{"id":14067,"date":"2013-01-31T04:43:21","date_gmt":"2013-01-31T04:43:21","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14067"},"modified":"2013-01-31T04:43:21","modified_gmt":"2013-01-31T04:43:21","slug":"zille-weet-nie-geld-is-van-guptas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14067","title":{"rendered":"Zille &#8216;weet nie&#8217; geld is van Guptas"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag met die sak patats oor skenkings van R400 000 van &#8216;n vennoot van die Gupta-familie en een van hul maatskappye aan haar party vorendag gekom.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille het &#8216;n brief geskyf het wat in The New Age (TNA) gepubliseer is waarin sy Atul Gupta bedank vir &#8216;n donasie aan haar party. Sy het nie in die parlement aan verslaggewers ontken dat sy die brief gestuur het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">TNA word deur die Guptas besit en hulle het glo bande met pres. Jacob Zuma.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille het verduidelik dat die brief gestuur is voordat sy in kennis gestel is van &#8216;n skenking van R200 000 wat in 2009 ontvang is vir die party se verkiesingsveldtog. Die skenking was van Stefan Nel, &#8216;n uitvoerende direkteur van Sahara Computers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Guptas besit Sahara en Atul Gupta is die maatskappy se besturende direkteur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille s\u00ea sy was onder die indruk  dat die tjek van Sahara gekom het en nie van Nel persoonlik nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille het tot nou toe nie die skenker se naam genoem nie en s\u00ea dit is uit &#8216;n belofte om vertroulikheid te behou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille s\u00ea Nel het later nog &#8216;n tjek van R100 000 aan die DA uitgereik. Die party het ook &#8216;n elektroniese oorplasing van R100 000 van Islandsite Investments, wat ook met die Gupta-familie verbind word, ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille hou vol daar is niks fout met die skenkings nie, aangesien daar geen skandaal rondom die Guptas was toe die geld in 2009 en vroeg in 2010 ontvang is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het die DA se fondsinsameling-departement later beveel om &#8220;niks met die Gupta-familie of enige van hul maatskappye te doen te h\u00ea nie&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Vroeg in 2011, toe ek begin bekommerd raak het dat hulle [die Guptas] geld aan die DA skenk via mnr. Nel, het ek opdrag gegee, dit is in die l\u00eaer, dat daar geen meer fondse van mnr. Nel ontvang mag word nie&#8230; Dit is alles op rekord.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille het ges\u00ea die DA sal niks van die geld teruggee nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille het ook Woensdag ges\u00ea sy wil h\u00ea &#8216;n onafhanklike ondersoek moet gedoen word in die befondsing van TNA.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Zille h\u00e9t glo befondsing van die Gupta-familie ontvang, het die Weekend Argus vroe\u00ebr berig.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onbekende bronne het aan die koerant ges\u00ea Zille het in 2011 na di\u00e9 familie se huis in Saxonwold, Johannesburg, gegaan om vir &#8216;n skenking te vra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die koerant het Zille glo die familie se huis met &#8216;n paar duisend rand verlaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die kwessie is nie of die Guptas ooit geld aan die DA geskenk het nie. Die kwessie is, indien hulle het, of die DA ooit groot bedrae openbare geld in ruil hiervoor na hulle gekanaliseer het. Die antwoord is nee,&#8221; het Zille aan die koerant ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Guptas kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Marius Fransman, die ANC-leier in die Wes-Kaap, het aan The New Age ges\u00ea Zille moet eerlik wees oor wie die DA befonds. Die party het verlede week R4 miljoen ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fransman het ges\u00ea die geld is gebruik om die DA se kantore in Kaapstad op te knap, het die koerant Maandag berig.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3895974\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag met die sak patats oor skenkings van R400 000 van &#8216;n vennoot van die Gupta-familie en een van hul maatskappye aan haar party vorendag gekom. Zille het &#8216;n brief geskyf het wat in The New Age (TNA) gepubliseer is waarin sy Atul Gupta bedank vir &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14067\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zille &#8216;weet nie&#8217; geld is van Guptas&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14067","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14067","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14067"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14067\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14067"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14067"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14067"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}