{"id":14035,"date":"2013-01-24T07:32:01","date_gmt":"2013-01-24T07:32:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14035"},"modified":"2013-01-24T07:32:01","modified_gmt":"2013-01-24T07:32:01","slug":"amerikaanse-vroue-na-frontlinies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14035","title":{"rendered":"Amerikaanse vroue na frontlinies"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Vroue in die Akerikaanse weermag sal binnekort amptelik die geleentheid kry om in die voorste linies van die land se oorlo\u00eb te dien.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Leon Panetta, in een van sy laaste besluite as President Obama se verdedigingsekretaris, sal die huidige beleid aanpas, wat honderde duisende frontlinieposisies en elite kommandoposte na meer as &#8216;n dekade van oorlog sal oopstel vir beide geslagte, het die Pentagon Woensdag bevestig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die innoverende skuif is &#8216;n omkeer van &#8216;n 1994-re\u00ebl wat die verbod teen vroue in di\u00e9 rol bekragtig. Panetta se besluit gee die weermag tot Januarie 2016 om spesiale uitsonderings te formuleer indien hulle glo dat enige poste vir vroue verbode moet bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige frontlinie milit\u00eare rolle mag so gou as hierdie jaar oopgestel word vir vroue. Assessering vir ander, soos spesiale operasies, vir die Navy Seals en die weermag se Delta Force, kan langer neem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Hierdie besluit kan meer as 230,000 poste &#8211; baie in die Infanterie en Mariene-eenhede &#8211; oopstel vir vroue.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Senator John McCain, R-Ariz., het ges\u00ea hy ondersteun Panetta se besluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die feit is dat Amerikaanse vroue reeds diens verrig in doodsgevaar vandag oor die hele w\u00eareld en in elke afdeling van ons gewapende magte,&#8221; het hy ges\u00ea in &#8216;n verklaring. &#8220;Baie het die hoogste offer gebring, en ons nasie is aan hulle &#8216;n diepe dankbaarheid verskuldig.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroue dien reeds as dokters, milit\u00eare polisielede en intelligensie amptenare, maar nie formeel nie, in eenhede op die voorste linies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroue maak 14 persent uit van die 1,4 miljoen aktiewe milit\u00eare personeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Panetta sal nie aanbly as Obama met sy tweede termyn begin nie, en die voormalige Sen. Charles Hagel is genomineer om Panetta se plek te neem.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/profil-rukovoditelya-xarkovskoj-prokuraturi-filchakova-aleksandra\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vroue in die Akerikaanse weermag sal binnekort amptelik die geleentheid kry om in die voorste linies van die land se oorlo\u00eb te dien. Leon Panetta, in een van sy laaste besluite as President Obama se verdedigingsekretaris, sal die huidige beleid aanpas, wat honderde duisende frontlinieposisies en elite kommandoposte na meer as &#8216;n dekade van oorlog &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14035\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Amerikaanse vroue na frontlinies&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-14035","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14035","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14035"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14035\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14035"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14035"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14035"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}