{"id":14046,"date":"2013-01-27T08:15:54","date_gmt":"2013-01-27T08:15:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14046"},"modified":"2013-01-27T08:15:54","modified_gmt":"2013-01-27T08:15:54","slug":"het-die-afrikaanse-letterkunde-misluk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14046","title":{"rendered":"Het die Afrikaanse letterkunde misluk?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Onlangs val dit my op dat Karel Schoeman reeds drie keer die  Hertzogprys vir prosa ontvang het. Is daar s\u00f3 min bekroonbare skrywers  in Afrikaans dat dit nodig was om Schoeman drie keer te beloon, wonder  \u2018n mens?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Sweedse Akademie het dit nog geensins nodig gevind om enige  Afrikaanse skrywer met \u2018n Nobel te vereer nie. Terwyl twee sulke  middelmatige romansiers soos Nadine Gordimer en J.M. Coetzee vanuit die  piepklein Engels-Suid-Afrikaanse letterkunde reeds daardie onderskeiding  te beurt geval het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word daar deesdae enigiets in Afrikaans gepubliseer waaroor \u2018n mens  opgewonde kan raak of wat iets sinvols oor ons bestaan in die wye en  droewe land te s\u00ea het? Onlangs ontmoet ek \u2018n meisie wat verlede jaar in  matriek was en sy s\u00ea spontaan vir my dat \u201csy verkies om ou boeke te lees  want die taal is beter\u201d. &#8216;n Nogal verdoemende uitspraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polemiek rondom Jackie Nagtegaal se Daar&#8217;s vis in die punch het  Afrikaanse literatore in twee kampe verdeel: di\u00e9 wat Standaardafrikaans  as die Stradivarius sien waarsonder geen violis behoorlike musiek kan  maak nie, en die voorstanders van Kreools. Nie net het Nagtegaal se  Engfrikaanse novelle &#8216;n klomp pryse ingepalm nie, maar sowel Andr\u00e9 P.  Brink as Antjie Krog het haar taalgebruik as die soveelste  geoedipaliseerde &#8220;opstand teen die vaders&#8221; in Afrikaans verwelkom. Brink  het Nagtegaal selfs met Fran\u00e7oise Sagan vergelyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n veelseggende epos aan die Kleinmond-leeskring skryf Nagtegaal:  &#8220;Kom ons begin maar by die drugs en die taal. Dis die twee main goed  waaroor almal altyd wil praat. En nee ek is nie so seer gatvol nie. Dink  net dit is uit proportion uitgeruk. (My Afrikaans gaan tien teen een  nog slegter wees in die e-mail want hier\u2019s nie \u2018n speltoetser op my  e-mail nie en ek gebruik eerder \u2018n engelse woord as \u2018n verkeerd gespelde  Afrikaanse woord en daar bly nie Tafelberg editors in my outbox nie)&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die dialoog van Karin Brynard se speurverhale en Kerneels  Breytenbach se erg pretensieuse Piekniek by hangklip vind &#8216;n mens  dieselfde hunkering na platvloersheid en Kreools. Brynard het een van  die amusantste onlangse uitsprake gelewer: \u201cEk het geen ambisie gehad om  \u2018n skrywer te word nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit strek egter verder as bloot Engfrikaans. Dis asof die hele  moderne beweging in Afrikaans, wat hom glo van &#8220;mooiskrywery&#8221; wou  weerhou, afkerig teenoor liter\u00eare styl staan. So min of meer die  teenoorgestelde van Georges-Louis Leclerc se spreuk: &#8220;Die styl is die  man self.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis asof die fameuse Patriot-motto van weleer, \u201cskryf soos jy  praat\u201d, teruggekom het om by ons te kom spook. Jou tuinier praat beter  as sommige skrywers en gelukkig skryf hy dit nie neer nie, anders as  hulle.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Almal is nie Proust of Joyce nie. Miskien kan &#8216;n skrywer  nog met swak taal en styl verbykom, solank hy oor &#8216;n idee beskik. Maar  dis nou juis hier waar ons Afrikaanse skrywers in hul politieke en  filosofiese konformisme hul lesers in die steek gelaat het. Die  misrabele debat oor &#8220;betrokkenheid&#8221; wat destyds in die laat 1960s in die  tydskriffie Kol begin het, het nie net die na\u00efwiteit van die Afrikaanse  hoofstroom onthul nie, dog ook sy afhanklikheid van  Engels-Suid-Afrikaanse (en Britse) modelle. Teenoor die ryk,  genuanseerde debatte oor sulke kwessies op die vasteland van Europa.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Marlene van Niekerk se Triomf verteenwoordig die nulpunt van  betrokkenheid, &#8216;n soort &#8220;arm man se sosiaal-realisme&#8221;. Verder as bladsy  127 kon ek nie lees nie, want toe word ek oorval deur \u2018n gevoel van  verveling en afsku, nie soseer afsku oor die vergesogte w\u00eareld en  taalgebruik van die karakters nie, maar \u2018n weersin in die werk self en  in die soort mentaliteit waaruit dit spruit. Ongelukkig dink ek dit het  die sluise van ressentiment in Afrikaans oopgetrek en sedertdien kan die  soort dom dekadensie wat as\u2019t ware botvier, op \u2018n manier na Triomf  teruggevoer word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Andr\u00e9 P. Brink se onlangse Philida word hierdie blik terug in die  geskiedenis in geteleskopeer, met die stereotipering en  karikaturisering van ou-Kaapse verhoudings tussen meesters en slawe,  blanke Afrikaners en bruines.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons staan aan die begin van \u2018n nuwe millennium; nietemin is die  gevoel van fin de si\u00e8cle vandag in Afrikaans sterker as ooit. Dis asof  die Afrikaner se politieke mislukking, sy \u201coorgawe sonder neerlaag\u201d  (Giliomee), insgelyks op ander gebiede manifesteer: di\u00e9 van kultuur,  taal, kuns, teater en, les bes, letterkunde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kennelik was Afrikaanse skrywers heel tuis in die klassisisme en die  romantiek. Die beteres, soos Karel Schoeman en Dan Sleigh, skryf in  Standaardafrikaans maar hou hulle ook naby aan die klassieke vorme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Haarhoff  en Van Rensburg se vertalings uit die Latyn en Grieks verteenwoordig  steeds van die grootste bydraes tot ons letterkunde. Die oomblik toe die  modernisme ons so ongeveer n\u00e1 die tweede w\u00eareldoorlog bereik, het ons  verval in \u2018n tipiese derdew\u00eareldsindroom, Naipaul se \u201cmimiekmense\u201d wat  sonder veel begrip naboots, terwyl ressentiment jeens die self en die  koloniale meester gedy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ressentiment, waaroor Nietzsche so helder geskryf het, is nie beperk  tot onvergenoegdheid en naywer jeens \u2018n heersersklas, \u2018n koloniale  owerheid of gewaande verdrukker nie. Bowenal vertaal ressentiment in \u2018n  selfontevredenheid, skuldgevoelens en \u2018n versteurde identiteit. Andr\u00e9 P.  Brink se verbysterende uitspraak in die dokument\u00eare film, Andr\u00e9 Brink  die Afrikaan, naamlik dat \u201cmy mense verdien om te verdwyn\u201d is tipies  hiervan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al waarvoor ons kan hoop, is dat daar uit die goedkoop  liefdesverhale en stories oor vampiere en zombies wat mense deesdae op  Amazon.com selfpubliseer, \u2018n nuwe Afrikaanse letterkunde mag verrys wat  ons ten minste van ressentiment kan bevry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die ernstige skrywer bly daar \u2018n vorm van solipsisme oor, di\u00e9  van vir jouself te skryf. Nie net kan hy daardeur die soort  buite-die-handel-ideaal van suiwer moderniteit bereik nie, maar sodoende  dalk ook \u2018n nuwe begin pleeg.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.2000.ua\/v-nomere\/aspekty\/ekspertiza_aspekty\/razvitie-harkova-pozitivnaja-dinamika.htm\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onlangs val dit my op dat Karel Schoeman reeds drie keer die Hertzogprys vir prosa ontvang het. Is daar s\u00f3 min bekroonbare skrywers in Afrikaans dat dit nodig was om Schoeman drie keer te beloon, wonder \u2018n mens? Die Sweedse Akademie het dit nog geensins nodig gevind om enige Afrikaanse skrywer met \u2018n Nobel te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14046\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Het die Afrikaanse letterkunde misluk?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[167,10549,8827,154,10551,10550],"class_list":["post-14046","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-afrikaans","tag-afrikaanse-letterkunde","tag-andre-p-brink","tag-dan-roodt","tag-francoise-sagan","tag-jackie-nagtegaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14046","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14046"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14046\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14046"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14046"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14046"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}