{"id":13920,"date":"2012-12-24T09:23:47","date_gmt":"2012-12-24T09:23:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13920"},"modified":"2012-12-24T09:23:47","modified_gmt":"2012-12-24T09:23:47","slug":"russel-botman-se-verwysingsraamwerk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13920","title":{"rendered":"Russel Botman se verwysingsraamwerk"},"content":{"rendered":"<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Russel Botman,  die rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), het nou vakansie.  Twee van sy blanke viserektore neem in hierdie stil tyd agtereenvolgend  in sy plek waar. Hulle kwalifiseer nie daarvoor om permanent die rektor  te word nie, want dit sal &#8216;n terugslag vir transformasie wees. Hulle  mag selfs net tussentyds viserektore wees. Die idee is dat hulle hulle  poste moet gebruik om transformasie te bevorder, sodat nie-wittes in  hulle plekke aangestel kan word; aldus Botman (Die Burger, 5 Sep, p 11). Wat hulle akademies diskwalifiseer, is dat hulle wit en mans is. S\u00f3 lyk die eienaardige we\u00eb van geregtigheid in die nie-rassistiese en nie-seksistiese nuwe Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">In dieselfde week as die ANC se Mangaung-konferensie was dit seker gepas dat Botman  soggens sy Sielsgedagte (5:55-6:00) oor RSG uitgesaai het. Hy het  waarskynlik aangebied om dit te doen en RSG het dit verwelkom, want dit  is immers seker dat hy niks sal s\u00ea wat die ANC, en by implikasie die SABC, ontstel nie. Enigeen kan op die RSG-webwerf met potgooi vasstel wat Botman gepreek het.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Op 18 Desember het dit gegaan om die  stryd tussen twee etniese en taalgroepe, die sprekers van Grieks en  Hebreeus. Daar was taalkonflik en diskriminasie, terwyl daar eerder  goedhartigheid teenoor almal moet wees; niemand moet afgeskeep word nie.  Botman skaar hom by diegene wat die swakste was  en die swaarste gekry het. [In sy gewilde idioom, gelaai met rasse- en  geslagsvoorkeur: Hy kies kant vir die dogter van die (bruin) plaaswerker  teen die seun van die (wit) boer.] Nadat Botman  kant gekies het, spreek hy die wens uit dat daar nie diskriminasie moet  wees nie. Menswaardigheid moet vooropgestel word. &#8216;n Mens vra jou af:  Waarom bevorder Botman dan toenemende diskriminasie teen wit studente en personeel en Afrikaans aan die US?<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Op 19 Desember het Botman  oor Stefanus gepreek, wat die ene wysheid, goedheid en goedhartigheid  was. Vrygelate slawe uit Afrika en sommige Jode was egter die vyande van  Stefanus. Hulle het hom van laster aangekla en hom gemartel en  gestenig. Op grond hiervan kon Botman (maar hy  verseg om dit te doen) &#8216;n sterk waarskuwing gerig het oor die gevare wat  vryheid inhou vir diegene wat nie weet hoe om dit te hanteer nie. Ook  hoe elemente uit Afrika wysheid, goedheid en goedhartigheid in &#8216;n land  kan vernietig, veral as hulle toegelaat word om onbeheersd &#8216;n land binne  te stroom. Botman kom egter nie tot hierdie voor die hand liggende gevolgtrekkings nie.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Op 20 Desember het Botman  beweer dat Afrika se vroegste geskiedenis belangrik is. Babas en ander  kinders het swaar gekry. Daar was uitbuiting. Die voorouers is wreed  behandel. Mense is aan hulleself oorgelaat. [Dalk omdat daar die  beskuldiging van paternalisme kon wees as hulp verleen sou word?] Afrika  het slegte en goeie stories. Volgens Botman moet ons &#8216;n goeie Afrika-storie probeer wees. Dit sal nie maklik wees nie.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Teen 22 Desember moes dit vir die luisteraars duidelik gewees het dat Botman  voortgaan om dieselfde frases te gebruik; dat hy blykbaar nie die  moeite gedoen het om die teks van sy voordragte vooraf behoorlik uit te  werk en uit te skryf nie. Maar hy kom as rektor skynbaar met enigiets  weg; waarom nie ook op RSG nie? Hy het gepraat oor rolspelers, die  gemeenskap, die mense en dat God die geskiedenis skep; ook toekomstige  geskiedenis.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Op 23 Desember het die kontras tussen sy welvaart en di\u00e9 van gewone sterflinge Botman  gehinder. Daar is mense wat ly, wat swaarkry. Kerstyd gee aan ons die  geleentheid om ons goedhartigheid te bewys, om nie gierig te wees nie.  Sou dit nie &#8216;n navolgenswaardige voorbeeld van versoening wees as Botman  uit sy eie sak studiebeurse vir wit studente skep nie? Maar dan dink &#8216;n  mens daaraan dat daar in die praktyk verwag word dat versoening  (net\/veral) van die wittes se kant af moet kom. Ook dat daar aan die US  talle beurse eksklusief vir nie-wittes is, terwyl die US geweier het om  enigiets te make te h\u00ea met &#8216;n erflating wat voorskryf dat sy studiebeurse net aan wit studente toegeken mag word.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Wat opval, is hoe buitengewoon klein Botman  se register van onderwerpe is. Hy het net &#8216;n beperke getal kapstokke  waaraan hy sy gedagtes hang: slawe, Afrika, swaarkry, diskriminasie,  menswaardigheid, wreedheid, marteling, lyding en uitbuiting. As rektor  gaan dit vir hom ook net om enkele sake: hoop, verandering (eerder as  verbetering), transformasie, regstelling, inklusiwiteit en meertaligheid  (eerder as Afrikaans).<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Moenie van Botman  verwag om hom ideologies-neutraal oor die wetenskap, akademie en  universiteit uit te laat nie. Die US-Raad verplig hom bv nie om die  akademies beste studente tot studie toe te laat en die akademies beste  dosente aan te stel en te bevorder nie. Dit is blykbaar genoeg as soms  oor die US se &#8220;uitnemendheid&#8221; gepraat word. Die waarheid is dat  akademiese uitnemendheid aan die getransformeerde US plek vir politieke  uitnemendheid ooreenkomstig die ANC se resep gemaak het.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Kaapstad is as die Ontwerphoofstad vir  2014 aangewys. Dit klink na dieselde soort irrasionaliteit as wanneer  twee stede vertweeling, dus maatjies, word. Daar word altyd gesorg dat  sulke stede ver van mekaar is, verkieslik op verskillende kontinente.  Die burgemeesters, amptenare en ander bevoordeeldes vlieg dan luuks oor  en weer na mekaar toe en daar word duur verblyf en buitensporige onthale  gere\u00ebl. In di\u00e9 proses is die belastingbetalers die finansieel benadeeldes.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Soos dit in ons era van transformasie hoort, bevind Botman hom nou as die voorsitter van die direksie van die World Design Capital 2014-implementeringsmaatskappy.  Volgens die woordeboek is ontwerp (&#8220;design&#8221;) &#8216;n plan, &#8216;n vooraf  opgestelde skema waarvolgens aan iets gestalte gegee kan word, of hoe  bestaande dinge reggetrek kan word. Toegepas op &#8216;n metropool soos  Kaapstad beteken dit dat bekwame mense (1) as ontwerpers en (2) as  uitvoerders van daardie ontwerpe moet optree, (3) dat daar geld hiervoor  moet wees, (4) wat impliseer dat almal hulle belasting moet betaal; (5)  dat mense hulle ordelik en ordentlik moet gedra, bv dat hulle hulle  vanselfsprekend van diefstal en vandalisme moet weerhou; (6) dat die  instroming van &#8216;n oormaat nie-funksionele armlastiges van elders nie  toegelaat moet word nie, ens.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Hoe vertolk Botman  hierdie saak? Hy het sy siening in &#8216;n artikel geformuleer (Die Burger,  27 Nov, p 15). Hy val weg deur daarop te wys dat sommige mense ontwerp  as &#8216;n Eerstew\u00eareldse  tierlantyntjie beskou; dat aandag eerder aan die bekamping van armoede  en ongelykheid gegee moet word. Voorspelbaar is sy invalshoek dus  Derdew\u00earelds,  oftewel pro-Afrika. Hy verduidelik dat ontwerp nie net vir welgestelde  individue [waarvan hy een is] en groot korporasies bedoel is nie.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Dan  kom hy behoorlik in rat: &#8220;In die strakste sin het eeue van kolonialisme  en apartheid [hy het slawerny seker per abuis uitgelaat] gesorg vir  Suid-Afrikaanse stede wat die verdraaide doelwitte van rasseskeiding en  -diskriminasie weerspie\u00ebl \u2212  en Kaapstad is geen uitsondering nie. Een van ons uitdagings is nou om  ons stedelike ruimtes en instellings te herontwerp om &#8216;n gemeenskap  gegrond op die beginsels van geregtigheid en gelykheid moontlik te  maak.&#8221;<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Wat Botman  vir die Kaapse metropool beoog, is dus dieselfde as vir die US:  algehele transformasie. Hy verwys na die ideaal van &#8220;gelykheid&#8221;. Daar is  natuurlik reeds gelyke stemreg: Hophuis- en krotbewoners se stemme weeg  net so swaar soos di\u00e9 van mense wat self vir hulle huise moet betaal. Gaan Botman  as pleitbesorger vir geregtigheid sorg dat naas gelyke voordele daar  ook gelyke verpligtinge gaan wees, bv dat almal vir munisipale belasting  en dienste moet opdok?<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Botman  haal Zayd Minty, die Stad Kaapstad se bestuurder vir kuns en kultuur,  goedkeurend aan: Dit is Kaapstad &#8220;se kans om ons energie te gebruik om  onsself te herposisioneer as &#8216;n stad wat ons verlede kan oorkom.&#8221; Botman  borduur dan voort: &#8220;Ons Ontwerphoofstad-status bied die stad nou die  geleentheid om &#8216;n gemeenskaplike visie te ontwikkel as &#8216;n inklusiewe,  vernuwende, entrepreneuriese en volhoubare Afrika-stad.&#8221; Die  universiteite in Kaapstad en omgewing is volgens Botman  van die bestes in Afrika. [Hy vergelyk hulle huidige toestand nie met  hulle akademiese status in die vorige eeu of met universiteite buite  Afrika nie.] Hierdie universiteite het glo &#8216;n sleutelrol en  verantwoordelikheid in di\u00e9 ontwerpproses.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Daarna skryf Botman  spesifiek oor die US [waar hy die proses ter vernietiging van die  inrigting se beweerde bedenklike verlede lei; die helhool wat eksklusief  blank en Afrikaans was en Afrikanerleiers opgelewer het]: &#8220;Reeds in  1999 het die US amptelik sy aandeel in die ongeregtighede van die  verlede erken. Die universiteit het hom ook verbind tot regstelling en  ontwikkeling deur dienslewering aan voorheen en tans benadeelde  gemeenskappe en gebiede.&#8221; [Let op in hoe &#8216;n onverbiddelike mate Botman  op politiek pleks van ontwerp bly fokus. Sluit hy by sy &#8220;tans  benadeeldes&#8221; wittes in?] Dan kom hy by die US se HOOP-projek waar daar  gestreef word na &#8220;volhoubare oplossings van Suid-Afrika en Afrika se  dringendste behoeftes.&#8221;<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Dit maak nie saak wat Botman  se onderwerp is nie (bv godsdiens, akademie, ontwerp), sy storie bly  dieselfde. Sy verwysingsraamwerk bestaan uit &#8216;n kombinasie van  bevrydingsteologie en ANC-ideologie, wat &#8216;n goeie skeut kommunisme  insluit.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">&#8216;n Mens sal nooit van al die kommentaar weet wat deur Die Burger op Botman  se artikel ontvang is nie. Die Naspers-koerante doen klaarblyklik baie  meer moeite as ander koerante om nie-politiek-korrekte kommentaar uit sy  gedrukte en elektroniese weergawes te hou. Op 29 November (p 21) is &#8216;n  enkele brief van &#8216;n leser gepubliseer, wat Botman se ideologie op &#8216;n realistiese manier aarde toe bring:<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">&#8220;In  die 20 jaar wat ek hier woon, is niks gedoen om die metropool se  rioolstelsels te verbeter nie. Nuwe uitvalwerke word nie gebou nie, en  bestaandes kan nie die volume hanteer nie. Kyk maar as jou vliegtuig  opstyg in die rigting van Valsbaai hoe die rioolwerke se uitval in die  see in loop. Kyk om jou en sien waaraan onnodig geld bestee word.  Projekte word &#8216;geskep&#8217; en toegeken aan kontrakteurs wat alleen daarby  baat vind, maar die eindproduk is &#8216;n vermorsing van belastinggeld. Daar  is baie voorbeelde, soos die Kaapstad-stadion en die &#8216;internasionale  handelsentrum&#8217; by Khayamandi, met die aangrensende sokkerveld. Die  sentrum se ruite is stukkend gegooi en die sokkerveld is nie voltooi  nie. Ja, esteties baie mooi ontwerp, maar nie funksioneel nie. Wat van  die voetgangerbr\u00fbe oor die R300 en die N2? Mense se beeste loop daaroor, en die  mense self hardloop nog oor die pad en word doodgery. Is dit wat  &#8216;ontwerp&#8217; beteken?&#8221;<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Die gepeupel word toegelaat om alles te saboteer wat die moeite werd is, of dit nou bv ontwerp of &#8216;n universiteit is. Botman skaar hom nogtans aan die kant van die gepeupel.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/glavnoe.ua\/news\/n214753\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Russel Botman, die rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), het nou vakansie. Twee van sy blanke viserektore neem in hierdie stil tyd agtereenvolgend in sy plek waar. Hulle kwalifiseer nie daarvoor om permanent die rektor te word nie, want dit sal &#8216;n terugslag vir transformasie wees. Hulle mag selfs net tussentyds viserektore wees. Die idee [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[149],"tags":[4933,10537,9585,4835,10536],"class_list":["post-13920","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c160-leon-lemmer","tag-kaapstad","tag-ontwerp","tag-russel-botman","tag-transformasie","tag-universiteit-van-stellenbosch"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13920","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13920"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13920\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13920"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13920"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13920"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}