{"id":140,"date":"2007-02-15T20:42:32","date_gmt":"2007-02-15T20:42:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=140"},"modified":"2007-02-15T20:42:32","modified_gmt":"2007-02-15T20:42:32","slug":"minderwaardigheid-katalisator-vir-etniese-geweld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=140","title":{"rendered":"Minderwaardigheid katalisator vir etniese geweld"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die tese dat etniese groepe &#8220;agente&#39;&#39; van &#39;n buitelandse mag verteenwoordig, kom voor in die meeste verslae oor etniese onluste. Van 1780 af, toe Katolieke in Londen aangeval is omdat mense geglo het hulle is pouslike samesweerders wat deur die weermagte van Frankryk en Spanje gesteun is, tot die laat 19de eeu, toe Armeni&euml;rs in Turkye daarvan verdink is dat hulle die Russe goedgesind is, is etniese teikengroepe s&oacute; voorgestel.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In Zimbabwe word die boere ook as &quot;agente&#39;&quot; voorgestel, ongeag hul burgerskap. Die teikenidentifikasie vind slegs in rasseterme neerslag. Die regerende party se retoriek klink daarom asof dit teen die Weste as geheel gemik is en nie teen &#39;n minderheid binne eie landsgrense nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Etniese geweld is deur dieselfde retoriek in Kambodja, Mianmar en Uganda gekenmerk.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Michael Ignatieff, in sy boek <em>Blood and Belonging<\/em>, en Horowitz voer albei aan dat daar &#39;n psigologiese dimensie aan antagonisme is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wat betref kenmerke van botsende groepe, moet in gedagte gehou word dat dit betrekking het op twee antagoniste (oftewel groepe). In di&eacute; verband is psigologiese jukstaposisie handig om die antagonistiese verhouding beter te verstaan.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Met verwysing na kommer in 1992 oor die opkoms van neo-Nazigeweld in Oos-Duitsland teenoor die Turkse minderheid n&aacute; die val van die Berlynse Muur, het die meningsnavorser Elisabeth Noelle-Naumann ges&ecirc;: &quot;Die sleuteltaak is om selfvertroue te herwin. Hierdie (Oos-Duitse) bevolking is &#39;n gewonde nasie . . . Ek meen mense sal net gemaklik wees as hulle hul natuurlike selfrespek as volk kan herwin. &#39;n Individu wie se selfrespek weggevat word, ly erg skade. Dit geld ook volke.&#39;&#39;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Horowitz toon met voorbeelde uit veral Asi&euml; en Afrika die ooreenkomste in antagonisme tussen individue en groepe in voorvalle van etniese geweld.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hy onderskei tussen sogenaamde mededingende agterlike en vooruitstrewende groepe. Met enkele uitsonderings is dit altyd die groep wat as vooruitstrewend gesien word, wat aangeval word.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">S&oacute; het die Lulua die Luba in die destydse Za&iuml;re aangeval, het die Hutu&#39;s die Tutsi&#39;s in Rwanda vermoor omdat hulle minderwaardig teenoor laasgenoemde gevoel het, het die Mbochi die Lari in die Kongo geteister en het die Maleiers Chinese minderhede in Maleisi&euml; en Singapoer uitgesonder.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hoe meer verskille ter sprake is, hoe groter is die potensiaal vir konflik. Die Lari is byvoorbeeld beskryf as &quot;gevorderd&#39;&#39; en &quot;ondernemend&#39;&#39; en daarom as gevaarlik vir die Mbochi.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Luba is beskou as &quot;hooghartig, arrogant en nepotisties&#39;&#39; en die Lulua was dus &#8220;bang vir onderdrukking&#39;&#39; en wou graag &quot;byhou&#39;&#39;.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In Zimbabwe word die boere, wat meen hulle is noodsaaklik vir die ekonomie, as &#39;n struikelblok gesien omdat hulle gelyke geleenthede met hul &quot;koloniale grondhonger&#39;&#39; strem.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die eise om die speelveld gelyk te maak, gaan nie sonder &#39;n groot mate van selfverwyt en selftwyfel gepaard nie. Die ondergeskikte groep wat wil sien dat die oop aspek van mededinging ingeperk word en wat spesiale behandeling vra, soos regstellende maatre&euml;ls, laat die gevoel van onsekerheid in die groep verhoog.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die psigoanalis Ernest Jones verduidelik die psigodinamika van hoe di&eacute; soort konflik (wat intern is en nie ekstern nie) tot aggressie kan lei.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Jones sien haat as die normale reaksie op selfvertwyfeling. Indien die haatgevoelens tot skuld lei, is die enigste manier om verligting te kry eenvoudig om m&eacute;&eacute;r te haat. &#39;n Oordrewe bedreiging word in die teikengroep uitgewys en die haatgevoelens op hulle geprojekteer.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ironies is dat indien die teikengroep heftig op sulke haat reageer, hulle s&oacute; onwetend die gewaande &#8220;redelikheid&#39;&#39; van die haatgevoelens teenoor hul groep bevestig. En s&oacute; maak hulle dit makliker vir die inisieerders om oor te gaan tot geweld as die geleentheid hom voordoen.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die teorie van frustrasie-aggressie volg &#39;n ander roete, maar kom tot dieselfde gevolgtrekking.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Indien daar geen ander uitlaatkleppe vir opbouende frustrasie is nie, neem die waarskynlikheid van geweld toe.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">As agterlikheid beteken dat doelwitte buite bereik sal bly, is geweld al manier om verskille uit die weg te ruim om uiteindelik weer &#39;n posisie van mag teenoor die ander groep te beklee.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Geweld word gekenmerk deur onderliggende selfvertwyfeling en &#39;n verbale onvermo&euml;, meen Hans Toch in sy boek <em>Violent Men<\/em>.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die verloorder wil nie net die spel opbreek nie, hy wil sy opponent vernietig. Horowitz sien di&eacute; ooreenkoms in byna elke geval van etniese geweld.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">En die teikengroep deel sonder uitsondering dieselfde kenmerke: ondernemendheid, ambisie, energie, arrogansie en sukses.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/igrushki-dlya-devochek\/detskie-kolyaski\/\">\u043a\u043e\u043b\u044f\u0441\u043a\u0456 \u0434\u0438\u0442\u044f\u0447\u0456<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ipress.ua\/ru\/news\/prokurora_harkova_uvoleno_111840.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/karinkl2.JPG\" width=\"115\" height=\"149\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>In sy boek <em>The Deadly Ethnic Riot<\/em> bespreek Donald Horowitz die oorsake van etniese konflik. Dit bied &#39;n interessante perspektief op die gebeure in Zimbabwe.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens Horowitz tree meerderhede soms op asof hulle minderhede is: hulle oordryf die bedreiging wat &#39;n getalleminderheid inhou en onderskat hul eie vermo&euml; om &#39;n bedreiging die hoof te bied.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoBodyText\" align=\"justify\">Dikwels tree meerderhede op asof die bedreiging van &#39;n minderheid nie net binnelands bestaan nie, maar asof daar groot buitelandse affiniteit met &#39;n sekere etniese groep is.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Anti-Moslemgevoelens in Indi&euml; is tydens die 1992-onluste s&oacute; gedramatiseer dat soekligte ter see ingespan is om die (nie-bestaande) Pakistanse invallers vroegtydig te kon afweer.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In Zimbabwe word Brittanje betrek by die krisis. Armoede, wat deur die regering van pres. Robert Mugabe gesien word as uitsluitlik die gevolg van kolonialisme, en &#39;n dreigende hongersnood vanwe&euml; die voedselkrisis, word &#39;n aanklag teen wit boere. Boere moet dus vergoeding vir grondonteiening van die &quot;koloniale uitbuiter&quot; eis en nie van die Zimbabwiese regering nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In albei gevalle l&ecirc; die probleem elders en die teikengroep word daaraan gekoppel.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[45],"tags":[166,289,21092],"class_list":["post-140","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c26-karin-roodt","tag-karin-roodt","tag-minderwaardigheid-katalisator-vir-etniese-geweld","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/140","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=140"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/140\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=140"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=140"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=140"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}