{"id":14023,"date":"2013-01-23T04:19:32","date_gmt":"2013-01-23T04:19:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14023"},"modified":"2013-01-23T04:19:32","modified_gmt":"2013-01-23T04:19:32","slug":"anc-veroordeel-sasolburg-geweld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14023","title":{"rendered":"ANC veroordeel Sasolburg-geweld"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die ANC het Dinsdag die plundery en geweld tydens &#8216;n betoging in die Zamdela-woonbuurt in Sasolburg veroordeel.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons grootste bekommernis is die vlak van kriminele bedrywighede wat plaasvind, insluitend die plundery van winkels,&#8221; het Jackson Mthembu, woordvoerder, in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit sal nie net sakebedrywighede in die gebied raak nie, maar ook onskuldige inwoners.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geweld, wat Sondag begin het, is veroorsaak deur planne om die Sasolburg- en Parys-munisipaliteit saam te smelt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Betogers het Dinsdag probeer om &#8216;n plaaslike polisiekantoor af te brand en &#8216;n motor en winkel aan die brand gesteek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie moes vir &#8216;n tweede agtereenvolgende dag rubberkoe\u00ebls gebruik om die betogers in bedwang te bring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC het die regering en wetstoepassingsagentskappe geprys vir die &#8220;spoedige ingryping&#8221; en inhegtenisnemings.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit kan nie toegelaat word in &#8216;n moderne samelewing soos di\u00e9 waarin ons leef nie. Individue met bymotiewe neem&#8230; wat &#8216;n vreedsame betoging moet wees en maak dit &#8216;n teelaarde vir kriminaliteit,&#8221; het Mthembu ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Richard Baloyi, minister van samewerkende regering, het besluit om die samesmelting van die Sasolburg- en Parys-munisipaliteit in die Vrystaat te laat vaar, berig die SABC.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Inwoners het aangedui dat hulle gelukkig is met Baloyi se besluit dat &#8216;n taakspan aangestel moet word om die ingewikkelde kwessie van munisipale afbakening aan te spreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 besluit volg n\u00e1 dae van gewelddadige betogings in die gebied, veral in die Zamdela-woonbuurt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dinsdag het die situasie in die omstrede township-gebied handuit geruk toe die plaaslike polisiekantoor aangeval is. Betogers het ook probeer om &#8216;n polisievoertuig aan die brand te steek en regeringsamptenare is met Njalas na die toneel gebring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die situasie is tans &#8216;n bietjie rustiger, maar daar is steeds &#8216;n sterk polisieteenwoordigheid in die gebied, het Mail &amp; Guardian berig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie het vroe\u00ebr versterkings ingeroep om te help om sowat 100 polisiebeamptes, inwoners en joernaliste uit die Sasolburg-polisiekantoor te bevry, berig Times Live.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beeld berig &#8216;n man is Dinsdag in die oproer in die Zamdela-Sasolburg-omgewing doodgeskiet, vermoedelik toe &#8216;n groep oproeriges &#8216;n winkel in Sasolburg wou plunder. Verskeie mense, waaronder twee joernaliste, is ook in die geweld beseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie het ook aan aan Mail &amp; Guardian bevestig dat die Zamdela-polisiekantoor aan die brand gesteek is. Die plaaslike Telkom-kantoor smeul ook.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie het &#8216;n pad, wat lei na die sentrale sakedistrik, versper in &#8216;n poging om te verhoed dat betogers die dorp betree. Die betogers het probeer om deur die versperring te breek, waarna die polisie rubberkoe\u00ebls afgevuur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lede van die openbare orde-polisie het vroe\u00ebr rubberkoe\u00ebls op die betogers gevuur en waterkanonne gebruik in &#8216;n poging om verdere geweld te verhoed. Polisiehelikopters sirkel oor die gebied en &#8216;n helikopter is ook gebruik om die minister te vervoer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Inwoners betoog sedert Sondag oor die samesmelting van die Sasolburg- en Parys-munisipaliteit.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/gordonua.com\/news\/war\/na-granice-pri-popytke-sbezhat-v-rossiyu-zaderzhali-harkovskuyu-minershu-55925.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC het Dinsdag die plundery en geweld tydens &#8216;n betoging in die Zamdela-woonbuurt in Sasolburg veroordeel. &#8220;Ons grootste bekommernis is die vlak van kriminele bedrywighede wat plaasvind, insluitend die plundery van winkels,&#8221; het Jackson Mthembu, woordvoerder, in &#8216;n verklaring ges\u00ea. &#8220;Dit sal nie net sakebedrywighede in die gebied raak nie, maar ook onskuldige inwoners.&#8221; &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14023\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC veroordeel Sasolburg-geweld&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14023","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14023","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14023"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14023\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14023"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14023"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14023"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}