{"id":14058,"date":"2013-01-29T14:47:58","date_gmt":"2013-01-29T14:47:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14058"},"modified":"2013-01-29T14:47:58","modified_gmt":"2013-01-29T14:47:58","slug":"demokrasie-wat-obama-nie-kan-bekostig-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14058","title":{"rendered":"Demokrasie, wat Obama nie kan bekostig nie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die VSA se president kan tans een ding nie bekostig nie, en dit is demokrasie, die gonswoord wat die nuwe millenium ingelui het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Saoedi-Arabi\u00eb is die w\u00eareld se laaste absolute monargie. Soos Louis XIV, is koning Abdoellah &#8216;n monarg in die ware sin van die woord. Maar terwyl &#8216;n rewolusie in Saoedi-Arabi\u00eb nog steeds nie waarskynlik is nie, het die Arabiese Lente moontlik vir die eerste keer &#8216;n opstand moontlik gemaak, en dit kan president Obama se tweede termyn in &#8216;n krisis dompel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Egipte kan maar nie tot bedaring kom nie, en die ontevredenheid met die uitkoms van die opstand wat tot die val van Hosni Moebarak gelei het, smeul net onder die oppervlak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Revolusion\u00eare verandering in die koninkryk sal &#8216;n ramp vir Amerikaanse belange beteken. Saoedi-Arabi\u00eb is Amerika se oudste bondgenoot in die Midde-Ooste, &#8216;n vennootskap wat dateer uit 1945. Die Verenigde State het geen ernstige opsie vir die koms van &#8216;n rewolusie nie, want hulle is reeds te diep en onherroeplik verbind aan die lot van die koninkryk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama se enigste kans om gebeure te be\u00efnvloed, is om die beste moontlike intelligensie beskikbaar in te samel om &#8216;n dreigende krisis akkuraat te voorspel en om dan te probeer om enige vloedgolf te oorleef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die koninkryk van Saoedi-Arabi\u00eb beskik dalk oor &#8216;n sekere oorlewingskrag. Twee vroe\u00ebre Saoedi-koninkryke is verslaan deur die Ottomaanse Ryk en uitgeroei. Hulle het opgestaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land het &#8216;n golf van revolusies teen Arabiese monargie\u00eb oorleef in die 1950&#8217;s en 1960&#8217;s, asook &#8216;n staatsgreeppoging in 1979 om beslag te l\u00ea op die Groot Moskee in Mekka.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Osama bin Laden en Al-Kaida het &#8216;n vier-jaar-opstand gevoer om die Saudi&#8217;s omver te werp en misluk, minder as &#8216;n dekade gelede. Die kaders is steeds in die koninkryk en in die buurland Jemen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dieselfde demografiese uitdagings wat rewolusie in Egipte en Jemen ingedra het, naamlik &#8216;n baie jong bevolking en baie ho\u00eb werkloosheid, geld in Saoedi-Arabi\u00eb. Die plofbare potensiaal is daar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In erkenning van hulle kwesbaarheid, het die Saoedi-koningshuis meer as $130 miljard sedert die Arabiese Lente spandeer om verdeeldheid te besweer en allerlei kosmetiese hervormings ingebring soos &#8216;n magtelose raadgewende raad vir vroue.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl hulle opstande in Bahrein en Jemen onderdruk, het hulle Jordani\u00eb en Marokko genooi om by die koningsklub aan te sluit. Maar hulle steun terselftertyd rewolusies in Libi\u00eb en Siri\u00eb, saam met hul Anglo-Amerikaanse vriende. Dit kan tot feller teenstand lei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vreedsame en gewelddadige optogte teister reeds die olie-ryke Oostelike Provinsie vir al meer as &#8216;n jaar. Dit is Sjia-protes en dus atipies van die res van die koninkryk. Sjia-andersdenkendes in Aramco, die Saoedi-olie-maatskappy, het ook kuberaanvalle gebruik om rekenaarstelsels aan te val, en meer as 30.000 werkstasies in Augustus gekraak. Hulle het moontlik hulp ontvang van Iran.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veel meer ontstellend is die protes in Soennie-dele van die koninkryk. Sodra dit momentum kry en sneeubal, is die groot stede van die Hejaz, met inbegrip van Jeddah, Mekka, Taif, en Medina binne bereik. Die Saoedi-opposisie het &#8216;n lewendige inligtingstegnologiekomponent wat vinnige kommunikasie van die verdeeldheid binne die koninkryk na die buitew\u00eareld kan stuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kritieke mag waarop die konings reken is die National Guard. Hulle is in die Verenigde State opgelei en toegerus met miljarde in helikopters en gepantserde voertuie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar sal die Guard op broers en susters in die straat skiet?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die opvolgkwessie voeg nog &#8216;n laag van komplikasies by. As die koning sterf sal onrus &#8216;n werklikheid word en die koninkryk selfs meer kwesbaar vir rewolusie. Net soos Mandela het hy ook nie meer lank oor nie. Die kroonprins ook nie, weens siekte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die VSA kan leef sonder Saoedi-olie, kan China, Indi\u00eb, Japan, en Europa nie. Onrus sal &#8216;n groot impak op die globale ekonomie h\u00ea. Daarbenewens, is die CIA se oorlog teen al-Kaida baie afhanklik van die koninkryk. Die Amerikaanse milit\u00eare opleidingmissie daar, gestig in 1953, is die grootste van sy soort in die w\u00eareld, &#8216;n teenwoordigheid wat Iran vir vier dekades al in toom hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bahrain, Qatar, Koeweit en die Verenigde Arabiese Emirate is nie in staat om hulself te verdedig teen &#8216;n revolusion\u00eare regime nie. Jordani\u00eb sal waarskynlik wankel en slegs Oman is ge\u00efsoleer en sterk genoeg om staande te bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amerika sal stilletjies moet begin beplan vir die ergste. &#8216;n Verrassing soos Iran in 1978 kan Obama tref voor sy termyn om is, en dit gaan &#8216;n demokratiese verrassing wees.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die VSA se president kan tans een ding nie bekostig nie, en dit is demokrasie, die gonswoord wat die nuwe millenium ingelui het. Saoedi-Arabi\u00eb is die w\u00eareld se laaste absolute monargie. Soos Louis XIV, is koning Abdoellah &#8216;n monarg in die ware sin van die woord. Maar terwyl &#8216;n rewolusie in Saoedi-Arabi\u00eb nog steeds nie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14058\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Demokrasie, wat Obama nie kan bekostig nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-14058","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14058","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14058"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14058\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14058"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14058"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14058"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}