{"id":13871,"date":"2012-12-11T07:01:36","date_gmt":"2012-12-11T07:01:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13871"},"modified":"2012-12-11T07:01:36","modified_gmt":"2012-12-11T07:01:36","slug":"vavi-takel-tenderpreneurs","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13871","title":{"rendered":"Vavi takel tenderpreneurs"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Cosatu se sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi het gister ges\u00ea dat staatsamptenare verbied moet word om met die staat sake te doen, want dit het bygedra tot korrupsie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die Spesiale Ondersoekeenheid, het Vavi ges\u00ea dat 360 gevalle van konflik van belange, wat R3.5 miljard beloop, ondersoek word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het in Pretoria n\u00e1 sy aanstelling as voorsitter van die Nasionale Teenkorrupsieforum gepraat. Vavi het ges\u00ea die huidige beleid, wat toelaat dat staatsamptenare sake doen met die regering op voorwaarde dat hulle &#8220;hul belange verklaar&#8221;, is nie genoeg nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;[Die Spesiale Ondersoek Eenheid] wys daarop dat tot 20% van die regering se aankopebegroting deur korrupsie verlore gaan,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vavi het ges\u00ea die huidige beleid moet geskrap word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die onlangse oudits deur die ouditeur-generaal en syfers van die Openbare Dienskommissie wys dat groot somme geld verlore gaan aan korrupsie, en dit is &#8216;n aanduiding van die noodsaak vir verandering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is waarom ons die Openbare Dienskommissie se oproep dat staatsamptenare verbied word om sake te doen met die regering ten volle moet ondersteun. Hulle moet \u00f3f kies om die publiek te dien of om &#8216;n privaatonderneming te bedryf, maar nooit die twee op dieselfde tyd nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dieselfde re\u00ebl moet geld vir vakbonde en die burgerlike samelewing se leiers,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC het &#8216;n ingeboude &#8216;n muur van weerstand om die huidige beleid te beskerm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering het volgehou dat dit verkeerd sou wees om staatsdiensamptenare te vra om nie sake te doen met die regering nie, en het verklaar dat geleenthede oop moet wees vir almal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2009, s\u00ea die ANC in sy verkiesingsmanifes: &#8220;Ons sal maatre\u00ebls instel om te verseker dat politici nie peuter met die beoordeling van tenders nie, dat die proses van die tenderstelsel deursigtig is, asook baie sterker aanspreeklikheid vereis van staatsamptenare wat betrokke is by die tenderproses.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vavi het egter ges\u00ea dat die onlangse syfers van die ouditeur-generaal en die Openbare Dienskommissie getoon het dat die regering nie die handhawing van hierdie maatre\u00ebls nakom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vavi het ges\u00ea &#8216;n dringende nasionale debat is nodig oor hoe Suid-Afrika hierdie ramp kan aanspreek.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/28.08.2014\/naznachen_novyj_prokuror_harkovskoj_oblasti\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0438\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Cosatu se sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi het gister ges\u00ea dat staatsamptenare verbied moet word om met die staat sake te doen, want dit het bygedra tot korrupsie. Volgens die Spesiale Ondersoekeenheid, het Vavi ges\u00ea dat 360 gevalle van konflik van belange, wat R3.5 miljard beloop, ondersoek word. Hy het in Pretoria n\u00e1 sy aanstelling as voorsitter &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13871\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vavi takel tenderpreneurs&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13871","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13871","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13871"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13871\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13871"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13871"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13871"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}