{"id":13896,"date":"2012-12-17T12:01:09","date_gmt":"2012-12-17T12:01:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13896"},"modified":"2012-12-17T12:01:09","modified_gmt":"2012-12-17T12:01:09","slug":"vermeende-bomplanters-teiken-nie-mangaung-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13896","title":{"rendered":"Vermeende bomplanters teiken nie Mangaung nie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Berigte dat die inhegtenisnemings van vier regses verband hou met beweerde terreurplanne by die ANC se 53ste verkiesingskongres in Bloemfontein is nog nie bevestig nie. City Press het voorheen berig dat een verdagte reeds &#8216;n bekentenis gemaak het.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vrystaatse polisie s\u00ea egter die vier mense wat in hegtenis geneem is, is nie gekoppel aan die ANC se konferensie in Mangaung nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Nee, op hierdie stadium het ons nie &#8216;n skakel tussen enige van die arrestasies met die konferensie hoegenaamd nie,&#8221; het woordvoerder Brigadier Billy Jones ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die optrede van hierdie verdagtes was landwyd.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het bevestig dat slegs vier mense in hegtenis geneem is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie het glo bewyse van onregmatighede op hul eiendomme gevind gedurende die klopjagte wat uitgevoer is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuutgestigte Federale Vryheidsparty s\u00ea minstens twee van die vier regsgesindes wat gister in hegtenis geneem is op aanklagte van beweerde terreur, is lede van di\u00e9 party.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nasionale sekretaris van die FVP, Francois Cloete, s\u00ea die party se president en &#8216;n lid van hulle uitvoerende raad is op Naboomspruit, in Limpopo in hegtenis geneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cloete s\u00ea die Federale Vryheidsparty streef na selfbeskikking van die Afrikaner en Boerevolk in &#8216;n konfederale politieke bedeling.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vrystaatse polisiewoordvoerder, Brigadier Billy Jones, het vroe\u00ebr ges\u00ea hulle verwag om nog mense in hegtenis te neem. Twee van die vier mans is in die Vrystaat in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/public.nazk.gov.ua\/declaration\/20014fa6-b91c-41c7-8986-df50f6dd39eb\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Berigte dat die inhegtenisnemings van vier regses verband hou met beweerde terreurplanne by die ANC se 53ste verkiesingskongres in Bloemfontein is nog nie bevestig nie. City Press het voorheen berig dat een verdagte reeds &#8216;n bekentenis gemaak het. Die Vrystaatse polisie s\u00ea egter die vier mense wat in hegtenis geneem is, is nie gekoppel aan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13896\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vermeende bomplanters teiken nie Mangaung nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-13896","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13896","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13896"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13896\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13896"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13896"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13896"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}