{"id":13998,"date":"2013-01-17T09:08:41","date_gmt":"2013-01-17T09:08:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13998"},"modified":"2013-01-17T09:08:41","modified_gmt":"2013-01-17T09:08:41","slug":"bundesbank-vra-goud-van-vsa-frankryk-terug","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13998","title":{"rendered":"Bundesbank vra goud van VSA, Frankryk terug"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Duitsland se sentrale bank eis van sy groot goudreserwes wat in die VSA en Frankryk gehou word, terug. Die stap volg na &#8216;n oudit wat die Bundesbank vir wanbestuur gekritiseer het, omdat die reserwes nog nooit &#8220;fisies nagegaan&#8221; is nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Bundesbank het planne aangekondig om sy hele 374-ton goud te onttrek van die Bank van Frankryk in Parys, en 300 ton van die 1500 ton wat tans gehou word deur die New York Federal Reserve.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Duitse regering wou nie kommentaar lewer op die verslae voor die aanbieding van &#8216;n nuwe plan vir die bestuur van sy goudreserwes Woensdag nie. Duitsland spog met die w\u00eareld se tweede grootste goud reserwes van 270.000 goudstawe ($177.5 miljard), net na di\u00e9 van die VSA.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duitsland se goudvoorraad is na die buiteland verskuif gedurende die Koue Oorlog te midde van vrese van &#8216;n moontlike Sowjet-inval. Daar is nou geen rede om die oorsese voorraad daar te hou nie, het die Bundesbank ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van nou af, sal die bank slegs klein hoeveelhede goud in die buiteland hou vir doeleindes van handeldryf.<br \/>Ongeveer 30 persent van Duitsland se goudreserwes word tans in die land gehou by die fasiliteite van die Frankfurtse Bundesbank.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die politieke veiligheidsituasie het verander,&#8221; het Bundesbankraadslid Carl-Ludwig Thiele aan verslaggewers ges\u00ea Woensdag. Hy het bygevoeg dat die goud &#8216;n belangrike bron van &#8220;vertroue in die geldeenheid en in die ekonomiese mag van ons land is.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stap volg op &#8216;n verdoemende verslag deur die Duitse Hof van Ouditeure op die bestuur van die Bundesbank se buitelandse goudvoorraad. Ouditeure het ges\u00ea dat die goud &#8220;is nog nooit fisies geverifieer nie,&#8221; en nie onder behoorlike beheer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Bundesbank is uit die veld geslaan deur die kritiek, en het beklemtoon dat daar geen noodsaaklikheid vir spekulasie oor Duitsland se oorsese stoorplek is nie en dat &#8220;daar is geen twyfel oor die integriteit van die buitelandse stoorplekke is nie.&#8221; Die sentrale bank word wyd beskou as een van die mees betroubare instellings in die Duitse samelewing.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Hierdie salvo kan die begin van die einde van die Amerikaanse dollar as die reserwegeldeenheid van keuse beteken.<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.drivemir.ru\/object\/topcargo-perevozka-obemnih-gruzov\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Duitsland se sentrale bank eis van sy groot goudreserwes wat in die VSA en Frankryk gehou word, terug. Die stap volg na &#8216;n oudit wat die Bundesbank vir wanbestuur gekritiseer het, omdat die reserwes nog nooit &#8220;fisies nagegaan&#8221; is nie. Die Bundesbank het planne aangekondig om sy hele 374-ton goud te onttrek van die Bank &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13998\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bundesbank vra goud van VSA, Frankryk terug&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-13998","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13998","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13998"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13998\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13998"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13998"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13998"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}