{"id":13917,"date":"2012-12-21T07:02:34","date_gmt":"2012-12-21T07:02:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13917"},"modified":"2012-12-21T07:02:34","modified_gmt":"2012-12-21T07:02:34","slug":"boonzaaier-en-regse-afrikaners-is-zille-se-kanonvoer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13917","title":{"rendered":"Boonzaaier en \u2018regse\u2019 Afrikaners is Zille se kanonvoer"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Vandeesweek  het nog \u2018n patetiese gesig ons getref: di\u00e9 van Hein Boonzaaier, Johan  Prinsloo, Martin Keevy en Mark Trollip wat in die Bloemfonteinse  landdroshof op aanklagte van hoogverraad en terrorisme verskyn het. Soos  gewoonlik lag die Engelse van die Mail &amp; Guardian en ander koerante  hulself slap oor \u201cBoeremistiek\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens  die <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/mg.co.za\/article\/2012-12-21-00-mangaung-terrorist-threat-or-flight-of-fancy\">Mail &amp; Guardian<\/a> \u201chet dit duidelik geword dat die verregses deur  agterdog oor verraad lamgel\u00ea word en intens deur uiteenlopende  interpretasies van mistieke gesigte verdeel word. Dit bring die vraag  na vore of die vier beskuldigdes enige kans gestaan het om \u2018n mortier na  die ANC se Bloemfontein-konferensie te slinger of bloot deur  rassistiese verbeeldingsvlugte wat aan profesie verbind word, meegevoer  is.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kennelik het die Mail &amp; Guardian sy inligting van die Nasionale  Intelligensie-agentskap (NIA) ontvang en moet \u2018n mens dit met \u2018n knippie  sout neem. Trouens, ek vermoed reeds lankal dat \u2018n groot deel van wat  ons in die SA media lees, van Suid-Afrikaanse en veral buitelandse  (Britse en Amerikaanse) inligtingsbronne afkomstig is. \u2018n Groot deel van  die joernaliste is waarskynlik ook op die betaalstaat van hierdie geheimedienste  en voer ons met die soort inligting en idees wat \u201cvir ons goed is\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  arme publiek bevind hulle in \u2018n newelagtige w\u00eareld waar hulle elke  versinsel of sinistere gebeurtenis soos die jongste Boeremag-episode  moet verwerk en agterna oordeel dat dit maar die beste is om \u201cjou kop  laag te hou en DA te stem\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  ons egter na die groter prentjie kyk, is daar \u2018n besliste verband  tussen die DA-veldtog teen Zuma en die uitbraak van amateuragtige \u201cBoere\u201d-terrorisme soos  in die huidige geval. Helen Zille en ander ampsdraers van die DA was in  die verlede groot ondersteuners van die ANC en die sogenaamde \u201cgewapende  stryd\u201d. Geweld en terreur het daarmee deel van die Suid-Afrikaanse  politiek geword.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowel  die Britse media as die plaaslike Engelse koerante was dekades lank  groot ondersteuners van die ANC, Mandela en elke vorm van terreur wat  die Nasionale Party ten gronde sou laat gaan. Op die ou end het hulle in  hul doel geslaag, maar met Zuma se Zoeloe-oorname van die ANC het die  Britte en die plaaslike Engelse elite beheer oor die beweging verloor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen  laai die histerie teen Zuma en die Zoeloe-oorheersde ANC al ho\u00ebr op.  Afrikanerfrustrasies oor plaasmoorde, asook taal- en rassediskriminasie veroorsaak  dat vele na\u00efewe mense op sleeptou geneem word. Die DA, wat \u2018n blote  intstrument van Groot Brittanje is, wil sien dat daar konflik of  onstabiliteit uitbreek, waarvoor sowel Zuma as die \u201cregses\u201d geblameer  sal word. Daarna sal Zille as \u201cdie redder\u201d intree en die meesterplan om  Afrikaners by die res van die bevolking in te lyf en te assimileer, sal  voortgaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  is vele mense wat my steeds kwalik neem dat ek nie destyds milit\u00eare  diensplig gedoen het nie, hoewel wyle mnr. P.W. Botha en oud-genl.  Constand Viljoen nie onder hulle tel nie. In die lig van die manier  waarop die NP menselewens in Angola verkwis het, net om agterna aan die  ANC en Umkhonto we Sizwe oor te gee, het die geskiedenis my egter gelyk  gegee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tans  is ek egter meer teen geweld gekant as ooit. My raad aan Afrikaners is  om hoegenaamd nie by enige geweldspraatjies ingesleep te raak nie.  Dieselfde geheimedienste wat die media in ons land beheer, het lankal  elke moontlike Afrikaanse organisasie ge\u00efnfiltreer. Ons telefoonoproepe  en epos word alles in Pretoria of in Brittanje of die VSA gemonitor.  Tensy jy en jou naaste familie (maar in die Boeremagsaak het ons gesien  hoe selfs familielede onder mekaar kan begin twis) een of ander  driemansel vorm en iewers buite hoorafstand in die veld jul planne  bespreek, g\u00e1\u00e1n jy uitgevind word. Jou foto gaan in Beeld of Die Burger  pryk en die DA-gesindes en die Engelse gaan hulle doodlag vir jou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Want  eintlik tree jy slegs as pion vir die Britsgesindes op. Vandat die  Britte in die Kaap voet aan wal gesit het, was dit nog altyd hul taktiek  om inheemse Afrikaners teen swartes of bruines af te speel. By tye het  Afrikaners dit reggekry om bondgenootskappe met swartes aan te gaan,  soos Andries Pretorius met Panda teen Dingaan of Verwoerd wat ingesien  het dat tradisionele swart leiers dalk bereid sou wees om met Afrikaners  saam te werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blykbaar  wil die ANC \u2018n boete of selfs tronkstraf instel vir mense wat  sogenaamde \u201cfronte\u201d vorm om die swartbemagtigingswette te pypkan. Maar  in die politiek is daar geen boete om \u2018n swart persoon na vore te stoot  om Engelse belange te bevorder nie. Ons sien hoedat Zille, die wit  Engelse miesies, vir haar sommer \u2018n bruine en \u2018n swarte gekry het, by  name Patricia de Lille en Lindiwe Mazibuko, om \u2018n \u201cswart front\u201d voor te  hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Benewens  die persoonlike tragedies wat deur komplotte van die Boeremagtipe &#8211; en  nou di\u00e9 van Hein Boonzaaier en sy drie makkers &#8211; veroorsaak word, is  daar die veel groter politieke ramp wat dit meebring, naamlik  polarisering tussen swartes en Afrikaners. Zille en die res van die  Engelsgesindes in haar party &#8211; waaronder die ellendige klomp  hanskakie-Afrikaners &#8211; kan nie wag om swartes teen ons te monster nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl  Engelse, soos ook die spul agent-joernaliste van die Mail &amp;  Guardian, ons voortdurend as gewelddadige rassiste verguis, is dit juis  hulle wat nie huiwer om geweld te gebruik nie. Waar hulle  propaganda-oorlo\u00eb nie slaag nie, soos tydens die sestiger- en  sewentigerjare, wend hulle hul geredelik tot geweld en terreur. Die  Sunday Times-joernaliste, Muff Anderson en Marion Sparg, het albei in  die tagtigerjare by Umkhonto we Sizwe aangesluit. Anderson het saam met  \u2018n klomp Britte wapens gesmokkel, wat sy telkens in \u2018n gehuurde motor by  die Eastgate-winkelsentrum in Bedfordview gaan afhaal het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gegewe  die propaganda-oorlog wat ons in die tagtigerjare teen die Engelse  verloor het, het ons nie die luukse van die geweldsopsie nie. In elk  geval is die Zuma-ANC nie per se anti-Afrikaans nie. Trouens, die mense  binne die ANC wat byvoorbeeld Afrikaanse skole aanval, soos Barbara  Creecy hier in Gauteng, is wit Engelse! Swartes word bloot as front  gebruik om Afrikaners by te kom, soos ek hier bo reeds geargumenteer  het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe  Tsafendas vir Verwoerd met die dolk neergevel het, het P.W. Botha  teenoor mev. Helen Suzman in die parlement uitgeroep: \u201cDis julle  liberaliste se skuld!\u201d Suzman het hom agterna daarvoor kwalik geneem,  maar eintlik was hy reg. Tsafendas was bloot \u2018n werktuig vir die klimaat  van haat teen Verwoerd wat die Britte en die plaaslike Engelse koerante  geskep het, iets wat tot vandag toe voortduur en deur Naspers onderhou  word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  is bevrees diegene wat op sleeptou geneem word deur die huidige  haatveldtog in Naspers en die Engelse media teen die Zoeloe, Jacob Zuma,  is blote kanonvoer vir Zille en haar imperiale Britse ambisies om  Suid-Afrika te beheer en verder van sy hulpbronne te stroop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">PRAAG  is tans \u2018n stemmetjie in die woestyn, want ons is die enigstes wat wil  sien dat Afrikaners tot hul eie heil werk, hetsy in die ekonomie, hetsy  in die politiek, sonder om ander mense se vuilwerk vir hulle te doen.  Onder apartheid het Afrikaners Bantoe-administrasie en -opleiding gedoen  sodat die myne en banke kon geldmaak. Daardie apartheid wil ons veral  nie weer terugh\u00ea nie. Want ons het niks daarby gebaat nie en is agterna  so deur die Engelse propagandiste slegges\u00ea vir die guns wat ons hulle  gedoen het dat die see ons nie weer sal kan afwas nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  is tyd dat daar nuwe politieke denke onder Afrikaners kom, weg van  kragdadige oplossings wat o\u00ebnskynlik \u201cmaklik\u201d lyk, maar ondeurdag en  polities steriel is. Daar mag \u2018n Derde Vryheidsoorlog kom, maar as dit  aanbreek, wil ek sien dat die Russe en die Zoeloes aan ons kant veg,  t\u00e9\u00e9n die Engelse en die Naspers-hanskakies wat al weer vir ons lag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie die laaste lag, lag die lekkerste.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.xrayvaz.ru\/object\/dostavka-iz-kitaya-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vandeesweek het nog \u2018n patetiese gesig ons getref: di\u00e9 van Hein Boonzaaier, Johan Prinsloo, Martin Keevy en Mark Trollip wat in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van hoogverraad en terrorisme verskyn het. Soos gewoonlik lag die Engelse van die Mail &amp; Guardian en ander koerante hulself slap oor \u201cBoeremistiek\u201d. Volgens die Mail &amp; Guardian \u201chet &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13917\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Boonzaaier en \u2018regse\u2019 Afrikaners is Zille se kanonvoer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-13917","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13917","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13917"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13917\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13917"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13917"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13917"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}