{"id":14039,"date":"2013-01-25T04:58:54","date_gmt":"2013-01-25T04:58:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14039"},"modified":"2013-01-25T04:58:54","modified_gmt":"2013-01-25T04:58:54","slug":"e-tol-deel-van-reuse-korrupsie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14039","title":{"rendered":"E-tol deel van &#8216;reuse korrupsie&#8217;"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Alle Suid-Afrikaners behoort die Bondgenootskap teen Stedelike Tol se regsaksie teen die Gautengse e-tolstelsel te ondersteun. Die e-tol is deel van &#8216;n reusagtige korrupsiespul wat die oorlewing van grondwetlike demokrasie in die gedrang bring, volgens Terry Crawford-Browne.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe ANC-intelligensieagente onder leiding van Bheki Jacobs die fluitjie oor die wapenskandaal in 1999 geblaas het, het hulle aan my ges\u00ea die wapenskandaal is maar die oortjies van die seekoei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens di\u00e9 agente was daar &#8216;n algemene verband tussen olietransaksies, rybewyse, Coega, Cell C, diamant- en dwelmsmokkelary, handeldryf in wapens, geldwassery en tolpadkontrakte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 verband was &#8216;n 10%-oorbetaling aan die ANC in ruil vir politieke beskerming.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is waarom dit so belangrik is dat elke Suid-Afrikaner die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) se regsaksie teen Gauteng se e-tolstelsel ondersteun.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oorlewing van die land se grondwetlike demokrasie is in die gedrang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC weier om sy boeke vir openbare ondersoek oop te maak en voer telkens skynheilig aan dat dit sy privaatsake is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aangesien die ANC byna bankrot was, het die voormalige ANC-tesourier Mendi Msimang almal in 2007 op die Polokwane-konferensie verras deur te openbaar die ANC het bates van R1,75 miljard.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het die ANC, selfs toe, een van die rykste politieke partye in die w\u00eareld gemaak en die ANC-leiers het sedertdien skaamteloos aangehou met hul soeke na rykdom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wapenskandaal het in September 1999 ontplof. Dit broei steeds vandag ondanks massiewe pogings van oudpres. Thabo Mbeki en sy kollegas om die skandaal te probeer toesmeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog laat ooreenkomste daarna, insluitende reuse-beleggings in elektrisiteit, die wapenskandaal soos kleingeld lyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke keer wanneer ons as Suid-Afrikaners ons ligte aanskakel, dra ons by tot die ANC se geldkas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die e-tolskandaal het uiteindelik in Mei verlede jaar in die ope gekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het openbare woede ontlok omdat die regering die burgers as een groot spaarbussie beskou wat die ANC gedurig moet finansier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In werklikheid was die korrupsie met tolpaaie reeds so vroeg as in 1994 duidelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van Schabir Schaik se maatskappye, die Nkobi-groep, was nie net by die wapenskandaal betrokke nie, maar het ook verskeie regeringskontrakte ter waarde van R10 miljard ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van di\u00e9 kontrakte was die skepping van die N3-hoofweg tussen Johannesburg en Durban as &#8216;n tolpad en die ontwikkeling van die nuwe rybewyskaart.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die departement van vervoer, onder leiding van Mac Maharaj, het in 1996 &#8216;n kontrak oor rybewyse van R650 miljoen aan die Prodiba-konsortium toegestaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir elke hernuwing ontvang Prodiba R40. Die konsortium bestaan uit maatskappye in die Shaik-sakeryk:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211; Idmatics, &#8216;n filiaal van die Franse verdedigingsgroep Thales, wat &#8216;n sentrale karakter in die wapenskandaal geword het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211; KobiTech, deel van Shaik se Nkobi Holdings. In daardie stadium was Shaik &#8216;n plaaslike direkteur van Thales.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2005 is Shaik skuldig bevind aan korrupsie en dat hy omkoopgeld van Thales aanvaar het. Gevolglik is KobiTech in 2007 uit die konsortium geskop, maar Thales is steeds &#8216;n lid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nkobi Holdings is na die wyle ANC-tesourier, Thomas Nkobi, genoem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 maatskappy bestaan uit minstens een filiaal, Floryn Investments, wie se uitsluitlike doel was om &#8220;skenkings&#8221; na die ANC te kanaliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos wat Jacobs verstaan het, was daar nog erger skandale soos vermeende ingewikkelde geldwassery deur die Reserwebank en die tesourie, wat Suid-Afrikaners glo al miljarde rande gekos het. Die aantygings is nog nie ondersoek nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie van die geldwassery is volgens Jacobs gedoen deur die Public Investment Commission (PIC), wat die staat se pensioenfonds bestuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die PIC is nou Suid-Afrika se grootse finansi\u00eble instelling, wat meer as &#8216;n R1 000 miljard bestuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die PIC word deur die staat besit met die minister van finansies as die staat se ex officio-verteenwoordiger.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig is Jacobs, &#8216;n voormalige intelligensie-agent van die ANC wat &#8216;n tyd lank onder Mbeki in die ANC se departement van internasionale betrekkinge gewerk het, in September 2008 onder verdagte omstandighede in die ouderdom van 46 oorlede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie van sy kollegas glo dat die kankers waaraan hy dood is met opset veroorsaak is en dat hy vermoor is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het ook die Seriti-kommissie, wat aangestel is om die omstrede wapentransaksie te ondersoek, gevra om sy dood te ondersoek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die e-tolsaak in die hof gedraai het, het dit ook aan die lig gekom dat die PIC sowat 50% van skuldbriewe besit wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) uitgereik is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is baie op die spel. Indien die e-tolprojek nie slaag nie, sal belastingbetalers nie net Sanral uit die skuld moet red nie, maar ook moet help om die sowat R8 miljard in staatsamptenare se pensioengeld te vervang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit word nie eens meer bevraag\u00adteken of die e-tolstelsel te duur of bedrieglik was nie, nie eens deur die huidige minister van finansies, Pravin Gordhan, nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy ingryping in die saak in Mei verlede jaar was ongehoord en het ook vrae laat ontstaan oor wat die rede vir sy paniek was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het &#8216;n bespotting gemaak van die Wet op Openbare Finansi\u00eble Bestuur (PFMA) en artikel 217 (1) van die Grondwet wat s\u00ea dat regerings kontrakte op &#8216;n regverdige, billike en oop wyse moet hanteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Watter geraamtes het Gordhan saam met die e-tol, Sanral en PIC ge\u00ebrf?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verlaging van Suid-Afrika se kredietgradering deur drie internasionale kredietagentskappe voorspel die groeiende kommer oor die moontlikheid van &#8216;n toekomstige ekonomiese inploffing, wat vererger word deur die regering se onvermo\u00eb om onrus regoor die land te beheer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uitspraak in Desember verlede jaar teen Outa deur waarnemende regter Louis Vorster vererger ook die saak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortweg, volgens Vorster, het belastingbetalers geen toevlug wanneer uitvoerende besluite irrasioneel, roekeloos en onwettig is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal seker nooit in die konstitusionele hof staan nie? In die tydlose woorde van die Britse regsgeleerde lord Denning: &#8220;Fraud unravels everything.&#8221;<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/nahnews.org\/160337-kto-pomogaet-xarkovchanam-skryvatsya-ot-mobilizacii\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Alle Suid-Afrikaners behoort die Bondgenootskap teen Stedelike Tol se regsaksie teen die Gautengse e-tolstelsel te ondersteun. Die e-tol is deel van &#8216;n reusagtige korrupsiespul wat die oorlewing van grondwetlike demokrasie in die gedrang bring, volgens Terry Crawford-Browne. Toe ANC-intelligensieagente onder leiding van Bheki Jacobs die fluitjie oor die wapenskandaal in 1999 geblaas het, het hulle &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14039\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;E-tol deel van &#8216;reuse korrupsie&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14039","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14039","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14039"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14039\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14039"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14039"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14039"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}