{"id":13972,"date":"2013-01-14T05:00:34","date_gmt":"2013-01-14T05:00:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13972"},"modified":"2013-01-14T05:00:34","modified_gmt":"2013-01-14T05:00:34","slug":"boikot-sal-slegs-buitelandse-mededingers-bevoordeel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13972","title":{"rendered":"Boikot sal slegs buitelandse mededingers bevoordeel"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Toespraak by die Ho\u00ebveld Bonsmara-klub se 36ste jaarvergadering.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1.      Waardering<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het reeds telkemale in die openbaar en in die parlement gepraat oor die feit dat daar nie genoeg waardering by die Suid-Afrikaanse bevolking &#8212; maar ook spesifiek by politieke leiers &#8212;  is vir die belangrike rol wat landbou, en in hierdie spesifieke geval veeteelt in Suid-Afrika speel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom ons kyk na enkele syfers wat die belangrikheid van veeboerdery vandag aandui:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika word ongeveer 68% van die totale landbou grondoppervlakte vir weiding gebruik, terwyl slegs 14% as ho\u00eb potensi\u00eble landbougrond geklassifiseer word. Duidelik word meeste van Suid-Afrika se grond vir veeboerdery gebruik omdat dit nie geskik is vir enige ander vorm van landbou nie. Veeboerdery het ook vir die tydperk 1996 tot 2008 ongeveer 42% tot die bruto binnelandse landbouproduk bygedra.  Dit is die hoogste van al die landbou sub-sektore in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die Minister van Ekonomiese Ontwikkeling, mnr. Patel, lewer die sowat 38 000 kommersi\u00eble boere 95% van die land se plaaslik vervaardigde voedsel. Die ander 5% word deur die 220 000 opkomende boere en 1,3 mil. bestaansboere gelewer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na &#8216;n daling in die verbruik van rooivleis in vorige dekades het die situasie nou ook verander. In Suid-Afrika ontwikkel op die oomblik &#8216;n steeds groter wordende ekonomiese nuwe middelklas. Hierdie nuwe middelklas het &#8216;n invloed op die eetpatrone in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons moet skielik meer en meer rys invoer omdat hierdie nuwe middelklas besig is om van mielies na rys as stapelvoedsel oor te skuif. Dieselfde met vleis. Soos hierdie middelklas groep groter word, sal die verbruik van rooivleis ook gaandeweg styg. Die voorspelling is dat skaap- en beesproduksie in die volgende dekade in Suid-Afrika meer gaan styg as die gemiddelde w\u00eareldproduksie en dat ons aan die einde van die dekade meer voedsel en vleis na Afrika gaan uitvoer as na Europa, ons tradisionele uitvoerbestemming.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die huidige tendense voortduur, gaan Afrika &#8216;n toenemende belangrike rol in die w\u00eareldekonomie speel. Teen 2040 sal Afrika een uit vyf van die planeet se jongmense huisves en sal sy arbeidsmag groter wees as die van China. Afrika het 60% van die w\u00eareld se onbewerkte landbougrond \u2013 tog dra dit tans slegs 10% tot die w\u00eareld se landbouproduksie by.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.      Trots op boere<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om vandag &#8216;n suksesvolle boer te wees in ons uiters mededingende landbou-omgewing, verg baie meer as net die begeerte om te boer.  Behalwe vir landboukennis, verg dit finansi\u00eble kundigheid, produksie-, meganisasie-, bemarking-, personeelbestuur en kennis van talle ander velde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gemeet teen hierdie werklikhede is ek trots om te kan s\u00ea dat Suid-Afrika na my mening van die beste boere in die w\u00eareld het. Deur die bywoon van internasionale kongresse en die besoek aan ander lande, het ek die afgelope tyd heelwat insig in landboutoestande in ander lande gekry. Ons boere moet onder baie moeilike omstandighede meeding op internasionale markte \u2013 meeding met boere van ander lande wat op grootskaal deur hulle regerings beskerm en gesubsidieer word terwyl dieselfde nie hier geld nie. Ons landbouers oorleef omdat hulle planne maak en by nuwe omstandighede aanpas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Bonsmara beesras is &#8216;n voorbeeld van hoe Suid-Afrikaanse boere aanpas by Afrika se omstandighede en steeds presteer. Dr. Jan Bonsma se staatsprojek by die Mara proefplaas het daartoe gelei dat Suid-Afrika vandag beskik oor &#8216;n  ras wat internasionaal presteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">3.      Onsekerhede<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hoe gaan dit in die landbou?&#8221; word ek gereeld gevra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die antwoord: &#8220;Goed en sleg.&#8221; In sommige landboubedrywe het die bruto inkomste met groot persentasies gegroei. In ander het dit egter agteruit gegaan. Een van die groot probleme is insetkoste wat elektrisiteit, water, vervoerkostes, ens. behels. Die vervoerkonsultant (Max Braun) het bereken dat alleen die vervoerkoste van landbouprodukte die afgelope drie jaar met 20% toegeneem het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat is egter die grootste probleem in landbou? Die grootste probleem tans in die landbou is onsekerheid. Onsekerheid oor die toekoms; onsekerheid oor die regering se posisie en inmenging in landbou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie onsekerheid word veral veroorsaak deur onverantwoordelike propaganda stellings van die Malemas in Suid-Afrika en kort termyn denke wat nie ons lang termyn uitdagings in ag neem nie.  Dit geld veral die huidige plaaswerkerstakings en die grondkwessie in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">4.      Plaaswerkerstakings<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">De Doorns is tans in die nuus. Ek luister na die uitsprake van sekere vakbondleiers en na die sogenaamde plaaswerkerleiers in De Doorns en ek kan net my kop skud oor die kortsigtigheid. Daar is by hulle geen begrip vir die groter landbouprentjie nie. Hulle gee ook nie werklik om dat die plaaswerkers oor &#8216;n jaar die slegste hiervan gaan afkom as resultaat van wat nou gebeur nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie sogenaamde leiers doen &#8216;n beroep op die buiteland dat Suid-Afrikaanse produkte geboikot moet word. Wie is die wenners as so &#8216;n boikotberoep sou slaag? Daar is net een wenner \u2013 dit is Suid-Afrika se landboukompetisie in ander lande wat wen. Dit is Brasili\u00eb en Australi\u00eb wat met ons kompeteer om toegang tot die Europese en ander markte wat jubel en dit verwelkom. Die slegste verloorders is die plaaswerkers wat hulle werk gaan verloor as ons daardie markte verloor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die huidige stakings, met sekere vakbondleiers wat vir oorlewing veg, is 80% politiek en 20% landbou. Die meerderheid sogenaamde stakers wat ons op televisie sien, is werklose jongelinge wat klippe gooi, misdadig optree en nog nooit op &#8216;n plaas gewerk het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek wil voorspel dat die huidige landboustakings landbou in Suid-Afrika vir altyd gaan verander. Ons gaan in die volgende paar jaar &#8216;n ingrypende strukturele verandering in landbou sien. Om ons werkloosheidsprobleme in Suid-Afrika op te los, het ons arbeidsintensiewe nywerhede en landboupraktyke nodig. Die teenoorgestelde gaan nou gebeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die boodskap wat ek van die boere en\/of landbouers reg oor die land kry, is dat dit nou tyd is om hulle afhanklikheid van plaaswerkers so ver as moontlik te beperk. In ontwikkelde lande soos die VSA en Australi\u00eb, waar daar min plaaswerkers beskikbaar is, is boerdery implemente reeds so ontwikkel dat dit &#8216;n plaaseienaar help om sonder honderde werkers klaar te kom. Een oesmasjien kan die werk van honderde werkers doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika het plaaswerkergetalle reeds vanaf 1,1 miljoen in 2004 na 624 000 in 2011 gedaal. Dit is &#8216;n daling van 46%. Hoewel hierdie &#8216;n w\u00eareldwye tendens is, het faktore soos grondhervorming, regeringsinmenging op plase en die algemene onsekerheid oor die toekoms van landbou gemaak dat hierdie syfer in Suid-Afrika baie ho\u00ebr is as die daling in ander lande. Die verwagte verskuiwing na meganisasie na die landboustakings, gaan hierdie tendens in Suid-Afrika verder verhaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is ook nodig om die propagandastellings van die stakers en van sekere regeringspolitici aan te spreek dat Suid-Afrikaanse landbouers so ryk is en daarom maklik die salaristoegewings kan bekostig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoeveel landbouers in Suid-Afrika het &#8216;n jaarlikse omset van meer as R2 miljoen? In Suid-Afrika is daar maar 12% kommersi\u00eble landbouers wat &#8216;n jaarlikse omset van meer as R2 miljoen het. Die ander 82% se omset is minder as R2 miljoen per jaar met 52% wat &#8216;n omset van minder as R300 000 het. Met die stygende pryse van elektrisiteit, water en brandstof kan hierdie landbouers nie &#8216;n skielike verhoging in arbeidkoste bekostig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle keuse gaan bankrotskap of die vermindering van werkers wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kommersi\u00eble landbouers is nie welsynwerkers nie, maar is in die eerste plek sakemanne wat &#8216;n wins moet maak. Eers hierna kan &#8216;n landbouer aandag gee aan sosiale kwessies soos wat tans deur die vakbonde van hulle verwag word.<\/p>\n<p><em>Dr. Pieter Mulder is adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye.<\/em><\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ipress.ua\/ru\/news\/prokurora_harkova_uvoleno_111840.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Toespraak by die Ho\u00ebveld Bonsmara-klub se 36ste jaarvergadering. 1. Waardering Ek het reeds telkemale in die openbaar en in die parlement gepraat oor die feit dat daar nie genoeg waardering by die Suid-Afrikaanse bevolking &#8212; maar ook spesifiek by politieke leiers &#8212; is vir die belangrike rol wat landbou, en in hierdie spesifieke geval veeteelt &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13972\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Boikot sal slegs buitelandse mededingers bevoordeel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-13972","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13972","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13972"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13972\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13972"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13972"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13972"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}