{"id":13879,"date":"2012-12-12T06:15:59","date_gmt":"2012-12-12T06:15:59","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13879"},"modified":"2012-12-12T06:15:59","modified_gmt":"2012-12-12T06:15:59","slug":"vrae-oor-dakota-vliegramp","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13879","title":{"rendered":"Vrae oor Dakota-vliegramp"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Sasfu, die veiligheidsmagte se vakbond, s\u00ea daar is nog baie vrae oor die noodlottige ongeluk waarin &#8216;n milit\u00eare vliegtuig verlede naweek in die Drakensberge verongeluk het.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ses bemanningslede en vyf passasiers is in die ongeluk dood toe &#8216;n C47TP-Dakota neergestort het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die SABC het die vakbond versoek dat &#8216;n onafhanklike kommissie die ongeluk ondersoek, maar die weermag weier. Siphiwe Dlamini, &#8216;n woordvoerder vir die weermag, s\u00ea hul eie ondersoekspan is meer as bevoeg om die ondersoek uit te voer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nosiviwe Maphisa-Nqakula, minister van verdediging, het ges\u00ea gure weer kon tot die ramp bygedra het.&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">In 2004 egter, het &#8216;n verslag gemaan dat opleiding en die gebrekkige toepassing van standaarde in die lugmag aangespreek behoort te word. 35 Eskader van Ysterplaat het ongeveer &#8216;n maand gelede sy eerste C47TP-Dakota op Mthatha se lughawe &#8220;verloor&#8221;, berig Erika Gibson in Die Burger.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Verslag oor die waarskynlike oorsake tot die ongeluk op Mthatha se lughawe is volgens Gibson aan Die Burger verskaf waarin die vlie\u00ebnier in die eerste vlug uitgesonder is as hoogs onbevoeg om te vlieg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Desondanks en strydig met alle bepalings van vliegveiligheid is die vlie\u00ebnier weer en weer kanse gegun om te kwalifiseer, skryf Gibson.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bron van die verslag het voorspel dat minstens drie kandidate ongelukke gaan veroorsaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons was reg oor di\u00e9 een \u2013 nou wag ons vir die ander twee. Daar is waarskynlik heelwat meer van hierdie gevalle as di\u00e9 met wie se opleiding ons gemoeid was.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verslag is geskryf terwyl kapt. M.S.M. Manaka haar vliegopleiding by die Sentrale Vliegskool Langebaanweg gedoen het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In daardie stadium moes studente 93,8 uur vlieg. Manaka het 152,8 uur nodig gehad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ook &#8216;n nuwe, meer senior instrukteur gekry om te help omdat sy gesukkel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het gefaal om alleen op verskeie van haar vlugte te vlieg weens &#8220;gevaarlike praktyke&#8221;. Dit sluit in die tydige herstel uit sekere vliegbewegings en harde landings.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In twee belangrike toetse het sy onderskeidelik 66% en 59% behaal, vergeleke met die slaaggemiddelde van 90% en 80%.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verslag het tot die gevolgtrekking gekom dat: &#8220;2lt. Manaka ni\u00e9 oor die vermo\u00eb beskik om &#8216;n vlie\u00ebnier te word nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ondanks die verslag is sy weer kanse gegun totdat sy haar vlerkies uiteindelik ontvang het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ligte vliegtuie gevlieg voordat sy na 35 Eskader oorgeplaas is om haar aanpassing op die C47TP te doen. Di\u00e9 vliegtuie is glo ingewikkeld om te land.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Manaka se ongeluk het tydens die landing plaasgevind toe die vliegtuig twee keer gespring het voordat dit van die aanloopbaan af geloop het. Die vliegtuig l\u00ea nog langs die aanloopbaan en gaan waarskynlik afgeskryf word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was juis deels om di\u00e9 vliegtuig te gaan oppas waarom vyf veiligheidswagte op vandeesweek se rampvliegtuig was. Die lugmag het vroe\u00ebr ges\u00ea hy sal nie kommentaar lewer voordat &#8216;n ondersoek afgehandel is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Genl. Marthie Visser, woordvoerder van die lugmag, het ges\u00ea die vliegtuig is onlangs opgradeer.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.unian.net\/society\/1063327-v-harkove-naznachen-novyiy-prokuror.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sasfu, die veiligheidsmagte se vakbond, s\u00ea daar is nog baie vrae oor die noodlottige ongeluk waarin &#8216;n milit\u00eare vliegtuig verlede naweek in die Drakensberge verongeluk het. Ses bemanningslede en vyf passasiers is in die ongeluk dood toe &#8216;n C47TP-Dakota neergestort het. Volgens die SABC het die vakbond versoek dat &#8216;n onafhanklike kommissie die ongeluk ondersoek, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13879\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vrae oor Dakota-vliegramp&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13879","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13879","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13879"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13879\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13879"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13879"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13879"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}