur, geslag, seksuele ori\u00ebntasie, religieuse of kultuurbande ondergeskik wees aan die aansprake van die individu. Alhoewel ons Grondwet natuurlik baie meer kompleks is as die meeste soortgelyke geskrifte, is dit basies die gees waarin dit geskryf is. Vir die meeste wit anti-apartheidsaktiviste, soos Nadine Gordimer, Max du Preez en Andr\u00e9 P. Brink is dit vanselfsprekende, voor-die-hand-liggende beginsels wat net stommerike soos die apartheidsregering nie kon insien nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag word oud-aktiviste en linkse denkers egter met \u2018n werklikheid gekonfronteer wat nie m\u00e1g wees nie: \u2018n regering wat al hoe meer onge\u00ebrg staan ten opsigte van waardes wat hy veronderstel is om te onderskryf (bv. persvryheid) en \u2018n onontkenbare staatsverval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die ergste van alles is, is die ooreenkomste tussen die huidige situasie en die vo\u00eblverskrikker wat deur die vorige regering geskep is om die wit bevolking mee bang te maak: die verval van die pad- en elektrisiteitsnetwerke, grootskaalse korrupsie en wegholmisdaad. As \u2018n mens ter wille van balans en regverdigheid nog die persoonlike gedrag van president Jacob Zuma probeer verskoon, kan die beste wil ter w\u00eareld nie die belaglikheid van byvoorbeeld die skoolboekverbrandingskandaal rasionaliseer nie. Die ergste daarvan is dat laasgenoemde nie eers spreek van die boosheid van die Nazi\u2019s nie, maar van pure onbeholpenheid. Voltaire het reeds geweet dat as mens iemand werklik wil vernietig moet jy hom nie net opponeer nie, jy moet hom belaglik maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tragedie vir swartmense in Suid-Afrika n\u00e1 1994 is nie net die dodelike gaping tussen ryk en arm nie \u2013 wat reeds ernstig genoeg is nie \u2013 maar die groeiende kiem van \u2018n ewe dodelike minderwaardigheidskompleks. \u2018n Mens kan baie dinge rasionaliseer, wegpraat of herinterpreteer, maar dinge soos die verval van Zimbabwe \u2013 eens Afrika se broodmandjie \u2013 die onderwyskrisis en die korrupsie van mense wat veronderstel is om die beginsels van ubuntu toe te pas, laat tog \u2018n merk op die Afrika-psige. En nie net op swartmense nie, ook op diegene wat nog altyd vir hulle baklei het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is geen groter woede as di\u00e9 van \u2018n teleurgestelde rewolusion\u00ear nie. Daarom, eerder as om ten minste v\u00e1n die oorsake van die groeiende vervreemding tussen wit en swart in die optrede van die regerende party te soek, m\u00f3\u00e9t die skuldige die ou sondebok, blanke eiegeregtigheid wees. Die blanke Suid-Afrikaner, veral die Afrikaner, is \u2018n steeds \u201caanvaarbare\u201d vyand, nie net binne die Suid-Afrikaanse verband nie, maar ook internasionaal: die rassistiese blanke maak \u2018n ideale skurk vir Nordiese misdaadskrywers. &nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die anti-wit aktiviste egter nie besef nie, is dat die blanke greep op die swart bewussyn nie verbreek sal word al sou alle blankes m\u00f4re selfmoord pleeg nie. Die voortgesette aandrang op skuldbekentenis deur witmense versterk eerder die impak wat witmense op die swart bewussyn het: alles wat swartmense \u00eds, is totaal en al gekoppel aan wat blankes doen. Afrika sal egter eers finaal die koloniale juk afgooi as hy ophou om te reageer en begin handel (optree). Dit wil s\u00ea, om werklik oordeelkundige besluite te neem wat gerespekteer kan word sonder dat dit nodig is om as teenvoeter blankes verdag te maak. Nietzsche het reeds daarop gewys dat die kleingeestige optrede van diegene wat minderwaardig of gegriefd voel, eerder hulle minderwaardigheid bewys as om dit uit te daag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ware uitdaging aan linkse en swart bevrydingsdenkers is om ontslae te raak van hulle afhanklikheid van die \u201cbose blanke\u201d, en \u2018n werklike bewonderenswaardige bestel te skep deur waardige optrede. Daar moet lewe wees n\u00e1 Mandela. Slegs dan kan daar sprake van ware dekolonisering wees. Sou hierdie pogings faal, sal Afrika met die ergste moontlike lot gekonfronteer word: die moontlikheid dat sy onderdrukkers en uitbuiters \u2018n punt beet gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Dr. Louise Mabille is dosent in die Departement Filosofie aan die Universiteit van Pretoria. Hierdie opstel verteenwoordig haar eie standpunt en nie di\u00e9 van die Department Filosofie, of enige ander liggaam van die Universiteit van Pretoria nie.<\/em><\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die deelnemers aan die sogenaamde \u201cdebat\u201d wat in 2011 afgeskop het onder leiding van Samantha Vice en Pierre De Vos (en onlangs \u2018n nuwe inspuiting verkry het deur Gillian Schutte se tirade) bevind hulself in \u2018n onbenydenswaardige posisie. Met elke blanke wat op die openbare verhoog spring om aan te dring dat blankes hulle plek &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14102\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Skuldstilte bevry niemand nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[97],"tags":[8827,10561,10559,504,10560,7581],"class_list":["post-14102","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c88-opstelle","tag-andre-p-brink","tag-blanke","tag-gillian-schutte","tag-max-du-preez","tag-samantha-vice","tag-swart"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14102","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14102"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14102\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14102"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14102"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14102"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}