{"id":13927,"date":"2013-01-01T10:44:08","date_gmt":"2013-01-01T10:44:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13927"},"modified":"2013-01-01T10:44:08","modified_gmt":"2013-01-01T10:44:08","slug":"afrikanerlinkses-en-afrikanerondergang","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13927","title":{"rendered":"Afrikanerlinkses en Afrikanerondergang"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Twaalf jaar gelede het ek in \u2018n <a href=\"http:\/\/roodt.org\/?p=226\">bydrae op LitNet<\/a>,  geargumenteer dat die links-regsverdeling in Suid-Afrika en selfs  elders ter w\u00eareld nie meer van toepassing is nie. In 2003 het ek tydens  \u2018n praatjie, <a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/opstelle-magazine-389\/10053-is-die-globale-ryk-wenslik-n-kritiek-op-die-ryksgedagte.html\">Is die globale ryk wenslik?<\/a>, iets van \u2018n kritiek gelewer op die neo-Marxistiese denke van Hardt en Negri se boek Empire wat in globalisering die verwesenliking van proletariese internasionalisme sien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika mag as anargiese, amorele samelewing <em>jenseits von Gute und B\u00f6se<\/em> wees, maar ons is nog lank nie <em>jenseits von die Linke und die Rechte<\/em> nie. Gereeld word daar deur akademici of in die Nasperskoerante teen  \u201cdie regses\u201d uitgevaar, dermate dat \u2018n mens soms die indruk kry dat ons  in \u2018n soort Oos-Duitsland woon waar enige vorm van konserwatiewe,  liberale of regse denke per se gestigmatiseer is. Slegs sosialisme,  verkieslik Marxisme, is legitiem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ferdi  Greyling van Beeld is byvoorbeeld \u2018n volgeling van die voormalige  sosialistiese Franse president, Fran\u00e7ois Mitterand, wat op \u2018n stadium  ges\u00ea het: <em>Le nationalisme, c\u2019est la guerre.<\/em> <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.beeld.com\/Rubrieke\/FerdiGreyling\/Instemming-of-net-vrees-20110620\">Volgens  Greyling<\/a> lei \u201cregse denke\u201d noodwendig tot geweld. Nietemin bestaan daar  in vele demokratiese lande regse partye &#8211; selfs die Republikeinse Party  in die VSA &#8211; wat dit regkry om aan verkiesings deel te neem sonder om  hul opponente met koe\u00ebls of bomme te bestook.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  ek, tesame met Raymond Aron en Paul Johnson, al voorheen geargumenteer  het, is daar veel eerder \u2018n element van apokaliptiese geweld wat linkse  denke onderl\u00ea. Die aangrypende sjarme van die revolusie is juis dat alle  maatskaplike probleme &#8211; ja, selfs die &nbsp;bestaan van maatskaplike klasse &#8211;  meteens tydens \u2018n staatsgreep van Links uitgewis kan word. Dink maar  aan die kultus rondom Lenin, Ch\u00e9 Guevara, Fidel Castro en vele ander.  Ook Mandela word as \u2018n linkse revolusion\u00ear beskou wat self baie  versigtig was om nooit enige kritiek op die kommunisme uit te spreek  nie. Terwyl die onlangse Russiese leiers hul telkens in die openbaar van  Stalin se vergrype gedistansieer het, het Mandela nog nooit negatief na  Stalin, Mao of selfs Pol Pot verwys nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is  daar egter iets soos \u2018n Afrikanerlinkse of linkse Afrikaner wat oor  spesifieke eienskappe of neigings beskik wat hom van ander linkses  onderskei? Op die Engelse kampus waar ek gestudeer het, is daar destyds  gepraat van \u201cthe Left\u201d en almal had \u2018n baie spesifieke idee oor die  betekenis daarvan. In di\u00e9 opsig was die Afrikanerlinkses, afgesien van  \u201crenegaat\u201d-figure soos Bram Fischer en Beyers Naud\u00e9, afwesig van die  Brits-ge\u00efnspireerde \u201cLeft\u201d in Suid-Afrika. Die deelname van Afrikaners  aan die mitiese \u201cstruggle\u201d, wat vanuit Brittanje, Swede en Noorwe\u00eb  gefinansier is, was insgelyks beperk. Trouens, die sogenaamde \u201cstruggle\u201d  was juis \u2018n etniese alliansie wat t\u00e9\u00e9n Afrikaners gemonster is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  \u2018n mens deesdae die uitsprake van Afrikaanse akademici en  joernaliste lees, wil dit voorkom asof hulle eintlik part en deel van  die ANC en SAKP se stryd en uiteindelike oorwinning oor die reaksion\u00eare  magte van apartheid was. Soms is daar \u2018n bepaalde frustrasie by  Afrikanerlinkses en veral die Nasperskommentators te bespeur dat hulle  die laaste tien minute van die revolusie toe hulle vanuit \u2018n voorheen  \u201cregse\u201d standpunt daartoe bekeer is, misgeloop het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Reeds  baie gou n\u00e1 1994 het Afrikanerlinkses daarin geslaag om aan die  universiteite en in die media &#8216;n hegemonie te bewerkstellig, waardeur  die diskoers in Afrikaans feitlik van alle teengeluide gesuiwer is.  Soortgelyk aan die situasie in vele ander lande waar suksesvolle linkse  revolusies tydens die twintigste eeu plaasgevind het, is dissidente  reeds vroeg n\u00e1 1994 en toenemend as &#8220;reaksion\u00ear&#8221;, &#8220;fascisties&#8221;, &#8220;regs&#8221;,  &#8220;verregs&#8221; en meer bepaald binne die Suid-Afrikaanse konteks, as  &#8220;rassiste&#8221; getipeer en selfs gestigmatiseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eintlik  is dit &#8216;n fassinerende en histories onverwagse wending wat hier by ons  ingetree het, waar die leidende Afrikanerintellektuele, -joernaliste en  -politieke denkers hulle binne slegs enkele jare volledig vanaf &#8216;n soort  volks- of nasionalistiese projek tot di\u00e9 van linkse transformasie  bekeer het. Skadu&#8217;s van Weimar toe soveel Duitsers tussen die &#8220;swart&#8221; en  &#8220;rooi&#8221; pole geweifel het en van een dag tot die volgende vanaf die  hamer en sekel tot die hakekruis, of andersom, oorgehaal kon word?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sekerlik  bestaan daar skakerings van linkse radikalisme, met Pol Pot en Mao  tydens die Kulturele Revolusie wat &#8216;n soort ekstreme &#8220;transformasie&#8221;  definieer waardeur miljoene menselewens verlore gegaan het. Die tergende  vraag is: hoe radikaal is die Afrikanerlinkses?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In di\u00e9 verband het ek met belangstelling geluister na prof. Andr\u00e9 Brink wat tydens die dokument\u00eare TV-program, <em>Andr\u00e9 Brink, the African\/l&#8217;Africain<\/em>,  verklaar het dat &#8220;my volk verdien om te verdwyn&#8221;. Die presiese sin  waarin Afrikaners behoort te verdwyn, sal hy hopelik self kan  beantwoord. Ook het dr. Leopold Scholtz reeds by verskeie geleenthede  die assimilasie van Afrikaners bepleit. Die algemene gevoel is een van:  Afrikaners as groep of die Afrikaneridentiteit as sodanig hoort nie meer  in Suid-Afrika nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan  is daar die hele debat rondom Standaardafrikaans wat reeds deur RSG as  &#8216;n soort &#8220;apartheidsdialek&#8221; verklaar is en daarom &#8220;geherstandaardiseer&#8221;  moet word. Soos ek reeds onlangs in <a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/dan-roodt-magazine-178\/11636-taalkundige-lisenkoisme-standaardafrikaans-in-die-spervuur.html\">Taalkundige Lisenko\u00efsme: Standaardafrikaans in die spervuur<\/a> uitgewys  het, was selfs Stalin nie so radikaal dat hy klassieke (Tsaristiese)  Russies wou verander nie en het daarom sy teenkanting teen &#8216;n  &#8220;marxistiese taalkunde&#8221; uitgespreek. Hier by ons lyk dit egter asof die  revolusie ook nie die standaardtaal ontsien nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  internasionale of globale kapitalisme, tesame met die oorheersing van  die Amerikaanse kultuur, word dikwels deur minderheidskulture as \u2018n vorm  van \u201cregse oorheersing\u201d getipeer &#8211; anders as Hardt en Negri  byvoorbeeld. Daarom definieer vele nasionalistiese bewegings onder  minderheidsvolkere (dinke maar aan die Baske, Katalane en Noord-Iere)  hulle insgelyks as \u201clinks\u201d en anti-kapitalisties. Waar hulle van  kapitalistiese metodes gebruik maak, word dit dikwels meer sosialisties  gestruktureer, by wyse van ko\u00f6perasies byvoorbeeld. In Baskeland bestaan  die Mondragon-ko\u00f6perasie wat aan 100 000 mense werk verskaf en tot die  voordeel van die gemeenskap bedryf word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blykbaar word daar op Orania ook na die ko\u00f6peratiewe model van ekonomiese ontwikkeling gekyk, soos in die volgende artikel: <a href=\"http:\/\/epogmakend.wordpress.com\/2011\/01\/14\/225\/\">Ko\u00f6peratiewe ekonomie: middeweg tussen kapitalisme en kommunisme<\/a>.  Waarskynlik sou \u2018n hele horde Afrikanerlinkses egter die oprigting van  Afrikanerko\u00f6perasies as \u201cregs-reaksion\u00ear\u201d beskryf, terwyl soortgelyke  Baskiese inisiatiewe in Spanje weer as \u201clinks\u201d gesien sou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  vreemde verskynsel onder Afrikanerlinkses is juis dat hulle in  Afrikanerondergang iets positiefs of voortrefliks gewaar. Waarskynlik is  dit \u2018n unieke eienskap van die linkse beweging hier by ons dat hulle  die kulturele en selfs ekonomiese grond waaruit hulle put of in die  verlede geput het, wil vernietig. Hoewel Naspers hom toenemend van die  Afrikaanse mediamark losgemaak het en deesdae sy heil in China, Pole,  Rusland en Indi\u00eb sien, is die mediagroep oor jare aktief en lojaal deur  Afrikaners ondersteun. Die woord \u201cAfrikaner\u201d het egter onder linkse  \u201cAfrikaanses\u201d soos hulle verkieslik na hulself verwys, \u2018n vloekwoord  geword. Om Afrikaner te wees, is per se \u201cregs\u201d, selfs \u201cverregs\u201d, skyn  die indruk te wees wat \u2018n mens by Afrikanerlinkses kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My  kennis van Europese tale is maar taamlik beroerd, want afgesien van  Frans en \u2018n leeskennis van Duits en natuurlik Nederlands, \u201ckan\u201d ek nie  eintlik enige Europese tale nie, soos die Nederlanders s\u00ea. Italiaans,  Russies en die Skandinawiese tale fassineer my egter reeds geruime tyd  en met die internet deesdae is dit moontlik om nie net \u2018n taal aanlyn  aan te leer nie, maar ook blootstelling aan films, TV, koerante en  tydskrifte te bekom. Dus: die hoop beskaam nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Darem  het ek op skool en universiteit Latyn gehad, waarvan ek nie veel onthou  nie, helaas. Nietemin word ek sedert my eerste kennismaking met Latyn  in standerd ses geboei oor die vraag waarom mense di\u00e9 eens hoogstaande  kultuurtaal moes ophou praat het? En natuurlik die groot vraag: waarom  het die Romeinse Ryk, wat eeue lank die hele Europa en die Midde-Ooste  oorheers het, ondergegaan?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Arnold  Toynbee, Oswald Spengler en ander skrywers het al breedvoerig oor Rome  en ander groot beskawings geskryf waarvan daar intussen net \u2018n paar  ru\u00efnes oorgbly het. Veral Toynbee beskryf dit as \u2018n proses van  \u201cbeskawingselfmoord\u201d. Volgens hom gaan \u2018n beskawing of kultuur byna  nooit ten gronde weens eksterne milit\u00eare geweld of nadelige  omstandighede, maar weens onderlinge verdeeldheid en \u2018n soort  lewensmoegheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vele  Afrikanerkonserwatiewes koester \u2018n intense afkeer jeens mnr. FW de  Klerk weens sy verraad jeens die Afrikaner. Feit is egter dat die graad  van verraad jeens hul voorouers en hul vryheidsideaal wat Afrikaners  aanhou pleeg, veel erger as FW s\u2019n is. Hulle stuur vrywillig hul kinders  na Engelse skole en werk saam om die huidige stelsel te onderhou, dank  selfs ander Afrikaners op grond van hul ras en taal af om by die ANC se  \u201cgelykheidswette\u201d te hou. Volgens Jan-Jan Joubert, \u201cstem 96% van  Afrikaners trots DA\u201d en daarom vir \u2018n Engelstalige party wat die  multikulturele ideaal, regstellende aksie en selfs grondhervorming  voorhou. Naas die heel linkse Helen Zille wat in die verlede die ANC  onomwonde ondersteun het, is FW de Klerk eintlik \u2018n \u201cregse\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis  waarom dit myns insiens toenemend futiel is om Brittanje, Swede,  Noorwe\u00eb en die ANC vir Afrikanerondergang te blameer. Die afgang van  Afrikaners is \u2018n daaglikse proses wat deur ons mense gew\u00edl word, of  liewer: daar is blykbaar geen wil om dit te stuit nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Watter  geheimsinnige proses het ons by hierdie punt van volkselfmoord gebring,  net soos wat Rome in sy doodsnikke verkies het om geen weerstand teen  Alarik die Wesgoot te bied nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n  Mens kan seker antwoord dat die Afrikaner te vinnig opgebloei het, oor  \u2018n tydperk van 200 jaar of so, met ons taal wat maar bietjie meer as \u2018n  eeu gelede gestandaardiseer is. Weens ons vinnige opgang, beleef ons  tans \u2018n ewe snelle afgang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  Toynbee, Nietzsche en vele ander egter argumenteer, is dit altyd  \u201cskeppende minderhede\u201d wat die lotgevalle van nasies bepaal. Oor die  algemeen val die meerderheid bloot by die huidige sosiopolitieke  toestand in, tensy hulle deur \u2018n minderheid opgeroep word om hul  daarteen te verset.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom  meen ek dat die opkoms van \u2018n sterk linkse beweging onder Afrikaners  sedert die laat tagtigerjare bepalend vir ons onlangse verlede was en  ook vir ons toekoms gaan wees. Die revolusie in Afrikaans was eintlik  baie meer intens as in Suid-Afrika self. Binne \u2018n baie kort tyd &#8211; \u2018n  paar jaar &#8211; het \u2018n klein groepie linkse denkers \u2018n hegemonie in die  media en aan die universiteite bereik van waar hulle met \u2018n  suiweringsveldtog teen alle dissidente &#8211; die gehate \u201cregses\u201d &#8211; begin  het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van  die meer prominente woordvoerders van die linkse beweging onder  Afrikaners &#8211; hoewel sommige nie van die etiket \u201clinks\u201d hou nie &#8211; is die  volgende:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amanda Gouws<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Andr\u00e9 P. Brink<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Max du Preez<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pierre de Vos<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Antjie Krog<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Neels Jackson<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Christi van der Westhuizen<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Leopold Scholtz<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anton van Niekerk<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Willie Esterhuyse<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tim du Plessis<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  volgende rubrieke, of dalk \u2018n kort e-boek, wil ek verder ingaan op die  rol wat die genoemde figure speel om via hul magsposisies aan die  universiteite en in die media enige opflikkeringe van \u2018n Afrikanerwil  tot oorlewing uit te doof. Ek het ook persoonlik aan elkeen van di\u00e9  mense geskryf om hul idees oor \u2018n aantal onderwerpe te toets, maar die  meeste het soveel minagting vir enigeen wat hom of haar \u2018n Afrikaner  noem, dat hulle nie geantwoord het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  daar egter een ding is wat my hoop gee, is dit ons oeroue Westerse  kapasiteit vir skeppende en rasionele denke. Die \u201cideologiese stryd\u201d  waarvan die ANC in sy marxistiese retoriek praat, woed vandag feller as  ooit in Afrikaans self waar ons moet poog om ons van die totalit\u00eare  denkbeelde van Afrikanerlinkses te bevry. Ons het iets soos die Franse  \u201cnuwe filosofie\u201d van die 1970\u2019s nodig, toe \u2018n groep onverskrokke  woordvoerders in Parys dit durf waag het om n\u00e1 Solsjinitsin se boeke die  heilige koeie van die Marxisme en die revolusie te slag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om  te begryp wat op die spel is, sal ons ook die vraag moet vra: Wie en  wat is \u2018n Afrikaner? Anders as wat daardie ander pro-Engelse en linkse  idioot, Van Zyl Slabbert, gedink het, gaan dit nie vir my daaroor om  mense volgens \u2018n \u201cbinnegroep\u201d en \u201cbuitegroep\u201d te definieer nie, maar om  \u2018n veel meer grondliggende vraag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  moet verstaan dat die \u201ctotale aanslag\u201d waarvan PW Botha gepraat het,  juis nou in Afrikaans aan die gang is. As ek die radikaal-linkse  denkers, die \u201cAfrikaanses\u201d, reg verstaan, gaan dit nie net om die  vernietiging van Afrikanerskap as sodanig nie, maar ook om die  verwerping van die waardes van die Europese Verligting wat ons reeds  drie honderd jaar lank definieer.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/fakty.ua\/246431-prokuratura-harkovcshiny-podozrevaet-otca-v-ubijstve-trehletnego-syna\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twaalf jaar gelede het ek in \u2018n bydrae op LitNet, geargumenteer dat die links-regsverdeling in Suid-Afrika en selfs elders ter w\u00eareld nie meer van toepassing is nie. In 2003 het ek tydens \u2018n praatjie, Is die globale ryk wenslik?, iets van \u2018n kritiek gelewer op die neo-Marxistiese denke van Hardt en Negri se boek Empire &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13927\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikanerlinkses en Afrikanerondergang&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[167,768,10538,9476,8827,7457,10539,5650,154,10221,504,262,7887,5642,10540],"class_list":["post-13927","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-afrikaans","tag-afrikaner","tag-afrikanerlinkses-en-afrikanerondergang","tag-amanda-gouws","tag-andre-p-brink","tag-antjie-krog","tag-anton-van-niekerk","tag-christi-van-der-westhuizen","tag-dan-roodt","tag-leopold-scholtz","tag-max-du-preez","tag-neels-jackson","tag-pierre-de-vos","tag-tim-du-plessis","tag-willie-esterhuyse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13927","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13927"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13927\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13927"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13927"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13927"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}