{"id":13890,"date":"2012-12-16T05:22:53","date_gmt":"2012-12-16T05:22:53","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13890"},"modified":"2012-12-16T05:22:53","modified_gmt":"2012-12-16T05:22:53","slug":"die-kragtige-sjarme-van-apartheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13890","title":{"rendered":"Die kragtige sjarme van apartheid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Verwoerd leef voort in sepies op die SAUK. En in die res van Afrika, waar etnisiteit die lotgevalle van lande bepaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die SAUK se swart sepies soos <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.tvsa.co.za\/showinfo.asp?showid=540\">Muvhango<\/a> word die problematiek van stamkonflikte, asook die wisselwerking tussen die moderne en tradisionele w\u00earelde, konstant te berde gebring. Tussen stedelike tenderpreneurs in blink swart motors, enersyds, en hoofmanne en toordokters, andersyds, woed \u2018n onoplosbare spanning.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die w\u00eareld van Muvhango speel blankes feitlik geen rol nie. \u2018n Mens sou selfs kon s\u00ea dat Muvhango \u201cvrywillige apartheid\u201d tussen wit en swart handhaaf. Terloops, \u201cvrywillige apartheid\u201d is &#8216;n begrip wat in \u2018n essay deur die Franse skrywer Richard Millet voorkom en waarmee hy sy lewe in Parys, omring deur derdew\u00eareldimmigrante, omskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op \u2018n Franse woernaal word daar, met verwysing na Millet se boek <em>Fatigue du sens, <\/em>gepraat van \u201cdie kragtige sjarme van apartheid\u201d. In Millet se geval gaan dit oor \u2018n individuele apartheid, \u2018n afsondering wat die gekultiveerde Westerling oor homself bring. Hy kan hom in die eensaamheid van sy woonstel van die omringende vulgariteit, barbarisme en volksvreemde immigrante afsluit deur klassieke Franse boeke te lees, asook ewe klassieke musiek te luister. Hy beskou selfs vrywillige apartheid as \u2018n noodtoestand wat die Westerling oor homself afroep. S\u00f3 definieer hy dit:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWat beteken vrywillige apartheid? \u2018n Interne ballingskap, \u2018n absolute eensaamheid, \u2018n weiering om bloed en die reg op dieselfde vlak te plaas. Ek stap in die middel van \u2018n skare neo-Franse deur myself geestelik van hul getalle af te sluit, wel wetende dat ek niks met di\u00e9 mense in gemeen het nie, waarvan die onkunde oor Franse eienskappe ewe groot as di\u00e9 van ons bloedeie Franse is: watter vreemde gemeenskaplike lot verteenwoordig hierdie vooraf bepaalde vrywillige slawerny\u2026 In di\u00e9 klimaat van liberale apokalips, weerhou ek my daarvan om vyand en immigrant met mekaar gelyk te stel: ek wat geen vriende het nie en slegs oor tydelike bondgenote beskik, ek weet dat die vyand nie \u2018n gesig (\u2018n ras, \u2018n stam, \u2018n godsdiens) is nie, maar \u2018n geestestoestand, \u2018n voorwaarde: die vrywillige slawerny van die Westerse massa, waarin \u2018n mens di\u00e9 van die Derde W\u00eareld moet insluit wat op hul beurt kandidate vir Westerse verbruikerslawerny is. Anders gestel, die vyand, kan soos ek lyk, en dis di\u00e9 skyn (wat sover kan strek as \u2018n namaaksel of die poging om my eie manier van dink te vervals) wat vir my agterdogwekkend is, want dit kom gemasker na vore. Ons leef in \u2018n toestand van burgeroorlog (en waarvan vrywillige apartheid die openbaring is). Die feit dat hierdie oorlogstoestand nooit as sodanig erken word nie verteenwoordig \u2018n argument ten gunste van oorlog; omdat oorlog nie verklaar is nie, raak terreur geregverdig want die doel daarvan is om die konsensus te behou. Vandaar die noodtoestand van vrywillige apartheid.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek hou nogal van Millet se uitdrukking, \u201cdie liberale apokalips\u201d, want is dit nie ook presies wat ons tans in Suid-Afrika beleef nie? Vandag is sowel Geloftedag as die aanvangsdag van die ANC se partykongres in Bloemfontein waar Jacob Zuma, die tradisionele, etniese Zoeloe, as leier van die party herkies gaan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ongelooflike is dat feitlik elke koerant in Suid-Afrika, wat tot onlangs die ANC en veral Mandela as die Messias opgehemel het, nou geheel en al ontnugter is. Waarom? wonder \u2018n mens. Want Suid-Afrika volg presies die weg wat deur Verwoerd en al die apartheidsteoretici van die verlede voorspel is, naamlik dat etnisiteit, kultuur en afkoms uiteindelik swaarder as waardes of selfs die reg sal weeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos Millet hierbo s\u00ea, kan bloed en die reg nie op dieselfde vlak geplaas word nie. Wette en selfs \u2018n grondwet is mensgemaakte dokumente wat ewe maklik verander (of ge\u00efgnoreer) kan word. Bloed, afkoms en ras kan egter net baie moeisaam en oor geslagte verander word. Die probleme wat mense van gemengde afkoms w\u00eareldwyd ervaar, is egter \u2018n aanduiding dat selfs die grootskaalse vermenging wat die \u201capokaliptiese liberale\u201d aan ons voorhou, \u201cnie werk nie\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die histerie wat tans in die media rondom Jacob Zuma heers, is nie soseer \u2018n aanduiding dat dit nou slegter in ons land as onder Mbeki (of selfs Mandela) gaan nie. N\u00e1 alles het die grootskaalse korrupsie en diefstal van staatsgeld wat as die \u201cwapenskandaal\u201d bekendstaan, tydens Mandela en Mbeki se heerskappy plaasgevind. Vandeesmaand het die Johannesburgse Aandelebeurs rekordhoogtes bereik, dus heers daar in finansi\u00eble kringe groot optimisme oor ons ekonomiese toekoms. Hier naby Fourways in Johannesburg waar ek woon, is Douw Steyn besig om \u2018n paar miljard rand op \u2018n eiendomsontwikkeling uit te gee wat eponimies \u201cSteyn City\u201d heet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis nogal ironies dat dieselfde koerante en liberale meningsvormers wat dekades lank die ANC as die wonderkuur vir al Suid-Afrika se probleme voorgehou het \u2013 natuurlik onder invloed van Groot Brittanje wat bang was dat haar greep op ons land onder Afrikanerregerings verslap sou word \u2013 tans in die Zuma-ANC die verpersoonliking van boosheid sien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eintlik gaan dit minder om die persoon van Zuma self, wat deur sowel die kunstenaar Brett Murray as die Joodse spotprenttekenaar Zapiro, op groteske wyse afgetakel word, as oor die vae besef by die liberale dat hul w\u00eareld besig is om in duie te stort. Net soos die ineenstorting van die Berlynse muur die doodsklok vir kommunisme en Marxistiese denke gelui het, lui die wending wat Suid-Afrika neem die doodsklok vir liberalisme en die liberale \u201csmeltkroes\u201d-denke. \u201cLiberale apokalips\u201d is regtig baie gepas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek kom al hoe meer Afrikaners te\u00eb wat erg pessimisties oor Suid-Afrika se toekoms raak, wat wil emigreer of reeds besig is om te emigreer. My raad aan hulle is: moenie die partytjie verlaat, juis noudat hy interessant raak nie. Niks het werklik aan ons politieke en ekonomiese gegewe verander, behalwe dat die horde liberale napraters van die multikulturele samelewing agterkom dat hul \u201cteorie\u201d oor menslike interaksie net d\u00edt is: \u2018n teorie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit gaan nie net oor Suid-Afrika nie. Daar is besig om \u2018n baie groot verskuiwing in die w\u00eareld plaas te vind. Aan die een kant is daar die imperiale moondhede soos die VSA, Brittanje en Frankryk, wat in multikulturalisme, vermenging en grootskaalse immigrasie die manier sien waarop hulle hul mag sal kan handhaaf. Terwyl hulle sogenaamde \u201cverdraagsaamheid tussen rasse en kulture\u201d predik, maak hulle natuurlik ook oorlog, in die hoop om olie en ander hulpbronne in te palm. Lande soos Irak, Libi\u00eb, Egipte en nou Siri\u00eb word gedestabiliseer en in bloedige oorlo\u00eb gedompel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die liberale apokalips is gewelddadig en \u2018n mens sou plaasmoorde en stedelike geweld in ons land insgelyks as manifestasies daarvan kon sien. In Londen is blanke Britte nou in die minderheid en is tagtig persent van die kinders in kleuterskole reeds immigrante. Londen begin amper soos Suid-Afrika klink, veral met die onluste wat kort-kort daar uitbreek. Ook ervaar hulle reeds dieselfde soort verval in wet en orde as ons, sy dit dan minder intens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teenoor die imperiale, \u201cmultikulturele\u201d moondhede met hul gemengde hoofstede en bevolkings, staan daar egter steeds \u2018n aantal nasiestate wat in Europa veral oos van die Ryn aangetref word. Dit strek vanaf Duitsland ooswaarts deur Eurasi\u00eb tot in Japan. Die Ryn het weereens, soos tydens die twee w\u00eareldoorlo\u00eb, die verdelingslyn in die w\u00eareld geword, tussen Empaaier en Volkstaat. In die multikulturele imperium bepaal \u201cdie reg\u201d wie en wat \u2018n burger is, daardie reg wat meer en meer vertrap word by wyse van geweldsmisdaad en korrupsie, terwyl burgers in die oorblywende nasiestate deur taal, kultuur en afkoms gedefinieer word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika veg die Afrikaner vir sy voorbestaan, nie soseer omdat die ANC en swartes in die algemeen hom bedreig nie, maar omdat die w\u00eareldwye ideologiese en politieke stryd tussen Empaaier en Volkstaat ook tussen Afrikaners en in Afrikaans self ingedra is. D\u00edt waarna Millet verwys, dat daar ook bloedeie Franse is wat deel van die vyandige menigte uitmaak, geld ewe seer by ons. Ongelukkig word die Afrikaanse media grotendeels beheer deur mense wat deur die imperiale uitbreidingsdrang van die VSA en Brittanje begeester is en van Suid-Afrika \u2018n klein Engeland wil maak, kompleet met \u2018n gemengde, identiteitlose bevolking wat in McDonalds, Coca-cola en ander globale handelsmerke hul heil sal vind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Myns insiens is Jacob Zuma en die Zoeloe-oorname van die ANC in die geheel \u2018n positiewe verskynsel. Dit vertel vir ons dat Brittanje se beheer oor die ANC wat sy in die dae van Mbeki en veral Mandela geniet het, verbreek is. Suid-Afrika dobber op die oseaan rond, weliswaar &#8216;n lid van Brics, maar sonder werklike beheer deur enige groot internasionale magsblok. Sowel China as Indi\u00eb is besig om vasstrapplek in ons land te soek en sodoende met die Britte en die Amerikaners mee te ding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vele Afrikaners raak meer en meer suksesvol in Suid-Afrika, maar ook in Afrika. Dit is juis omdat ons \u2018n ander siening van Afrika het as die Britte wat in elke swartman \u2018n potensi\u00eble Engelsman sien. Ons is bewus van die mag van etnisiteit op hierdie vasteland met sy letterlik duisende stamme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is hoog tyd dat ons wakkerskrik en besef dat alles nie verlore is nie. So pas en sonder dat dit iewers aangekondig is, het ons \u2018n groot ideologiese oorwinning behaal. Verwoerd se denke het oor di\u00e9 van Helen Suzman gese\u00ebvier. Etnisiteit het die liberale ideologie getroef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit word selfs deur Frankryk se avant-garde intellektuele erken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuwe Suid-Afrika is \u2018n land van mure, waar elkeen naarstiglik probeer om hom van die ander af te sonder. Ook by Steyn City word &#8216;n enorme muur gebou, waaragter mense in &#8216;n kunsmatige, afgesonderde w\u00eareld hul &#8220;vrywillige apartheid&#8221; sal geniet. Noem dit neo-apartheid. Apartheid sonder &#8220;slegs-blankes-bordjies&#8221;, maar waar die beginsel steeds geld. Almal in ons land beoefen dit reeds, behalwe \u2018n klein elitegroep wat hulself op Brittanje en Amerika rig, Engels praat en geredelik ondertrou. \u2018n Mens sien dit in Engelse privaatskole waar die kinders \u201cnie meer kleur sien nie\u201d en deur die globale, imperiale mengkultuur opgeslurp word. Wit Engelse, swartes, kleurlinge en Chinese stap hand aan hand deur die strate, o\u00ebnskynlik identiteitloos en gedekultureer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hierdie elite-integrasie en -assimilasie is in ons land \u2018n minderheidsverskynsel. In Afrikaanse skole is kinders vandag meer rasbewus as in die sestiger- of sewentigerjare. Jacob Zuma en sy Zoeloes stel nog minder in ons doen en late belang as ons in hulle s\u2019n.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terloops, een verklaring vir die Zoeloe-oorheersing binne die ANC, is die immigrasie vanuit Zimbabwe. Sjona-oorheersing in Zimbabwe het veroorsaak dat die Matabeles \u2018n ander heenkome in Suid-Afrika gaan soek het. En natuurlik praat Matabele en Zoeloe dieselfde taal&#8230; Moenie aan die Zoeloes dink as \u2018n stam van tien miljoen nie: hulle is reeds dertien miljoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;Al wat die Afrikaner daarvan weerhou om vooruitgang te maak, is die gebrekkige denke van die huidige elite wat in die kerke, by Naspers en aan die universiteite saamgetrek is. Op \u2018n manier werk regstellende aksie en transformasie egter in ons guns, want hoe gouer hierdie pro-Britse Afrikaners uit hul poste gestel kan word, hoe beter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die teenbeweging is reeds aan die gang. Die kragtige sjarme van apartheid, soos die Franse dit noem. Jacob Zuma is waarskynlik die beste verteenwoordiger daarvan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom moet ons ophou om in sak en as te verkeer en te wil emigreer. Ons moet die probleme rondom veiligheid, gesondheid en infrastruktuur self oplos en verder van die huidige ekonomiese oplewing in Afrika gebruik maak om \u2018n Afrikanerekonomie te bou wat sterker as ooit sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hierdie rubriek sal ek oor die volgende paar weke allerlei idees verskaf oor hoe dit gedoen kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hou moed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gese\u00ebnde Geloftedag. Soos n\u00e1 Bloedrivier wink &#8216;n briljante toekoms vir ons.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/info.html?_m=publications&#038;_t=cat&#038;id=116184&#038;s=print\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verwoerd leef voort in sepies op die SAUK. En in die res van Afrika, waar etnisiteit die lotgevalle van lande bepaal. In die SAUK se swart sepies soos Muvhango word die problematiek van stamkonflikte, asook die wisselwerking tussen die moderne en tradisionele w\u00earelde, konstant te berde gebring. Tussen stedelike tenderpreneurs in blink swart motors, enersyds, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13890\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die kragtige sjarme van apartheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-13890","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13890","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13890"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13890\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13890"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13890"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13890"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}