{"id":14090,"date":"2013-02-05T08:51:56","date_gmt":"2013-02-05T08:51:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14090"},"modified":"2013-02-05T08:51:56","modified_gmt":"2013-02-05T08:51:56","slug":"geen-sekuriteit-by-sa-se-grootste-vlootbasis-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14090","title":{"rendered":"Geen sekuriteit by SA se grootste Vlootbasis nie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die algehele gebrek aan sekuriteit by die Vlootbasis in Simonstad, het &#8216;n nuuskierige stapper en sy kamera tot teenaan die duikbote gelei waar hy aan een geraak het en lustig foto&#8217;s geneem het van die hele opset.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die man wat nie sy naam genoem wou h\u00ea nie, s\u00ea hy het verby die verlate ingang gestap, en drie minute later was hy by die bote waar hy ten minste &#8216;n uur ongehinderd deurgebring het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het die foto&#8217;s van sy staptog aan die<em> People&#8217;s Post<\/em> oorhandig. Hy s\u00ea hy het dit gedoen om te wys dat veiligheidsmaatre\u00ebls by Simonstad nie bestaan nie. Daar was nie eens gewapende wagte nie. Hy s\u00ea hy kon dit skaars glo.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat hom nog meer ontstel is dat Simonstad die land se grootste hawebasis is en die operasionele hartklop van die hele vloot. Pikkie Greef, nasionale woordvoerder van die SANW, s\u00ea di\u00e9 feite is skokkend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea milit\u00eare basisse moet rondom die uur bewaak word. Daar is oorlogskepe, duikbote en allerlei milit\u00eare items wat opgepas behoort te word, wat wapens en gevaarlike ammunisie insluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die basis ombewaak te laat, skep &#8216;n risiko vir sabotasie asook &#8216;n gevaar vir die publiek en die manskappe op die basis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis baie vreemd dat die regering nou met die Afrikanasies-sokkerbekertoernooi die buiteland ook verseker het dat veiligheid die hoogste prioriteit geniet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Greef s\u00ea dis nie net &#8216;n kwessie van afwesige wagte nie, want die hele basis was verlate en sonder beskerming. &#8216;Duidelik is daar geen na-uurse veiligheidsplan nie of niks is ge\u00efmplementeer nie. Dis &#8216;n verleentheid vir die oppergesag op hierdie skaal en moet dadelik reggestel word,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Lid van die Vloot by die basis s\u00ea die sekuriteit is &#8220;pateties&#8221; en net motors se kattebakke word halfhartig deursoek. Dis die heel maklikste om iets op die voorste sitplek van die motor deur te smokkel, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/fakty.ua\/246431-prokuratura-harkovcshiny-podozrevaet-otca-v-ubijstve-trehletnego-syna\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die algehele gebrek aan sekuriteit by die Vlootbasis in Simonstad, het &#8216;n nuuskierige stapper en sy kamera tot teenaan die duikbote gelei waar hy aan een geraak het en lustig foto&#8217;s geneem het van die hele opset. Die man wat nie sy naam genoem wou h\u00ea nie, s\u00ea hy het verby die verlate ingang gestap, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14090\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Geen sekuriteit by SA se grootste Vlootbasis nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14090","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14090","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14090"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14090\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14090"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14090"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14090"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}